Gedurende die eerste kwartaal het ‘n paar van ons graad 6 en 7 leerders hul rugbyvernuf voor die kameras ten toon gestel. Die koskompetisie Kokkerdoor, wat op Donderdae op kykNET uitgesaai word, het ons skool genooi om deel van een episode te wees. Van ons leerders het rugbywedstryde teen mekaar gespeel terwyl die deelnemers ons ouers, leerders en terreinwerkers bederf het met heerlike piekniekmandjies.

Die episode waarin die Jannie families pryk,word volgens DSTV se skedule Donderdag, 8 Augustus om 20:00 op kykNET HD uitgesaai. Gaan loer gerus na al ons bekendes.