Baie geluk aan ons Jannies van die week, Mila en Lula Joubert in Graad 4VDV & Graad 1DJ. Dankie dat julle so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio.
Herwinningswenke: Herwinning is broodnodig, maar ons moet dit reg doen. So, onthou die volgende reëls vir ons depot (kyk ook HIER op ons webwerf vir meer volledige inligting):
– Slegs skoon items kan na die depot gebring word, so was alles uit voordat jy herwin.
– As daar nie ‘n nommer onderaan ‘n plastiek item is nie, is die item nie herwinbaar nie.
– Baie plastiekhouers wat ‘n 1 of PET op het, kan nie herwin word nie. Gooi slegs plastiekbottels in die houer vir 1 en 2.
– Verwyder doppies van plastiek- en wynbottels. Plastiekdoppies gaan in die wieldrom, en wyn se skroefdoppies hoort in die metaal-houer, saam met foeliebakkies en die metaaldeksels van glashouers.
– Net platgetrapte riffelkarton kan in die groot kartonhouers gegooi word.
– Gladde karton moet saam met papier, koerante, tydskrifte en pamflette in die groen igloos gegooi word.