Dit het onder ons aandag gekom dat ‘n aaklige ramp vir Wuppertal getref het. Ongeveer 53 huise, die gemeenskapsaal, skoolkoshuis en alles daarin is in Desember 2018 deur ‘n verwoestende brand vernietig. Jannies – Kom ons help!

Die Rupert-familie het onderneem om Wuppertal weer op te bou. Die Jannie-familie, in samewerking met die oud-Jan van Riebeeck leerders, wil seker maak dat elke huis voldoen aan elke familie se basiese behoeftes.

Januarie is die perfekte maand om jou kaste uit te sorteer. Gooi die klere, beddegoed en eetgerei wat jy maande laas gebruik het uit en skenk dit vir ‘n baie goeie doel!

Enige van die onderstaande items is welkom:
– Toiletware
– Nie-bederfbare produkte
– Skoonmaakmiddels
– Kombuisware
– Linne/Komberse/Gordyne
– Klere (mans, dames, dogters, seuns en selfs babaklere)

Plaas asseblief elke groepie items in ‘n duidelik gemerkte sak. Bring dit asseblief na Laerskool Jan van Riebeeck, juf. Schultz se klas, voor of op 1 Februarie 2019. Ons wil graag vragmotors vol goedere en liefde na Wuppertal stuur.