Winter- en Somerdrag

Neem kennis dat alle leerders van graad 1 - 7 self mag besluit wanneer hulle winter- of somerdrag wil dra. Belangrik is dat die regte drag gedra moet word.  

Ouerskapwerkswinkel: 25 April 2024

Ons wil al ons ouers/voogde motiveer om hierdie besondere werkswinkel wat op Donderdagaand, 25 April, om 18:00 – 20:00 in die skoolsaal plaasvind, by te woon. Lynette Beer en Antoinette Steyn is ‘n gedugte span wat baie ervare in hul onderskeie velde is.  Hierdie werkswinkel bied dan ook aan ons as ouers/voogde geleentheid om te reflekteer op ons ouerskapstyl en maniere te vind om ons kind(ers) beter te verstaan. Die kaartjies is @ R55 slegs op Karri beskikbaar.  Indien jy dalk vriende van buite ons skoolgemeenskap wil nooi (wat ons aanbeveel!) vir lekker saam lag en luister, want met hierdie sprekers kan mens ‘n entoesiastiese aanbieding te wagte wees, kan jy vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) kontak om ‘n spesiale betaling te organiseer indien jy dit nie op jou Karri-profiel kan betaal nie. Sien uit om jou daar te sien! Marinda...

Geagte Ouers / Voogde – 5 April 2024

Hiermee ‘n hartlike welkom terug by die skool. Ek glo dat almal die welverdiende ruskansie ten volle geniet het en ‘n geseënde tyd saam met familie en vriende, veral oor die Paasnaweek, spandeer het. Ek is so dankbaar dat almal veilig terug is na die vakansie, veral weens die paaie wat die tyd van die jaar buitengewoon besig is en dikwels tragies, as gevolg van motorongelukke, kosbare lewens eis. Die skool het skaars begin en sommer op dag een van die nuwe kwartaal skop ons af met die wintersport buitemuurse program op ‘n warm Woensdagmiddag om vroegtydig voor te berei vir ‘n besige sportkwartaal wat voorlê. Verder was dit ook my voorreg om die kwartaal met ‘n saalbyeenkoms te kon begin. My saalboodskap het gehandel oor eerlikheid - een van ons kernwaardes - en waarom dit belangrik is om altyd die waarheid te vertel. Laat jul kind/ers julle gerus die legendariese verhaal van Casius Insectus, ‘n lewenheersbesie (ladybird), wat ek met hulle gedeel het, vertel. Min leerders het egter die Afrikaanse woord vir die pragtige besie geken. Baie geluk aan Marcus Sieberhagen (gr. 1) wat vir my tydens die saalbyeenkoms die korrekte Afrikaanse woord vir ‘n "ladybird" kon noem. Ek glo daar is baie volwassenes wat soos ek aanvanklik nie geweet het dat ‘n "ladybird" in Afrikaans ‘n lewenheersbesie is nie. Die lewensles uit die stories handel oor eerlikheid en betroubaarheid. Kinders hou van stories en my ervaring is dat kinders lewenslesse makliker deur middel van storievertelling leer. Ek glo dat stories ‘n mens se brein stimuleer, nie net om die woorde en die storie te hoor nie, maar...

Karu Rademeyer en Emma Snijders presteer in Aksienetbal

Karu Rademeyer en Emma Snijders het gedurende die laaste skoolweek van verlede kwartaal die o.13-Western Cape Coastal-aksienetbalspan by die interprovinsiale toernooi te Alberton, Gauteng verteenwoordig. Die dogters het vir ’n week lank teen sterk opponente te staan gekom, maar is trots dat hulle die silwer medalje kon terugbring Kaap toe! Karu en Emma is beide ook ’n paar keer as speler van die wedstryd...

Geagte Ouers / Voogde – 20 Maart 2024

Die einde van kwartaal 1 het vinnig sy opwagting gemaak met tien bedrywige weke agter die rug. Ek kyk trots terug na al die opwindende aktiwiteite wat gedurende die afgelope kwartaal plaasgevind het. Ek mag dalk arrogant met die volgende stelling oorkom, maar ek dink dat uitnemendheid in alles wat ons doen soos ‘n paal bo water begin uitstaan, en daarvoor is ek uiters dankbaar en trots. Hartlike dank aan ons wonderlike ouers en voogde wat ons week-in en week-uit die afgelope kwartaal so lojaal ondersteun het. Julle omgee, aktiewe betrokkenheid asook insiggewende insette by die skool is instrumenteel in ons skool se algehele sukses en vooruitgang. Môre (Donderdag, 21 Maart) word Menseregtedag in Suid-Afrika gevier. Dit is hartseer dat so min mense hulle werklik aan die betekenis van die belangrike dag steur. Hierdie geskiedkundige dag was juis ingestel ter nagedagtenis aan ‘n groot gebeurtenis in ons land se geskiedenis. Die dag verwys na die afgryslike gebeure wat op 21 Maart 1960 in Sharpville afgespeel het. Duisende swart mense het op die dag teen die destydse paswette betoog. Die skare is egter uitmekaar gejaag terwyl daar op hulle geskiet en 69 mense noodlottig gewond is. Sedert 1994 word die dag jaarliks gevier om die slagoffers se tragiese dood te herdenk en seker te maak dat daar nooit weer so ‘n tragedie in ons land sal gebeur nie. Ek glo dat die herdenking van die spesiale dag ‘n waardevolle bydrae lewer dat mense met waardigheid, gelykheid, geregtigheid en in vrede in ons land kan leef. Ons het op Donderdag, 14 Maart 2024, ons jaarlikse gholfdag te Milnerton Gholfklub aangebied. Hierdie...

Nuwe Kitaaronderwyser aangestel

Nuwe Kitaaronderwyser aangestel

Die Musiekdepartement stel graag ons nuwe kitaaronderwyser aan julle bekend. Meneer Brent Januarie het reeds in die eerste kwartaal by ons aangesluit, maar sal vanaf die tweede kwartaal meer leerders by die skool onderrig. Brent is ‘n klassieke kitaarspeler by uitstek en is tans besig om sy MMus by Stellenbosch Universiteit te voltooi. Hy het ook ‘n groot liefde vir jazz en populêre musiekstyle, en tree gereeld saam met plaaslike musiekgroepe op. In sy kapasiteit as kitaaronderwyser, is mnr. Brent betrokke by Laerskool Rhenish in Stellenbosch. Ons sien baie uit daarna om hom meer by ons skool te sien en vir sy unieke bydrae tot die ontwikkeling van ons Musiekdepartement. Kontak gerus vir juf. Rolene vir verdere navrae:...

Ouerbesoeke: 8 en 9 April 2024

Op 8 en 9 April vind daar ouerbesoeke plaas. 15 Minuut-afsprake sal met onderwysers gemaak kan word om oor jou kind(ers) se akademiese vordering of emosionele welstand te gesels. Volg hierdie stappe om ‘n afspraak te maak: Volg die skakel vir die Besprekingsbladsy. Kies die graad waarin jou kind is. Onder “Select Staff”, kies die onderwyser met wie jy ‘n afspraak wil maak. *Neem kennis dat André Lourens in Warren Stoman se plek in graad 7 aangestel is. Op die kalender, gaan na April en kliek op 8 / 9 April. Kies die tydgleuf wat jou sal pas. Indien daar geen tydgleuwe meer beskikbaar is nie, stuur gerus ‘n boodskap op WhatsApp of per e-pos aan die betrokke onderwyser om ‘n alternatiewe tyd te reël. Rol af op die bladsy en vul jou naam, e-posadres, kind se naam en enige addisionele kommentaar in. Jy sal ‘n bevestiging van jou afspraak per e-pos ontvang. Indien jy die afspraak wil skuif of kanselleer, volg die stappe in die e-pos. Jy kan tot en met 24 uur voor ‘n afspraak nog bespreek, verander of kanselleer. Om te sien watter onderwyser bied watter vak aan, sien gerus die personeelblad op die webtuiste. Die skool verdaag op 8 en 9 April vroeër: 12:45 (gr. 1-3) en 13:00 (gr....

Geagte Ouers / Voogde – 15 Maart 2024

Kwartaal 1 begin nou vinnig einde se kant toe staan met nog ‘n suksesvolle afsluiting van ‘n akademiese week. Week 9 is soos die res van die kwartaal gekenmerk deur verskeie aktiwiteite wat plaasgevind het. Die week het op Maandag, 11 Maart 2024, met netbal-ligawedstryde weg teen Laerskool Fanie Theron in die Noordelike voorstede afgeskop. Ons netbalspanne het tydens die snikhete dag hulle puik van hul taak gekwyt deur 10 van die 12 wedstryde te wen. Ek wil nie ‘n spesifiejke span uitsonder nie, maar ‘n eerste span van ‘n skool gee maar altyd die sogenaamde pas aan en stel die standaard, dus baie geluk aan die o.13A’s en juf. Ischké met hul puik oorwinning van 32 – 3. Sommige ouers mag dalk nie weet nie, maar ek was voorheen die skoolhoof van Laerskool Fanie Theron en dit was nogal op ‘n manier nostalgies en ironies om na meer as 3 jaar die skool weer te besoek om ons Jannies daar te gaan ondersteun. Ek was omtrent vriendelik deur hul leerders, personeel en ouers ontvang. Dit was ‘n baie spesiale ervaring, veral weens die feit dat hul leerders my nog steeds onthou het en my spontaan kom groet het om te hoor hoe dit gaan. Dit is weer aan my bevestig dat ek vir seker die beste beroep in die wêreld gekies het. Ek is dankbaar dat ek die geleentheid het om op soveel jong leerders se lewens ‘n positiewe impak te hê, wat ‘n wonderlike voorreg! Om skoolhoof te wees, is nie altyd maklik nie. Dit is ‘n groot verantwoordelikheid, die verwagtinge is hoog en die skoolhoof speel...

Jan Kas: Sportsakke

Neem kennis dat ons 'n paar sportsakke ontvang het indien party ouers daarvoor gewag het. Bestel gerus aanlyn of kom maak 'n draai in Jan Kas tydens winkelure: Maandae & Woensdae: 07:00 - 08:30 Dinsdae & Donderdae: 13:00 - 14:30

Belangrike Datums

april 2024

29apr00:0023:59Netbal: o.7-o.13 Monte Vista (TUIS)

Wys Meer

mei 2024

01mei00:0023:59Werkersdag

03mei00:0023:59Hokkie: Edgemead

03mei07:4509:10Toets: Wiskunde (gr. 4 - 7)

03mei10:3012:30Uitstappie gr. 5 en 6: Peter and the Wolf by Artscape

04mei00:0023:59HS JvR Reünie-naweek

10mei00:0023:59Hokkie: Sportdag Mikro (Tuis)

10mei07:4509:10Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7)

11mei00:0023:59Rugby & Netbal: Sportdag (TUIS)

11mei00:0023:59Rugby & Netbal: Sportdag (TUIS)

17mei07:4509:10Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7)

17mei07:4509:10Toets: Gesk. ass. (gr. 4 tot 7)

18mei00:0023:59Rugby: Porterville

20mei00:0023:59Grondslagfase Assesserings begin

20mei18:0019:00Beheerraadvergadering

21mei00:0023:59Eksamen begin vir Graad 7

21mei00:0023:59Winter Buitemuurs eindig

24mei00:0023:59Eisteddfod: Gr. 4-7

24mei00:0023:59Eksamen begin vir gr. 4 - 6

25mei00:0023:59Eisteddfod: Gr. 1-3

27mei00:0023:59Interne sport begin

29mei00:0023:59Vakansiedag: Verkiesing

31mei07:4514:00Sivvies

Wys Meer

junie 2024

01jun00:0023:59Veiling

05jun00:0023:59Eksamen eindig

05jun00:0023:59Interne sport eindig

06jun(jun 6)00:0007(jun 7)23:59Boekverkope

10jun(jun 10)00:0014(jun 14)23:59Sporttoer

14jun00:0023:59Skool sluit

14jun00:0023:59Sivvies

Wys Meer

julie 2024

07jul(jul 7)00:0012(jul 12)23:59Tennis: Toernooi by Sun City

09jul00:0023:59Winter Buitemuurs begin

09jul00:0023:59Skool heropen

09jul07:4514:10Graad 5 Lead4Life

10jul07:4514:10Graad 4 Lead4Life

12jul00:0023:59Hokkie: Stellenbosch hokkiedag o.7 - o.9

12jul07:4514:00Graad 6 Lead4Life

13jul00:0023:59Hokkie: Stellenbosch hokkiedag o.10 - o.13

15jul00:0023:59Ouerbesoeke

16jul00:0023:59Ouerbesoeke

17jul00:0023:59Rugby & Netbal: Kenridge (WEG)

17jul00:0023:59Rugby & Netbal: Kenridge (WEG)

19jul00:0023:59Netbal: B & C toernooi o.10 - o.13

19jul00:0023:59Netbal: B & C toernooi o.10 - o.13

19jul07:4509:10Toets: Afrikaans (gr. 5 en 7), Engels (gr. 4 en 6)

24jul00:0023:59Netbal: Table View (TUIS)

24jul00:0023:59Rugby: Koos Sadie (TUIS)

26jul00:0023:59Hokkie: Curro Langebaan (WEG)

26jul07:4509:10Toets: Afrikaans (gr. 4 en 6), Engels (gr. 5 en 7)

26jul07:4514:00Sivvies

27jul00:0023:59Rugby & Netbal: Langebaan (WEG)

27jul00:0023:59Rugby & Netbal: Langebaan (WEG)

31jul00:0023:59Netbal: Laerskool Kampsbaai (TUIS)

31jul00:0023:59Rugby: Goodwood (TUIS)

Wys Meer

augustus 2024

31jul00:0023:59Netbal: Laerskool Kampsbaai (TUIS)

31jul00:0023:59Rugby: Goodwood (TUIS)

02aug07:4509:10Toets: Wiskunde

03aug00:0023:59Mini Netbal- en Rugbydag: o.7 - o.9

06aug18:3020:30JanneMANNE saam met HS JvR en Jak de Priester

07aug00:0023:59Rugby: Brackenfell (TUIS)

07aug00:0023:59Netbal: Brackenfell (WEG)

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

16aug(aug 16)00:0017(aug 17)23:59Interskole (TUIS)

16aug(aug 16)00:0017(aug 17)23:59Interskole

19aug18:0019:00Beheerraadvergadering

23aug00:0023:59Netbal: o.7-o.9 Toernooi Laerskool Tableview (WEG)

30aug00:0023:59Winter buitemuurs eindig

30aug01sepWelgemoed naweek

30aug07:4514:00Sivvies

Wys Meer

september 2024

30aug01sepWelgemoed naweek

02sep00:0023:59Somer Buitemuurs begin

06sep00:0023:59Somer Buitemuurs eindig

09sep(sep 9)00:0013(sep 13)23:59Konsertweek

12sep00:0023:59Mini-Krieket: Laerskool Van Riebeeckstrand (WEG)

16sep18:0020:00Beheerraad Begrotingsvergadering

19sep00:0023:59Markdag

19sep07:4514:00Sivvies

20sep00:0023:59Skool Sluit

20sep00:0023:59Sivvies

Wys Meer

oktober 2024

01okt00:0023:59Somer buitemuurs begin

01okt00:0023:59Skool heropen

03okt07:4514:10Graad 6 Lead4Life

04okt00:0023:59Ouma- en Oupadag

11okt00:0023:59Skaak: Toernooi Laerskool Panorama (WEG)

11okt07:4509:10Toets: Afrikaans (gr. 4 en 6), Engels (gr. 5 en 7)

12okt00:0023:59Tennis: 1ste Span Toernooi Laerskool Welgemoed (WEG)

14okt(okt 14)00:0018(okt 18)23:59Kultuurweek

18okt07:4509:10Toets: Afrikaans (gr. 5 en 7), Engels (gr. 4 en 6)

21okt18:0019:00Beheerraadvergadering

25okt07:4509:10Toets: Wiskunde (gr. 4-7)

25okt07:4514:00Sivvies

26okt00:0023:59Tennis: 1ste Span Toernooi Curro Brackenfell (WEG)

Wys Meer

november 2024

01nov00:0023:59Atletiek: Velditems

01nov00:0023:59Graad 1 Piekniek

02nov00:0023:59Atletiek: Baanitems

04nov18:0019:00Begrotingsvergadering met ouers

04nov18:0019:00Begrotingsvergadering met ouers

11nov18:0019:00Beheerraadvergadering

13nov00:0023:59Eksamen begin vir Graad 7

14nov00:0023:59Eksamen begin vir Graad 7

15nov00:0023:59Eksamen begin vir Graad 4 - 6

18nov00:0023:59Eksamen begin vir graad 4 - 7

26nov00:0023:59Eksamen eindig

27nov00:0023:59Eksamen eindig

28nov00:0023:59Carols by Candlelight

29nov07:4514:00Sivvies

Wys Meer

desember 2024

02des00:0023:59Graad 1-Prysuitdeling

02des00:0023:59Graad 2-Prysuitdeling

02des00:0023:59Graad 3-Prysuitdeling

03des00:0023:59Graad 4-Prysuitdeling

03des00:0023:59Graad 5-Prysuitdeling

05des00:0023:59Graad 6-Prysuitdeling

05des00:0023:59Graad 7-Prysuitdeling

09des00:0023:59Graad 7-afskeid

10des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skool sluit

11des00:0023:59Sivvies

13des00:0023:59Skool sluit vir onderwysers

Wys Meer