Netwerk 24 in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad het vir die eerste keer ‘n landwye aanlyn-wiskundekompetisie vir graad 6 en 7 leerders aangebied. Dit was heerlik om te sien dat soveel van ons leerders aan die kompetisie wou deelneem. Na die eerste rondte voltooi is, het Laerskool Jan van Riebeeck 4 leerders in die top 20 in die Wes-Kaap gehad. Dis die meeste leerders van enige skool in die Wes-Kaap. Hierdie leerders, Dawid Adler, Thornley Webber, Alet Hitge en Jana van Rooyen het verlede Saterdag deelgeneem aan die tweede rondte van die kompetisie by Hoërskool Brackenfell. Ons leerders het uitstekend presteer. Dawid het ‘n finale punt van 93% verower, Thornley en Jana, 86% en Alet 81%. Met hierdie uitslae het Dawid algeheel 2de in die Wes-Kaap geëindig en prysgeld van R2000 vir homself en vir die skool losgeslaan.

Dawid het ook algeheel 4de in die land geëindig. Dit is ‘n ongelooflike prestasie en iets om oor trots te wees. Wel gedaan Dawid en al die ander leerders wat aan die kompetisie deelgeneem het!!