Netbaluitslae: 24 April 2024

Woensdag, 24 April, het die netbaldogters teen Laerskool De Tyger gespeel. Die tellings is soos volg: 0.13A wen 27-3 0.13B wen 22-0 0.12A wen 27-1 0.12B wen 4-0 0.11A wen 11-9 0.11B wen 7-0 0.11C wen 7-0 0.10A wen 10-0 0.10B wen 5-0 0.9A wen 13-1 0.9B wen 4-0 0.8A wen 3-0 0.8B verloor 1-3 0.7A verloor 1-2 0.7B wen 1-0 Baie geluk met hierdie puik...

Geagte Ouers / Voogde – 26 April 2024

Alhoewel dit amper ‘n week later is, bly Kaperjolle steeds op almal se lippe. Hierdie jaarlikse en gewilde pretdag het op Saterdag, 20 April, plaasgevind en is onomwonde die hoogtepunt op die skoolgemeenskap se kalender. Kaperjolle bied soveel aktiwiteite en pret vir oud en jonk. Die leerders het hulle gate uit geniet en ‘n hoogtepunt was om die ‘skrikwekkende’ spookhuis te besoek. Leerders het in lang rye gestaan om die opwinding te ervaar, veral as daar ‘n kans is dat ‘n sogenaamde spook aan jou been kan vat. Die spookhuis se gewildheid sal nooit oor die jare taan nie en sal vir geslagte nog kinders fasineer. Die spookhuis is vanjaar kreatief deur die leerderraad in die senior seuns se badkamers aangebied. Verskeie van ons ouers het tydens kaperjolle aan die straatkoskompetisie deelgeneem. Hulle stalletjies was fraai versier. Ek was nie ‘n beoordeelaar nie, maar is in die afgrond bederf met smullekker happies van verskeie straatkosdisse. Die verskeidenheid disse was hemels en die kompetise was baie sterk. Baie geluk aan Marta se span wat met die louere weggestap het. Die opkoms van ouers en kinders was verstommend en spreek weer boekdele van die karakter van ons skoolgemeenskap wanneer dit by die ondersteuning van skoolaktiwiteite kom. Die weer het vanjaar perfek saamgespeel, met kostalletjies sonder einde, "live" musiek in die agtergrond, ‘n groot markiestent met gemaklike sitplek om heerlike kos en wyn te geniet. Hierdie kombinasie saam met omgee-mense maak die perfekte resep vir ‘n onvergeetlike ervaring. Ek is uiters trots en dankbaar dat ons ouers/voogde die skool in alle opsigte ondersteun en saam trots op ons puik skool is. Dit...

UNISA Musiekeksamens en Kaapse Afrikaanse Eisteddfod (Instrumentele Afdeling)

Ons deel graag die sluitingsdatums vir inskrywings vir die UNISA Musiekeksamens en die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod (Instrumentele Afdeling) hier onder: UNISA Musiekeksamens: 10 Mei 2024 (afsnydatum vir inskrywings van JvR-musiekleerders is 3 Mei 2024) Kaapse Afrikaanse Eisteddfod (Instrumentele Afdeling): 7 Mei (afsnydatum vir inskrywings van JvR-musiekleerders is 3 Mei 2024) Musiekleerders wat by die skool musiekonderrig ontvang, sal ingeskryf word op grond van die betrokke musiekonderwyser se diskresie rakende gereedheid vir die eksamen of eisteddfod. Ouers of musiekonderwysers van leerders wie buite die skool musiekonderrig ontvang, is self verantoordelik vir eksamen en Eisteddfod inskrywings. Kontak gerus vir juf Rolene vir enige verdere...

The World Needs a Father Evening: 2 Mei 2024

The World Needs a Father Evening Met Cassie Carstens Donderdag, 2 Mei van 18:00 - 20:00 Laerskool Jan van Riebeeck Geen koste nie Vir meer inligting, kontak Andries by andries.viljoen@gmail.com. Meer info oor TWNAF by https://twnaf.com Die rol van Pa-wees is nie ‘n maklike een nie, maar uiters belangrik vir ons kinders. Min van ons maak tyd om onsself te verbeter om ‘n beter pa te wees. Kom volgende Donderdag, ons gesels oor die doel van Pa-wees en wat ons kinders werklik nodig...

Musiekkonsert vir graad 6 en 7-musiekleerders

Op 13 en 15 Mei 2024 hou ons graad 6 en 7-musiekleerders 'n musiekkonsert. Dit is ‘n wonderlike geleentheid waar hulle die afgelope twee kwartale se harde werk met vriende en familie kan deel. Ons leerders is nie verplig om deel te neem nie, maar ons moedig almal aan om die geleentheid te gebruik. Die konserte sal in graadverband plaasvind. Sien asseblief die spesifieke datums en tye hier onder. Ons nooi alle ouers, familie en klasmaats uit om te kom luister en die middag saam met ons te geniet. Graad 6: Maandag, 13 Mei @ 14:15 – 15:00 Graad 7: Woensdag, 15 Mei @ 14:15 – 15:00 Indien daar graad 6 of 7-leerders is wat buite die skool musieklesse neem en graag aan die musiekkonsert wil deelneem, stuur asseblief ‘n e-pos aan juf. Rolene:...

Redenaarskompetisie Terugvoer: 10 &11 April 2024

Die graad 1 - 7-leerders het verlede week aan die interne redenaarskompetisie deelgeneem en ons omtrent van verskillende sake oortuig! Baie geluk aan die volgende leerders wat ons skool by ATKV se eerste ronde gaan verteenwoordig: Gr. 1 - 3 Jean-Jacques Rossouw Petronella Gouws Mia Bothma Jan-Jurie Fourie Lua Groenewald Amalie Janse van Rensburg Kitty Partner Christina du Toit Gr. 4 - 5 Pieter Rademeyer Stef Nel Ella van der Walt Mia-Lynn Podesta Gr. 6 - 7 Sabine Barnard Karu Rademeyer Isabella Marais Elisabet Marais Colleen Draghoender Emma Snjiders Abi Fourie Stella...

Geagte Ouers / Voogde – 19 April 2024

Die wintersportwedstryde is in volle swang en sommer binne die eerste 2 weke van die nuwe kwartaal is skoolaktiwiteite behoorlik aan die gang. Opvallend hoe die wintersportgeleenthede deur ouers/voogde asook oumas en oupas ondersteun word, amper asof dit die skoolgemeenskap nader aan mekaar bring en veral op ‘n Saterdag ervaar ‘n mens die positiewe sportgees en kameraderie onder ouers en voogde. Verlede Vrydagmiddag het ons o.13A hokkiespanne (seuns en dogters) aan ‘n hokkietoernooi te Laerskool Van Riebeeckstrand deelgeneem. Ons spanne het hulle baie goed van hulle taak gekwyt en graag maak ek melding van die dogters wat 2 van die 3 westryde gewen het en hul laaste wedstryde teen Laerskool Van Riebeeckstrand gelykop gespeel het. Ons seunspan het ook net 0 – 1 teen Laerskool van Riebeeckstrand verloor. Laerskool Van Riebeeckstrand is ‘n heelwat groter skool as ons en weereens kon ons kompeterend wees alhoewel ons ‘diepte’ met die aantal spelers beperk is. Op Saterdag, 13 April, het ons netbalspanne aan 33 wedstryde te Laerskole Sunningdale, Tableview en Kampsbaai deelgeneem. Ons wen 20 van die 33 wedstryde, speel 5 gelykop en verloor slegs 8 van die netbalwedstryde – ek dink dit is merkwaardig en wil graag al die netbalafrigters en -spelers hartlik gelukwens met die prestasie. Ons o.7 - o.13 Rugbyspanne het ook op Saterdag, 13 April, weg teen Laerskool Sunningdale gespeel. Baie geluk aan ons o.13A-rugbyspan wat hul titaniese stryd 24 – 19 gewen het. Ons opposisie het verseker groter seuns gehad met meerderheid gr. 7-leerders terwyl ons span hoofsaaklik uit gr. 6-seuns bestaan. Welgedaan aan ons afrigters, mnre. Erick en André, asook die seuns wat ‘n klipharde...

Junior Suidoosterfees-uitstappies

Ons skool is spesiaal uitgenooi om die Junior Suidoosterfees (22 – 24 April) by die Kunstekaap (Operahuis) by te woon. Om die enigste Afrikaanse laerskool in die stadskom te wees, is voorwaar ‘n voorreg, maar terselfdetyd ‘n reuse verantwoordelikheid. Ons streef daarna om ons leerders te bemoedig om Afrikaans te bly praat en lees. Ons is hierdie kwartaal deel van die ATKV se storieleesfeesprojek waartydens elke graad uitgesoekte Afrikaanse leesboeke gekry het om deur te lees. Leerders moet teen middel Julie die boeke klaar gelees het om tydens klastyd te stem vir die boeke waarvan hulle die meeste hou. Ons is dan ook deur die Suidoosterfees genooi om Maandag, 22 April, - Woensdag, 24 April, die onderskeie Junior programme by te woon om Afrikaans lewendig te hou. Daar is daagliks 1400 leerders wat die onderskeie programme bywoon. Jou kind het ‘n toestemmingsbrief ontvang wat jy moes onderteken om toestemming te gee dat jou kind die program mag bywoon en ook om van die skool se busvervoer gebruik te maak. Maandag, 22 April – Gr. 1-3 Dinsdag, 23 April – Gr. 4-5 Woendag, 24 April – Gr. 6-7  Volg die skakel vir die program. Ons wil graag as ‘n skool vir gr. 4, 5 en 7 hierdie kwartaal die geleentheid gee om self broodjies te kom smeer wat ons Maandagoggend aan leerders sal uitdeel wat die Suidoosterfees se program gaan bywoon. Hierdie broodjies word spesifiek vir skole gegee wat voedingskemas het en nie Maandag by hul skool sal wees om hul pousekos te ontvang nie. Personeel sal ook help met die voorbereiding van hierdie ete. ‘n Groot dankie aan die...

Jan Kas: Swart Woolworthssakke

Baie dankie aan almal wat gereeld sakke vir Jan Kas skenk, dit werk baie goed! Indien julle ekstra Woolworthssakke by die huis het en bereid is om dit te skenk, hou asb. aan om dit na Jan Kas of Suzaan Coetzee se kantoor te stuur. Ons het altyd nog nodig. Baie dankie!

Jan Kas: Skool sweetpakbroeke

Beste Ouer/Voog Sekere groottes van die sweetpakbroeke is tans min of uit voorraad. Daar is 'n probleem met die invoer van die lap en gaan dalk nog 'n rukkie vat voor ons weer voorraad het. Indien dit die geval is dat jou kind(ers) nog nie 'n sweetpakbroek het nie en die groottes wat hulle benodig uit voorraad is, dra gerus die ou sweetpakbroek indien julle dit nog het, of koop 'n donkerblou sweetpakbroek by 'n ander handelaar (dit kan dan gedra word tot dit te klein is, selfs al lyk dit nie presies soos ons s'n nie). Jammer vir die...

Netbaluitslae: 17 April 2024

Woensdag, 17 April, het die Jannies teen Laerskool Totius gespeel. Die tellings is soos volg: 0.13A - verloor 17-18 0.13B - wen 13-3 0.12A - wen 18-6 0.12B - wen 3-1 0.12C - gelykop 2-2 0.11A - verloor 3-8 0.11B - wen 15-0 0.10A - wen 13-1 0.10B - wen 2-1 0.9A - wen 8-1 0.9B - wen 9-0 0.8A - verloor 1-5 0.8B - verloor 2-3 0.7A - wen 3-0 0.7B - gelykop 0-0 0.7C - gelykop...

Rugby-uitslae: 13 April 2024

Ons rugbyspanne het Saterdag, 13 April, teen Sunningdale te staan gekom en baie goed gevaar. Sien die uitslae hier onder: o. 7A 3-1 (w) o. 7B 7-2 (w) o. 8A 2-0 (w) o. 8B 5-2 (w) o. 9A 0-2 (v) o. 9B 0-6 (v) o. 11A 0-43 (v) o. 11B 44-0 (w) o. 13A 24-19 (w)

Belangrike Datums

april 2024

29apr00:0023:59Netbal: o.7-o.13 Monte Vista (TUIS)

Wys Meer

mei 2024

01mei00:0023:59Werkersdag

03mei00:0023:59Hokkie: Edgemead

03mei07:4509:10Toets: Wiskunde (gr. 4 - 7)

03mei10:3012:30Uitstappie gr. 5 en 6: Peter and the Wolf by Artscape

04mei00:0023:59HS JvR Reünie-naweek

10mei00:0023:59Hokkie: Sportdag Mikro (Tuis)

10mei07:4509:10Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7)

11mei00:0023:59Rugby & Netbal: Sportdag (TUIS)

11mei00:0023:59Rugby & Netbal: Sportdag (TUIS)

17mei07:4509:10Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7)

17mei07:4509:10Toets: Gesk. ass. (gr. 4 tot 7)

18mei00:0023:59Rugby: Porterville

20mei00:0023:59Grondslagfase Assesserings begin

20mei18:0019:00Beheerraadvergadering

21mei00:0023:59Eksamen begin vir Graad 7

21mei00:0023:59Winter Buitemuurs eindig

24mei00:0023:59Eisteddfod: Gr. 4-7

24mei00:0023:59Eksamen begin vir gr. 4 - 6

25mei00:0023:59Eisteddfod: Gr. 1-3

27mei00:0023:59Interne sport begin

29mei00:0023:59Vakansiedag: Verkiesing

31mei07:4514:00Sivvies

Wys Meer

junie 2024

01jun00:0023:59Veiling

05jun00:0023:59Eksamen eindig

05jun00:0023:59Interne sport eindig

06jun(jun 6)00:0007(jun 7)23:59Boekverkope

10jun(jun 10)00:0014(jun 14)23:59Sporttoer

14jun00:0023:59Skool sluit

14jun00:0023:59Sivvies

Wys Meer

julie 2024

07jul(jul 7)00:0012(jul 12)23:59Tennis: Toernooi by Sun City

09jul00:0023:59Winter Buitemuurs begin

09jul00:0023:59Skool heropen

09jul07:4514:10Graad 5 Lead4Life

10jul07:4514:10Graad 4 Lead4Life

12jul00:0023:59Hokkie: Stellenbosch hokkiedag o.7 - o.9

12jul07:4514:00Graad 6 Lead4Life

13jul00:0023:59Hokkie: Stellenbosch hokkiedag o.10 - o.13

15jul00:0023:59Ouerbesoeke

16jul00:0023:59Ouerbesoeke

17jul00:0023:59Rugby & Netbal: Kenridge (WEG)

17jul00:0023:59Rugby & Netbal: Kenridge (WEG)

19jul00:0023:59Netbal: B & C toernooi o.10 - o.13

19jul00:0023:59Netbal: B & C toernooi o.10 - o.13

19jul07:4509:10Toets: Afrikaans (gr. 5 en 7), Engels (gr. 4 en 6)

24jul00:0023:59Netbal: Table View (TUIS)

24jul00:0023:59Rugby: Koos Sadie (TUIS)

26jul00:0023:59Hokkie: Curro Langebaan (WEG)

26jul07:4509:10Toets: Afrikaans (gr. 4 en 6), Engels (gr. 5 en 7)

26jul07:4514:00Sivvies

27jul00:0023:59Rugby & Netbal: Langebaan (WEG)

27jul00:0023:59Rugby & Netbal: Langebaan (WEG)

31jul00:0023:59Netbal: Laerskool Kampsbaai (TUIS)

31jul00:0023:59Rugby: Goodwood (TUIS)

Wys Meer

augustus 2024

31jul00:0023:59Netbal: Laerskool Kampsbaai (TUIS)

31jul00:0023:59Rugby: Goodwood (TUIS)

02aug07:4509:10Toets: Wiskunde

03aug00:0023:59Mini Netbal- en Rugbydag: o.7 - o.9

06aug18:3020:30JanneMANNE saam met HS JvR en Jak de Priester

07aug00:0023:59Rugby: Brackenfell (TUIS)

07aug00:0023:59Netbal: Brackenfell (WEG)

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

16aug(aug 16)00:0017(aug 17)23:59Interskole (TUIS)

16aug(aug 16)00:0017(aug 17)23:59Interskole

19aug18:0019:00Beheerraadvergadering

23aug00:0023:59Netbal: o.7-o.9 Toernooi Laerskool Tableview (WEG)

30aug00:0023:59Winter buitemuurs eindig

30aug01sepWelgemoed naweek

30aug07:4514:00Sivvies

Wys Meer

september 2024

30aug01sepWelgemoed naweek

02sep00:0023:59Somer Buitemuurs begin

06sep00:0023:59Somer Buitemuurs eindig

09sep(sep 9)00:0013(sep 13)23:59Konsertweek

12sep00:0023:59Mini-Krieket: Laerskool Van Riebeeckstrand (WEG)

16sep18:0020:00Beheerraad Begrotingsvergadering

19sep00:0023:59Markdag

19sep07:4514:00Sivvies

20sep00:0023:59Skool Sluit

20sep00:0023:59Sivvies

Wys Meer

oktober 2024

01okt00:0023:59Somer buitemuurs begin

01okt00:0023:59Skool heropen

03okt07:4514:10Graad 6 Lead4Life

04okt00:0023:59Ouma- en Oupadag

11okt00:0023:59Skaak: Toernooi Laerskool Panorama (WEG)

11okt07:4509:10Toets: Afrikaans (gr. 4 en 6), Engels (gr. 5 en 7)

12okt00:0023:59Tennis: 1ste Span Toernooi Laerskool Welgemoed (WEG)

14okt(okt 14)00:0018(okt 18)23:59Kultuurweek

18okt07:4509:10Toets: Afrikaans (gr. 5 en 7), Engels (gr. 4 en 6)

21okt18:0019:00Beheerraadvergadering

25okt07:4509:10Toets: Wiskunde (gr. 4-7)

25okt07:4514:00Sivvies

26okt00:0023:59Tennis: 1ste Span Toernooi Curro Brackenfell (WEG)

Wys Meer

november 2024

01nov00:0023:59Atletiek: Velditems

01nov00:0023:59Graad 1 Piekniek

02nov00:0023:59Atletiek: Baanitems

04nov18:0019:00Begrotingsvergadering met ouers

04nov18:0019:00Begrotingsvergadering met ouers

11nov18:0019:00Beheerraadvergadering

13nov00:0023:59Eksamen begin vir Graad 7

14nov00:0023:59Eksamen begin vir Graad 7

15nov00:0023:59Eksamen begin vir Graad 4 - 6

18nov00:0023:59Eksamen begin vir graad 4 - 7

26nov00:0023:59Eksamen eindig

27nov00:0023:59Eksamen eindig

28nov00:0023:59Carols by Candlelight

29nov07:4514:00Sivvies

Wys Meer

desember 2024

02des00:0023:59Graad 1-Prysuitdeling

02des00:0023:59Graad 2-Prysuitdeling

02des00:0023:59Graad 3-Prysuitdeling

03des00:0023:59Graad 4-Prysuitdeling

03des00:0023:59Graad 5-Prysuitdeling

05des00:0023:59Graad 6-Prysuitdeling

05des00:0023:59Graad 7-Prysuitdeling

09des00:0023:59Graad 7-afskeid

10des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skool sluit

11des00:0023:59Sivvies

13des00:0023:59Skool sluit vir onderwysers

Wys Meer