Liewe Aarde

Baie geluk aan ons Jannie van die week, Abigail Theron in Graad 1K. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio. Rommelresies: Kom toets jou rommel skommel vernuf! Op 18 September is daar in skooltyd ‘n kompetisie vir al die grade om te sien watter klas die vinnigste en akkuraatste algemene herwinningsitems kan sorteer. Begin nou al om jou kind te leer om self die herwinning korrek te sorteer. Die wen-klas kry ‘n sivvies-dag in die vierde...

2020-Beursprojek

Ons is opgewonde om ons 2020-beursprojek bekend te stel waar 10 nuwe leerders kan kwalifiseer vir 50% korting op skoolfondse en gratis nasorg toegang. As jy weet van enige laerskoolleerder wat sal baat by ons skoolomgewing, maar dit nie kan bekostig nie, verwys hulle asseblief na ons webwerf en stuur ‘n aansoek aan Jodene by admin@jvrprim.co.za. Vir enige navrae, kontak ook vir Jodene. Sy sal ook kriteria kan verskaf. Aansoeke sluit Maandag 7 Oktober om...

Eisteddfod dans

Kaylin Grobler in Gr.7 VR het deelgeneem aan 'n Eisteddfod contemporary dance item saam met 'n paar hoërskool leerlinge van Caroline Kotze School of Dance. Hul dansgroep het 'n diploma (bo 90%) verwerf en is ook in die finaal as wenners aangekondig in die kategorie small group dance age 15-16. Baie geluk...

Trotse Jannie

Naam en van: Hendri Smit Graad: 2J Waar woon jy?: Ek woon naby die skool saam met my mamma, pappa en my sussie, wat in Huppelland is. Gunsteling vak: Ek hou van LO, want ek geniet balspele. Krieket is my gunsteling sport. Ek is baie bly dat krieketseisoen weer hier is! Ek is ‘n trotse Jannie, want ek maak maklik maats en ek is...

Nuusbrief van 6 September 2019

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 6 September 2019 Loslitdag (Tema: "Time to Shine") Vrydag, 6 September 2019 Tennis: O/11 Paarl Boys Toernooi, WEG Saterdag, 7 September 2019 Wow Spelkompetisie - Provinsiale kompetisie Saterdag, 7 September 2019 Tennis: O/11 Paarl Boys Toernooi, WEG Sondag, 8 September 2019 Dolinda Mfulo (Nasorg) verjaar Maandag, 9 September 2019 Konsert 18:00 Maandag, 9 September 2019 Skool sluit om 13:00 (Gr.1-3) en 13:15 (Gr.4-7) tot Vrydag Dinsdag, 10 September 2019 Konsert 19:00 (tot Vrydag) Donderdag, 12 September 2019 Trix van der Vyver (Juffrou) verjaar Saterdag, 14 September 2019 Tweekamp: Liga 1 (WEG) (Stellenberg H/S) Donderdag, 19 September 2019 Marli Klynsmith (Juffrou) verjaar Donderdag, 19 September 2019 Gratis Sivvies Donderdag, 19 September 2019 Markdag vanaf 11:45 - 12:30 Donderdag, 19 September 2019 Skool sluit om 12:45 (Gr.1-3), 13:00 (Gr.4-7) Vrydag, 20 September 2019 Heidre Ehlers (Juffrou) verjaar Vrydag, 20 September 2019 Bokkie-dag Sivvies Vrydag, 20 September 2019 Skool sluit Dinsdag, 24 September 2019 Erfenisdag Vrydag, 27 September 2019 Lucia de Jager (Juffrou) verjaar >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Sekuriteitreëlings tydens konsertweek (9-13 September 2019) 1. Voorste hek (Kloofstraat) - Philip, asook ‘n eksterne veiligheidswag, sal die voorste hek beman wat slegs vir voetgangers beskikbaar sal wees. - Elkeen wat die voetgangershek gebruik, moet bewys van ‘n kaartjie lewer óf in besit van ‘n bandjie wees wat aan elke leerder uitgedeel sal word om vir hulle ouers te gee. - Onderwysers wat aan die voorkant van die nasorg (onder die skadunette) parkeer, moet asseblief agter parkeer. - Daar sal kos op hierdie parkeerarea verkoop word. Sodra...

Melkbos-Wiskundekompetisie

Donderdag, 12 September, neem 12 van ons Gr.7-leerders deel aan die Melkbos-Wiskundekompetisie. Tussen al die assesserings en konsertoefening het hierdie leerders ook oggendklasse geloop ter voorbereiding. Hierdie leerders gaan ongelukkig Donderdag die konsert mis. 'n Spesiale woord van dank aan mnr. Hanekom wat alreeds vroeg in Julie met die leerders begin werk en voorberei het. Die leerders wat ons skool gaan verteenwoordig is: Zazzie Henderson, Owen van der Linde, Bernard Lombaard, Liezel Snijders, Alexander Newton, Thornley Webber, Layla Erasmus, Jacomien van der Westhuizen, Dawid Adler, Mari Swanepoel, Anna van Biljon en Peet Karsten. Ons wens vir hierdie leerders alle sterkte...

Finale rondte van die SAMF-Wiskundekompetisie

Vir die eerste keer vandat die SAMF/AMESA-Wiskundekompetisie aangebied word, is daar 'n finale rondte. Met meer as 'n 1 000 skole en meer as 100 000 leerders wat aan die kompetisie deelgeneem het, is 431 Gr.4-7 leerders landwyd uitgenooi na die finale rondte. Ons het 5 leerders wat uitgenooi is. 'n Merkwaardige prestasie. Gr.4: Petrus Bosman Gr.5: Fredrich Erasmus en Jan Karsten Gr.7: Thornley Webber en Peet Karsten Hierdie 5 leerders skryf die finale rondte, 12 September by Hoërskool Durbanville. Ons wens vir elkeen van hulle alle sterkte toe en wel gedaan met hierdie pragtige...

Die WKOD se jaarlikse viering van die Visuele Kunste

Tema: STORIES Baie geluk aan Milla Joubert (Gr.4) wie se kunswerk “Die storie van Van Hunks” gekies is as een van slegs sestien wenners uit die Metro-Sentraal distrik. Kliek HIER om nog leerders van ons skool se kunswerke te sien. Dit is die derde jaar dat hierdie wonderlike inisiatief plaasvind. Daar word jaarliks op ‘n tema besluit en alle leerders tussen Gr.R en Gr.9 word aangemoedig om kunswerke te maak. Slegs een werk per graad, per skool, mag ingeskryf word in ons distrik. Sestien wen-kunswerke word dan gekies om die distrik te verteenwoordig tydens ‘n provinsiale uitstalling. Die distrik-uitstalling is geopen op 4 September by die Anneks van Iziko Suid-Afrikaanse Nasionale Galery in die Tuine. Dit was ‘n vreugdevolle geleentheid met sprekers, aanbieders en organiseerders wat duidelik ons kinders se beste belange koester. Die ander leerders wat ons skool verteenwoordig is: Gr.1: Olivia Alston “Waarom volstruis se nek so lank is” Gr.2: Daniella Boshoff “Hasie en die teerpop” Gr.3: Neil Heyns “Duimpie en die krimispoeding” Gr.5: Katie Heyns “Die Vlieënde Hollander” Gr.6: Kianna-Gro Liversage “Die storie van Wolraad Woltemade” Die uitstalling is oop vir die publiek van Maandag tot Vrydag, 09:00 tot 16:00 en eindig 30 September. Toegang is gratis. Gaan kyk gerus! Die provinsiale uitstalling vind vanaf vroeg Oktober by die Zeitz Mocaa in die Waterfront plaas. Verdere inligting sal...

Belangrike konsertreëlings

Skooltye: Tydens die week van die skoolkonsert sal die skool smiddae vroeër verdaag. Gr.1 - 3 om 13:00 Gr.4 - 7 om 13:15 Bus vertrek om 13:20. Konserttye: Leerders moet asb. betyds opdaag voor die konsert en by hul registerklasse aanmeld. Hulle sal dan gegrimeer word en tyd hê om aan te trek. Hier volg die tye: Maandag Gr.1 - 3: 16:45 vir 17:00 Gr.4 - 7: 17:00 vir 17:15 Die konsert begin stiptelik om 18:00 Dinsdag - Vrydag Gr.1 - 3: 17:45 vir 18:00 Gr.4 - 7: 18:00 vir 18:15 Die konsert begin stiptelik om 19:00 Die konsert behoort nie langer as 2 ure te duur nie. Ouers wat nie die konsert bywoon nie, moet asb. seker maak dat hulle reeds vir leerders wag wanneer die konsert klaarmaak. Leerders moet by hulle registerklasse gehaal en uitgeteken word. Almal moet bly tot die einde van die konsert vir die Grand Finale. Buitemuurse aktiwiteite: Leerders moet asb. so ver moontlik smiddae probeer rus aangesien dit 'n lang en uitputtende week vir hulle raak. Daar sal geen buitemuurse skoolsport aangebied word nie en daar sal nie huiswerk gegee word nie. Ons fokus hierdie week spesifiek op die konsert. Etes: Die bestellings vir etes wat deur die Karri-toepassing uitgegaan het, is vir kinders en volwassenes. Die etes sal teen 17:00 elke middag gereed wees om afgehaal te word. Die kinders se etes sal by 'n snoepie voor die nasorgsentrum en die volwassenes s'n vanuit die teaterkafee bedien...

Gr.7’s met omgee-harte

Tydens hul entrepreneursdag het Markus Smit, Sofia Goosen en Charise Grobbelaar insiatief geneem om fondse in te samel vir twee organisasies, naamlik CANSA (R1866 ingesamel) en FALLEN ANGELS (R1100 ingesamel). Baie dankie vir amal se ondersteuning en bydrae!

Wow-spelkompetisie

Jana Brink (Gr.6) en Katryn Silvis (Gr.1) neem eerskomende Saterdag aan die provinsiale rondte van die Wow-spelkompetisie by die Universiteit van Stellenbosch deel. Ons hou al ons duime vas, Jana en Katryn!

Wes-Kaap Top skole skaakbyeenkoms 30 Aug – 2 Sep

Jan van Riebeeck het vir die eerste keer in vele jare gekwalifiseer en deelgeneem aan die jaarlikse Top Skole skaaktoernooi. Dit het hierdie jaar in Ceres plaasgevind en Ceres Sekondêre skool het as gasheer opgetree. Die kompetisie plaas die Wes-Kaap se top skole teen mekaar. Op laerskoolvlak is daar 'n O/9, O/11 en O/13 kategorie en in elke ouderdomsgroep is daar 'n gemengde (seuns en meisies) en 'n dogters (net meisies) kategorie. Ons span het aan die O/13 gemengde afdeling deelgeneem. Dis die taaiste kompetisie. Die span het bestaan uit Jan Karsten, Bernard Lombaard, Liezel Snijders, Carla Snijders, Daniel Wasserman en Emma Snijders. Baie dankie aan Lucia de Jager en Kees Snijders wat die span vergesel het en opgetree het as spanbestuurders. Die kompetisie was straf, maar ons span het heel goed gevaar. Ons het 5 rondtes gespeel, 1 gewen, 2 gelykop gespeel en 2 verloor. Ons het algeheel 9de geëindig uit 14 skole. Ons is baie trots op ons...

Musiek

Baie geluk aan Neena Lonte wat 'n silwer medalje by die Eisteddfod verower het vir klavier 12 jaar en onder. Ons is baie trots op haar!

Netbalwedstryde teen Parklands, 19 Augustus

Op Maandag, 19 Augustus, het van ons netbalspanne hul laaste wedstryde vir die seisoen teen Parklands gespeel. Die uitslae is soos volg: O/9 A wen 13-0; O/9 B wen 18-0 O/10 A wen O/11 A wen 21-1; O/11 B wen 12-1 O/12 A verloor 2-11; O/12 B 2-5 O/13 A wen 20-9; O/13 B wen...

Ellerton entrepreneursdag

Die entrepreneursdag deur Ellerton Primary, wat by Laerskool Jan van Riebeeck gehou word, was weereens 'n groot sukses. Dit was die derde keer wat hierdie entrepreneursdag by ons skool gehou word. Baie dankie vir almal se ondersteuning!

Belangrike Datums

augustus 2026

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor