Woensdag, 31 Julie 2019, het ons 0/11 en 0/13 rugbyspanne teen Laerskool Prestwich gespeel. In beide wedstryde was dit ‘n baie strawwe stryd. Op ‘n nat en koue dag het ons manne hul pragtig van hul taak gekwyt en die taai oposisie oorrompel met goeie rugby en pragtige spanwerk.

Die 0/11 span wen met 45 – 5 asook die 0/13 span met 31-15. Welgedaan manne!