Geagte Ouers / Voogde – 26 Junie 2026

So breek die einde van kwartaal twee uiteindelik aan. Dit was ‘n lang (12 weke) en besige kwartaal met propvol opwindende skoolaktiwiteite en kosbare hoogtepunte. Vandag ontvang elke leerder sy/haar rapport d.m.v. ‘n elektroniese weergawe wat julle as ouers/voogde per e-pos sal ontvang. Hiermee word daar erkenning vir jul kind(ers) se harde werk, toewyding en deursettingsvermoë die afgelope kwartaal gegee. Ek wil graag die leerders hartlik gelukwens en komplimenteer met hul spograpporte. Spograpporte behels nie net altyd uitmuntende punte nie, maar sluit ook in waar positiewe vordering deur middel van toewyding, deursettingsvermoë en harde werk getoon word. Ons is saam met julle as ouers/voogde baie trots op jul kinders se akademiese vordering en -prestasies. Op Woensdag, 24 Junie, het ons skool vir die eerste keer vir ons personeel ‘n Gesondheidsdag (Wellness Day) by die skool gereël. Dit sluit onder andere mediese ondersoeke (bloeddruk, suiker, cholesterol en liggaamsindeks) asook belangrike oogtoetse in. Hierdie inisiatief is hoofsaaklik om ons beheerraadspersoneel (alle personeel insluitend ons terreinpersoneel) te ondersteun aangesien hulle kontrakte nie mediesefonds insluit nie. Op hierdie manier skep ons die geleentheid om die bogenoemde mediese dienste gratis by die skool te ontvang. Groot dankie aan Jodene (Hoof van MHK) vir die wonderlike inisiatief. Die personeel het groot waardering daarvoor. Die Intersen (Gr. 4 – 7) se kwartaalikse musiekkonserte is onderskeidelik op Donderdagaand, 18 Junie, en Vrydagoggend, 19 Junie, deur ons dinamiese musiekdepartement, onder leiding van juf. Rolene en die musiekonderwysers, in die saal aangebied. Die saal was uiters stylvol vir die spoggeleenthede voorberei. Baie dankie, mnr. Ben, vir jou stylvolle hand wat duidelik sigbaar was. Beide musiekkonserte is op ‘n hoogtepunt...

Jannie-skaakspelers presteer!

Daniel Lawson en Pieter-Steph Bothma het die afgelope naweek uitstekend gevaar by die Kaapse Ope Skaakkampioenskappe. Albei het in die o.10-kategorie deelgeneem, waar Daniel ’n eerste plek en Pieter-Steph ’n derde plek behaal het. Daniel is boonop as die kampioen in sy ouderdomsgroep gekroon. Baie geluk met hierdie puik prestasies! Ons is ongelooflik trots op...

Geagte Ouers / Voogde – 19 Junie 2026  

Kwartaal twee is besonders lank, aangesien dit 12 weke insluit. Dus kan ek verstaan dat leerders, ouers en die personeel redelik afgemat mag voel, veral ook met ’n eksamen agter die rug. Gelukkig het die afgelope naweek ’n lekker meevallertjie met ’n langnaweek ingesluit om so ’n voorsmakie van die komende wintervakansie wat voorlê te kry. So kom die tweede laaste week van die kwartaal vandag tot ’n einde. Ek is seker ons ouers/voogde was saam met hul kinders baie verlig dat die Junie-eksamen iets van die verlede is. Die antwoordstelle is klaar gemerk, ’n deeglike modereringsproses is die afgelope week afgehandel om seker te maak die leerders se antwoordstelle is korrek nagesien en die punte is korrek opgetel. Die finale punte word tans verwerk sodat ons op Vrydag, 26 Junie, die dag wat die skole sluit, vir elke leerder sy/haar elektroniese rapport aan sy/haar ouers kan e-pos. Graag wil ek spesifiek ons leerders bedank en gelukwens met hul deeglike voorbereiding vir die afgelope eksamen en assesserings, asook die besonderse werksetiek wat hulle dwarsdeur die kwartaal gehandhaaf het. Hartlike dank ook aan ons ouers/voogde wat hul kind(ers) so mooi die afgelope tyd tydens die eksamen-/assesseringstydperk ondersteun het om net hul beste te doen. Laaste, maar nie die minste nie, ’n hartlike dank aan ons opvoeders en die leerontwikkelingspersoneel wat met soveel deernis en toewyding ons leerders vir die eksamen en assesserings voorberei het, asook vir hul besonderse wyse van bystand tydens die aflê van die eksamens en assesserings – ek waardeer julle omgee! Die interim buitemuurse sportprogram wat vanaf 8 Junie in skooltyd plaasgevind het, het ook op Donderdag,...

Moderne Dansgroep tree by saalbyeenkoms op

Ons moderne dansgroep het onlangs tydens ’n saalbyeenkoms by Laerskool JvR opgetree. Die optrede het gedien as voorbereiding vir die Junie Kaapstad Eisteddfod en het ook uittreksels uit verskeie musiekblyspele ingesluit. Baie geluk aan al die dansers wat met selfvertroue en entoesiasme hul talent ten toon gestel het. Ons wens hulle alles van die beste toe vir die komende Eisteddfod. Junior groep: Zoey Fischer, Emily Botha, Amelie du Toit, Lara Cloete, Abigail Maritz, Arabella Nagel, Charlie de Klerk, Reine Bothma, Mila Otto, Ferdie Titley, Heike Louw, Cara Scholtz, Ariella Meinking, Ada Uys, Emma-Jane Wilke, Emily Theron, Cornelia Opperman en Mila Maree. Senior groep: Ciera February, Mika van der Walt, Christa-Bella Swart, Hanna Louw, Anabel Brink, Ella Nel, Heidi van Heerden en Solange...

Oudleerders op pad na New York!

Twee oudleerders van Laerskool JvR, Karlien van der Walt en Kerala Allewell, is op pad na die AAB Summer School in New York saam met hul dansonderwyseres, Barbie Schreuder. Karlien en Kerala se dansloopbane strek reeds vanaf Graad 1 tot Graad 10, en albei is in die genres Modern en AAB Ballet opgelei. Hul uitstekende prestasies by die Kaapstad Eisteddfod, CSA-assesserings en AAB Ballet-eksamens oor die jare getuig van hul toewyding en harde werk. Nadat hulle in 2025 weer ’n borgskap ontvang het, het hulle die geleentheid aangegryp om die AAB Summer School in 2026 by te woon. By Purchase College in New York sal hulle klasse bywoon en saam met internasionale dansers deur wêreldklas-afrigters afgerig word. Ons wens hulle alle voorspoed toe met hierdie besonderse geleentheid en is ongelooflik trots op hul prestasies. Break a...

Belangrike kennisgewing vanuit die Mediasentrum

Ons versoek vriendelik dat alle boeke wat tans uitgeneem is, asseblief gedurende hierdie week aan die Mediasentrum terugbesorg word. As gevolg van voorraadopname wat voor die Junie-skoolvakansie afgehandel moet word, sal leerders ongelukkig nie vir die res van hierdie kwartaal boeke mag uitneem nie. Ons waardeer almal se samewerking en sien daarna uit om volgende kwartaal weer die boekrakke vir ons leerders oop te stel. Leerders sal dan weer soos normaal boeke kan uitneem en nuwe leesavonture ontdek. Boekgroete Juf....

SENIOR KOOR: Kwartaal 3 Belangrike Datums 

Teken hierdie belangrike datums aan: 3 Augustus: Tafelberg Koorfees (Hoërskool Jan van Riebeeck) @ 18h00 16 Augustus: Tygerberg Children’s Choir: In Harmony (Kaapstadse Stadsaal) @ 15h00 2 September: Koorkonsert saam met Jiřičiky Jeugkoor (Tsjeggië), Hoërskool Jan van Riebeeck en Laerskool Jan van Riebeeck Junior en Senior kore (LS JvR Skoolsaal) @ tbc   Dit is opwindende geleenthede om na uit te sien, en dit is altyd lekker om met ’n volledige koor op te tree!   Hou die Senior Koor WA-groep vir meer inligting rakende die onderskeie konserte dop. Kontak gerus vir juf. Rolene indien daar enige vrae...

Geagte Ouers / Voogde – 12 Junie 2026 

Week 10 van die kwartaal kom vandag saam met die Junie-eksamen tot 'n einde soos kwartaal twee se spreekwoordelike uurglas stadig, maar seker uitloop. Ek glo die Gr. 4 – 7-leerders is saam met hul ouers baie verlig dat die eksamen agter die rug is en dat julle as gesinne gereed is vir 'n welverdiende wintervakansie wat op ons wag. Hierdie komende naweek sluit ‘n lekker meevallertjie van ‘n buitengewone langnaweek in met ‘n skolevakansiedag wat op Maandag, 15 Junie, plaasvind asook 'n openbare vakansiedag, naamlik Jeugdag, wat op Dinsdag, 16 Junie, landwyd gevier word. Jeugdag word jaarliks in ons land op 16 Junie gevier ter nagedagtenis aan die 1976-opstande deur leerders wat hoofsaaklik in Soweto plaasgevind het. Die regering van daardie tyd het slegs Engels en Afrikaans as onderrigtale toegelaat en geen etniese tale vir onderrig in skole toegelaat nie. Tragies het dit gelei tot die sterftes van meer as 600 leerders tydens die opstande wat landwyd uitgebreek het, toe die polisie op die betogende jeugdiges met lewendige ammunisie losgebrand het in hul poging om die opstand in toom te probeer hou. Vandag kan ons jeug die voorregte geniet wat deur die jeugdiges in 1976 die weg begin baan het. Mag die tragiese gebeure en diskriminasie nooit weer in ons land herhaal word nie. Vanaf Maandag, 08 Junie, het die interim buitemuurse sport- en kultuurprogram in skooltyd net na afloop van die eksamensessies afgeskop. Die doel om nog steeds met sportoefeninge tydens die eksamentyd voort te gaan, is tweeledig: eerstens geniet die leerders dit terdeë om direk na ‘n lang eksamensessie uit die klas te kom, die vars...

Belangrike Datums

julie 2026

28jul00:0023:59GEEN SPORT

28jul00:0023:59Finkom Vergadering

29jul(jul 29)00:0028(jul 28)23:59Gr.1 & 2 - Interne Robotika Kompetisie

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor