Twee oudleerders van Laerskool JvR, Karlien van der Walt en Kerala Allewell, is op pad na die AAB Summer School in New York saam met hul dansonderwyseres, Barbie Schreuder.

Karlien en Kerala se dansloopbane strek reeds vanaf Graad 1 tot Graad 10, en albei is in die genres Modern en AAB Ballet opgelei. Hul uitstekende prestasies by die Kaapstad Eisteddfod, CSA-assesserings en AAB Ballet-eksamens oor die jare getuig van hul toewyding en harde werk. Nadat hulle in 2025 weer ’n borgskap ontvang het, het hulle die geleentheid aangegryp om die AAB Summer School in 2026 by te woon.

By Purchase College in New York sal hulle klasse bywoon en saam met internasionale dansers deur wêreldklas-afrigters afgerig word.

Ons wens hulle alle voorspoed toe met hierdie besonderse geleentheid en is ongelooflik trots op hul prestasies.

Break a leg!