My kind sukkel met Wiskunde! Help my! Ek haat Wiskunde! My kind het ‘n passie vir Wiskunde en ek voel hy/sy moet gestimuleer word! Hierdie is maar ‘n paar opmerkings wat ek al gehoor het. Nou hoe nou?

Gelukkig het elke probleem ‘n oplossing, anders was dit mos nie ‘n probleem nie? Daar is ‘n aanlyn program wat Wiskunde vir leerders lekker maak, waar basiese hoofreken op ‘n baie kreatiewe manier gedoen word. Die program het ontstaan in Australië, maar is nou aangepas vir die Suid-Afrikaanse kurrikulum vanaf Gr. R tot Gr. 12. Die leerders doen dit by die huis of hulle kan dit in die middae by ons rekenaarlokaal doen. Die rekenaarlokaal is oop elke middag tot 15:00, behalwe op ‘n Donderdag (Robotics word dan daar aangebied) en ‘n Vrydag.

Daar is heelwat bekende skole wat reeds van hierdie program gebruik maak as deel van hulle program om hulle wiskunde uitslae te verbeter. Gaan kyk op die webtuiste.

Die volgende vraag sal wees, hoeveel kos dit?

Mathletics raak goedkoper as daar meer leerders registreer. Die normale tarief is R695 per jaar. Hier is die afslagpryse afhangende hoeveel leerders belangstel:

11-39 leerders: R375
40-79 leerders: R300
80-199 leerders: R250
200-599 leerders: R200

Indien jy sou belangstel om die jaar deel te wees van die Mathletics-program, stuur ‘n e-pos aan leon@jvrprim.co.za. Sodra ons die getalle het, kan ek aandui hoeveel dit per leerder gaan kos.

Wiskunde groete,

Mnr. Hanekom