Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 2 Augustus 2019 Toets: Gr.4 – 7 WiskundeVrydag, 2 Augustus 2019 Skaak: Ligawedstryde vs. Observatory

Vrydag, 2 Augustus 2019 Landloop: Zonal Champs (The Club House at Claremont Cricket Club, Constantia Sports Complex, Constantia Main Rd, Constantia)

Saterdag, 3 Augustus 2019 Sportfees: Curro Hermanus sporttoernooi, WEG

Saterdag, 3 Augustus 2019 Netbal: Kenridge Ontwikkelingstoernooi O/10 & O/11, WEG

Saterdag, 3 Augustus 2019 Eisteddfod Klavier

Maandag, 5 Augustus 2019 Netbal: Vriendskaplik vs. Panorama (WEG)

Maandag, 5 Augustus 2019 Eisteddfod Klavier

Woensdag, 7 Augustus 2019 Rugby: Liga vs. Sunningdale (WEG) (Sunningdale Primary School, Sunningdale Dr & Tryall Road, Sunningdale)

Woensdag, 7 Augustus 2019 Netbal: Liga Curro Durbanville (Laerskool Jan Van Riebeeck, 52 Kloof St, CBD)

Donderdag, 8 Augustus 2019 Wiskunde Kamp

Donderdag, 8 Augustus 2019 GEEN Buitemuurs a.g.v. langnaweek

Vrydag, 9 Augustus 2019 Nasionale Vrouedag

Vrydag, 9 Augustus 2019 Wiskundekamp

Vrydag, 9 Augustus 2019 Vakansiedag

Maandag, 12 Augustus 2019 Netbal: Vriendskaplik vs. Welgemoed (WEG)

Maandag, 12 Augustus 2019 Rugby: Vriendskaplik vs. Welgemoed (WEG)

Maandag, 12 Augustus 2019 Eisteddfod Klavier

Woensdag, 14 Augustus 2019 Rugby: Liga wedstryde

Woensdag, 14 Augustus 2019 Netbal: Liga wedstryde

Donderdag, 15 Augustus 2019 Wow Spelkompetisie – kringkompetisie

Vrydag, 16 Augustus 2019 Toets: Gr.4 – 6 NWT

Vrydag, 16 Augustus 2019 Gr.7 NW

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR



Sportdag by Laerskool Curro Hermanus

Baie sterkte aan al ons spelers wat aan môre se sportdag op Hermanus gaan deelneem. Dit sal ook die eerste keer wees dat ‘n seun en dogter hokkiespan van Laerskool Jan van Riebeeck ‘n wedstryd speel! Ons hoop om sommer baie van ons ouers daar te sien!

Netwerk 24 in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad het vir die eerste keer ‘n landwye aanlyn-wiskundekompetisie vir graad 6 en 7 leerders aangebied. Dit was heerlik om te sien dat soveel van ons leerders aan die kompetisie wou deelneem. Na die eerste rondte voltooi is, het Laerskool Jan van Riebeeck 4 leerders in die top 20 in die Wes-Kaap gehad. Dis die meeste leerders van enige skool in die Wes-Kaap. Hierdie leerders, Dawid Adler, Thornley Webber, Alet Hitge en Jana van Rooyen het verlede Saterdag deelgeneem aan die tweede rondte van die kompetisie by Hoërskool Brackenfell. Ons leerders het uitstekend presteer. Dawid het ‘n finale punt van 93% verower, Thornley en Jana, 86% en Alet 81%. Met hierdie uitslae het Dawid algeheel 2de in die Wes-Kaap geëindig en prysgeld van R2000 vir homself en vir die skool losgeslaan.

Dawid het ook algeheel 4de in die land geëindig. Dit is ‘n ongelooflike prestasie en iets om oor trots te wees. Wel gedaan Dawid en al die ander leerders wat aan die kompetisie deelgeneem het!!

---

NUUTSTE NUUS

Albei ons kore neem op 21 Augustus deel aan die Weskus Koorfees. Dit vind by Woodbridge Primary School in Milnerton plaas. Koorlede sal inligting oor die aand kry. Kaartjies is van môre (Vrydag) af op die Karri app te koop teen R50 pp. Ons skool het net ‘n beperkte aantal kaartjies, so bespreek vroegtydig.

Gedurende die eerste kwartaal het ‘n paar van ons graad 6 en 7 leerders hul rugbyvernuf voor die kameras ten toon gestel. Die koskompetisie Kokkerdoor, wat op Donderdae op kykNET uitgesaai word, het ons skool genooi om deel van een episode te wees. Van ons leerders het rugbywedstryde teen mekaar gespeel terwyl die deelnemers ons ouers, leerders en terreinwerkers bederf het met heerlike piekniekmandjies.

Die episode waarin die Jannie families pryk,word volgens DSTV se skedule Donderdag, 8 Augustus om 20:00 op kykNET HD uitgesaai. Gaan loer gerus na al ons bekendes.

---

VERDERE NUUS

AKADEMIE

isiXhosa: week 13

Vanjaar mik ons dat alle Jannies (en ouers wat wil) 100 isiXhosa woorde leer! Kliek HIER om die vorige weke se woorde te sien. Hier is hierdie week se woorde (Let wel – appel moet wees iapile en aartappel moet wees itapile):

---

ALGEMEEN

Naam en van: Adian Sprout

Graad: 4vdW

Waar woon jy?: Ek woon saam met my ouma en sussie naby die stadion in Groenpunt.

Gunsteling vak: Ek hou baie van Wiskunde en Kuns. Wiskunde maak my slim vir die lewe omdat ek dit oral en elke dag kan gebruik.

Ek is ‘n trotse Jannie, want ek hou baie van sport, ek kan vinnig hardloop en ek is baie bly dat my nuwe skool ‘n swembad het.

Baie geluk aan ons Jannies van die week, John Gilmer (Graad 3S) en Sadie Gilmer (Graad 1K). Dankie dat julle so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio.

Herwinningswenk: “Die Wes-Kaapse regering gaan alle organiese afval teen 2027 verban”. Wanneer organiese afval in ons rommel afbreek, word kweekhuisgasse vrygestel. Dit dra by tot aardverwarming. Dis belangrik dat ons die organiese afval in ons vullisdromme verminder: begin ‘n komposhoop vir alle organiese afval soos vrugte- en groenteskille, teesakkies en eierdoppe. Fyn geskeurde koerantpapier en tuinafval soos blare en grassnysels kan hierby ingemeng word. Stad Kaapstad het ‘n program waar inwoners gratis komposdromme kan kry – kliek HIER vir die skakel na hul blad. In woonstelle kan ‘n Bokashi-blik hiervoor gebruik word, of ‘n Yolo kompostuimelaar.

Lené Vorster, ‘n graad 9-leerder aan Hoërskool Jan van Riebeeck, is aangewys as die nasionale wenner van die Taalbond se Tweetaligheidseksamen in die junior afdeling. Dit is werklik ‘n besonderse prestasie! Sy volg in die voetspore van Theodore Pauw (matriek 2018) wat in 2018 die senior afdeling gewen het.Hulle is natuurlik albei oud-leerders van ons skool!!

SPORT

Ons netbalspanne het Woensdag, 31 Julie, wedstryde teen Laerskool Edgemead gespeel. Ongelukkig het hulle nie genoeg spanne vir al ons spanne gehad nie. Die uitslae is soos volg:

O/9 A 4-5 (verloor) vs. Edgemead *Baie goeie wedstryd, die kinders het alles gegee.

O/9 B 1-0 (wen) vs. Edgemead

O/10 A 7-2 (wen) vs. Edgemead

O/10 B 2-0 (wen) vs. Edgemead

O/11 A 19-4 (wen) vs. Edgemead

O/11 B 5-3 (wen) vs. Edgemead

O/12 A 2-13 (verloor) vs. Edgemead

O/12 B 0-7 (verloor) vs. Edgemead

O/13 A 22-11 (wen) vs. Edgemead

O/13 B 1-2 (verloor) vs. Edgemead

Ons speel volgende week twee WEG wedstryde. Die eerste wedstryde is vriendskaplik teen Panorama (Maandag, 5 Augustus) en die tweede wedstryde is vir die liga teen Curro Durbanville (Woensdag, 7 Augustus)

Woensdag, 31 Julie 2019, het ons 0/11 en 0/13 rugbyspanne teen Laerskool Prestwich gespeel. In beide wedstryde was dit ‘n baie strawwe stryd. Op ‘n nat en koue dag het ons manne hul pragtig van hul taak gekwyt en die taai oposisie oorrompel met goeie rugby en pragtige spanwerk.

Die 0/11 span wen met 45 – 5 asook die 0/13 span met 31-15. Welgedaan manne!

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

Integrity is telling myself the truth. And honesty is telling the truth to other people.

– Spencer Johnson

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209