Op ‘n beheerraadsvergadering wat op Maandag 5 Augustus plaasgevind het, is die volgende besluite geneem wat vanaf Maandag 12 Augustus in werking tree. Hierdie reëlings word getref vir die veiligheid van julle kinders. Ons weet dat dit vir julle ‘n ontwrigting en frustrasie kan veroorsaak, maar daar het verlede Vrydagmiddag ‘n insident op ons skoolterrein plaasgevind wat ons genoodsaak het om ons sekuriteit op te skerp en ander veiligheidsmaatreëls in werking te stel. Ons advies is dat die skool se veiligheid baie verbeter indien ons slegs een ingang het wat gebruik word en verkieslik nie uit Kloofstraat nie.

Die nuwe reëlings dan as volg:

1) Die voorste hek (Kloofstraat) kan slegs gebruik word deur ouers tussen 8.15 en 13.00 wanneer die agterste hek (Nuwe Kerkstraat) gesluit sal wees. Julle moet ook dan inteken in die besoekersboek.

2) Tussen 6.30 en 8.15 en weer vanaf 13.00 tot 17.30 moet alle ouers die agterste hek gebruik, ook waar ouers kinders kom haal wat by Nasorg is.

3) Die voetganghekkie uit Kloofstraat kan wel vanaf 07.00 tot 17.30 gebruik word.