Wow-spelkompetisie
Die eerste ronde van die Wow-Spelkompetisie vind volgende Donderdag, 15 Augustus, by ons plaas. Baie geluk aan die volgende kinders wat gekies is om Jan van Riebeeck te verteenwoordig! Baie sterkte!
Tutors en aflosonderwysers
Kontak asseblief vir Marinda Brink marinda@jvrprim.co.za indien jy van 'n tutor en/of aflosonderwyser weet waarvan die skool gebruik kan maak.
Verlore goedere
Ons doen weer 'n beroep dat julle alle skoolklere moet merk. Indien 'n verlore item gemerk is, word dit BY die kind se klas afgelewer deur die graad sesse. Die onderwysers gaan voortaan in die klas kontroleer of items gemerk is. Ons het regtig julle samewerking nodig!
isiXhosa: week 14
Vanjaar mik ons dat alle Jannies (en ouers wat wil) 100 isiXhosa woorde leer! Kliek HIER om die vorige weke se woorde te sien. Hier is hierdie week se woorde:
Woord van die week no.80
omgeëllie Definisie: omgekrap of geïrriteerd Sin: My juffrou raak omgeëllie as ons gesels wanneer ons moet werk. Wenners: Ntandane Samson (Gr.5JvR) en Tara Mapoe (Gr.5JvR) Christiaan Boshoff (Gr.6W) het hierdie week se woord voorgestel.
Sekuriteit by die skool en nuwe reëlings rakende die op- en aflaai van leerders
Op 'n beheerraadsvergadering wat op Maandag 5 Augustus plaasgevind het, is die volgende besluite geneem wat vanaf Maandag 12 Augustus in werking tree. Hierdie reëlings word getref vir die veiligheid van julle kinders. Ons weet dat dit vir julle 'n ontwrigting en frustrasie kan veroorsaak, maar daar het verlede Vrydagmiddag 'n insident op ons skoolterrein plaasgevind wat ons genoodsaak het om ons sekuriteit op te skerp en ander veiligheidsmaatreëls in werking te stel. Ons advies is dat die skool se veiligheid baie verbeter indien ons slegs een ingang het wat gebruik word en verkieslik nie uit Kloofstraat nie. Die nuwe reëlings dan as volg: 1) Die voorste hek (Kloofstraat) kan slegs gebruik word deur ouers tussen 8.15 en 13.00 wanneer die agterste hek (Nuwe Kerkstraat) gesluit sal wees. Julle moet ook dan inteken in die besoekersboek. 2) Tussen 6.30 en 8.15 en weer vanaf 13.00 tot 17.30 moet alle ouers die agterste hek gebruik, ook waar ouers kinders kom haal wat by Nasorg is. 3) Die voetganghekkie uit Kloofstraat kan wel vanaf 07.00 tot 17.30 gebruik...
Liewe Aarde
Baie geluk aan ons Jannies van die week, Mila en Lula Joubert in Graad 4VDV & Graad 1DJ. Dankie dat julle so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio. Herwinningswenke: Herwinning is broodnodig, maar ons moet dit reg doen. So, onthou die volgende reëls vir ons depot (kyk ook HIER op ons webwerf vir meer volledige inligting): - Slegs skoon items kan na die depot gebring word, so was alles uit voordat jy herwin. - As daar nie 'n nommer onderaan 'n plastiek item is nie, is die item nie herwinbaar nie. - Baie plastiekhouers wat ‘n 1 of PET op het, kan nie herwin word nie. Gooi slegs plastiekbottels in die houer vir 1 en 2. - Verwyder doppies van plastiek- en wynbottels. Plastiekdoppies gaan in die wieldrom, en wyn se skroefdoppies hoort in die metaal-houer, saam met foeliebakkies en die metaaldeksels van glashouers. - Net platgetrapte riffelkarton kan in die groot kartonhouers gegooi word. - Gladde karton moet saam met papier, koerante, tydskrifte en pamflette in die groen igloos gegooi...
Landloopuitslae van 2 Augustus
Ons atlete het Vrydag, 2 Augustus, by Laerskool Kirstenhof aan 'n landloopwedloop deelgeneem. Hier volg die uitslae. o/7: Samuel Groenewald - 22ste; Nicolas Marais - 33ste o/8: Delmar Benecke - 10de; Jana Olivier - 8ste; Lili Ann Blomerus - 11de o/9: Marais Groenewald - 32ste; Andre Marais - 37ste o/11: Leah Maritz - 42ste o/12: *Scarlett van der Merwe - 3de Ons wil veral vir Scarlett van der Merwe hartlik gelukwens, sy ontvang ‘n medalje vir haar 3de plek en gaan deur na die WP Kampioenskappe op 17...
Weskus Koorfees
Baie dankie vir die mooi bywoning van die Tafelberg Koorfees verlede week. Ons was behoorlik trots op ons 2 kore. Albei kore neem weer deel aan die Weskus Koorfees. Dit vind op Woensdag 21 Augustus by Woodbridge Primary School in Milnerton plaas. Kaartjes teen R50 elk is op die Karri app te koop. Ons het slegs 'n beperkte aantal kaartjies per koor gekry. Gou...
Landloopwedloop van 26 Julie by Sun Valley
Op Vrydag, 26 Julie, het daar slegs dogters aan die landloopwedloop by Sun Valley in Vishoek deelgeneem. Die uitslae lyk soos volg: O/8: Jana Olivier - 16de; Lili Ann Blomerus - 20ste O/11: Leah Maritz - 43ste O/12: *Scarlett van der Merwe - 3de....uitstekend!
Nuusbrief van 2 Augustus 2019
Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 2 Augustus 2019 Toets: Gr.4 - 7 WiskundeVrydag, 2 Augustus 2019 Skaak: Ligawedstryde vs. Observatory Vrydag, 2 Augustus 2019 Landloop: Zonal Champs (The Club House at Claremont Cricket Club, Constantia Sports Complex, Constantia Main Rd, Constantia) Saterdag, 3 Augustus 2019 Sportfees: Curro Hermanus sporttoernooi, WEG Saterdag, 3 Augustus 2019 Netbal: Kenridge Ontwikkelingstoernooi O/10 & O/11, WEG Saterdag, 3 Augustus 2019 Eisteddfod Klavier Maandag, 5 Augustus 2019 Netbal: Vriendskaplik vs. Panorama (WEG) Maandag, 5 Augustus 2019 Eisteddfod Klavier Woensdag, 7 Augustus 2019 Rugby: Liga vs. Sunningdale (WEG) (Sunningdale Primary School, Sunningdale Dr & Tryall Road, Sunningdale) Woensdag, 7 Augustus 2019 Netbal: Liga Curro Durbanville (Laerskool Jan Van Riebeeck, 52 Kloof St, CBD) Donderdag, 8 Augustus 2019 Wiskunde Kamp Donderdag, 8 Augustus 2019 GEEN Buitemuurs a.g.v. langnaweek Vrydag, 9 Augustus 2019 Nasionale Vrouedag Vrydag, 9 Augustus 2019 Wiskundekamp Vrydag, 9 Augustus 2019 Vakansiedag Maandag, 12 Augustus 2019 Netbal: Vriendskaplik vs. Welgemoed (WEG) Maandag, 12 Augustus 2019 Rugby: Vriendskaplik vs. Welgemoed (WEG) Maandag, 12 Augustus 2019 Eisteddfod Klavier Woensdag, 14 Augustus 2019 Rugby: Liga wedstryde Woensdag, 14 Augustus 2019 Netbal: Liga wedstryde Donderdag, 15 Augustus 2019 Wow Spelkompetisie - kringkompetisie Vrydag, 16 Augustus 2019 Toets: Gr.4 - 6 NWT Vrydag, 16 Augustus 2019 Gr.7 NW >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Sportdag by Laerskool Curro Hermanus Baie sterkte aan al ons spelers wat aan môre se sportdag op Hermanus gaan deelneem. Dit sal ook die eerste keer wees dat 'n seun en dogter hokkiespan van Laerskool Jan van Riebeeck 'n wedstryd speel! Ons hoop om sommer baie van...
Jannies verskyn op die kassie in ‘n episode van Kokkedoor!
Gedurende die eerste kwartaal het 'n paar van ons graad 6 en 7 leerders hul rugbyvernuf voor die kameras ten toon gestel. Die koskompetisie Kokkerdoor, wat op Donderdae op kykNET uitgesaai word, het ons skool genooi om deel van een episode te wees. Van ons leerders het rugbywedstryde teen mekaar gespeel terwyl die deelnemers ons ouers, leerders en terreinwerkers bederf het met heerlike piekniekmandjies. Die episode waarin die Jannie families pryk,word volgens DSTV se skedule Donderdag, 8 Augustus om 20:00 op kykNET HD uitgesaai. Gaan loer gerus na al ons...
Rugbywedstryde vs. Prestwich, 31 Julie
Woensdag, 31 Julie 2019, het ons 0/11 en 0/13 rugbyspanne teen Laerskool Prestwich gespeel. In beide wedstryde was dit 'n baie strawwe stryd. Op 'n nat en koue dag het ons manne hul pragtig van hul taak gekwyt en die taai oposisie oorrompel met goeie rugby en pragtige spanwerk. Die 0/11 span wen met 45 - 5 asook die 0/13 span met 31-15. Welgedaan...
Dawid Adler presteer landwyd!
Netwerk 24 in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad het vir die eerste keer 'n landwye aanlyn-wiskundekompetisie vir graad 6 en 7 leerders aangebied. Dit was heerlik om te sien dat soveel van ons leerders aan die kompetisie wou deelneem. Na die eerste rondte voltooi is, het Laerskool Jan van Riebeeck 4 leerders in die top 20 in die Wes-Kaap gehad. Dis die meeste leerders van enige skool in die Wes-Kaap. Hierdie leerders, Dawid Adler, Thornley Webber, Alet Hitge en Jana van Rooyen het verlede Saterdag deelgeneem aan die tweede rondte van die kompetisie by Hoërskool Brackenfell. Ons leerders het uitstekend presteer. Dawid het 'n finale punt van 93% verower, Thornley en Jana, 86% en Alet 81%. Met hierdie uitslae het Dawid algeheel 2de in die Wes-Kaap geëindig en prysgeld van R2000 vir homself en vir die skool losgeslaan. Dawid het ook algeheel 4de in die land geëindig. Dit is 'n ongelooflike prestasie en iets om oor trots te wees. Wel gedaan Dawid en al die ander leerders wat aan die kompetisie deelgeneem...
Netbalwedstryde, 31 Julie teen Edgemead
Ons netbalspanne het Woensdag, 31 Julie, wedstryde teen Laerskool Edgemead gespeel. Ongelukkig het hulle nie genoeg spanne vir al ons spanne gehad nie. Die uitslae is soos volg: O/9 A 4-5 (verloor) vs. Edgemead *Baie goeie wedstryd, die kinders het alles gegee. O/9 B 1-0 (wen) vs. Edgemead O/10 A 7-2 (wen) vs. Edgemead O/10 B 2-0 (wen) vs. Edgemead O/11 A 19-4 (wen) vs. Edgemead O/11 B 5-3 (wen) vs. Edgemead O/12 A 2-13 (verloor) vs. Edgemead O/12 B 0-7 (verloor) vs. Edgemead O/13 A 22-11 (wen) vs. Edgemead O/13 B 1-2 (verloor) vs. Edgemead Ons speel volgende week twee WEG wedstryde. Die eerste wedstryde is vriendskaplik teen Panorama (Maandag, 5 Augustus) en die tweede wedstryde is vir die liga teen Curro Durbanville (Woensdag, 7...
Belangrike Datums
augustus 2026