Na baie oefening en byeenkomste het ons atlete Saterdag, 19 Januarie, aan die 6de ligabyeekoms van die seisoen deelgeneem. Dit was die laaste byeenkoms waar atlete kon kwalifiseer om gekies te word vir die Interprovinsiale byeenkoms te Oudtshoorn. So ook in die skolekompetisie. Die top 3 skole in die WP kwalifiseer ook om in Oudtshoorn deel te neem. Dit was ‘n goeie dag vir Jan van Riebeeck. Ons het 18 atlete wat gekwalifiseer het om WP te verteenwoordig. Laerskool Jan van Riebeeck saam met Laerskool Kenridge en Laerskool Durbanville het gekwalifiseer as die top 3 skole. Die Interprovinsiale byeenkoms vind Saterdag 1 Februarie plaas.

Baie geluk aan die volgende atlete wat ons gaan verteenwoordig:
Ané Swanepoel, Isabella Marais, Delmar Benecke, Adriaan Wessels, Ruald Naudé, Sophia Liebenberg, Cara Swanepoel, Alexander Benecke, Albert Griesel, Lourens van der Walt, Mia Nortjé, Isabella van der Walt, Kian Eksteen, Christiaan Viljoen, Mari Swanepoel, Stephan Griesel, John Willcox en Stef Mostert.

Ons gaan ‘n mooi oog oor die atlete hou en weet verseker hulle sal almal net hul bes gee. ‘n Spesiale woord van dank aan mnr. Hanekom wat die leerders na elke byeenkoms vergesel en afrig.