Tema: STORIES
Baie geluk aan Milla Joubert (Gr.4) wie se kunswerk “Die storie van Van Hunks” gekies is as een van slegs sestien wenners uit die Metro-Sentraal distrik. Kliek HIER om nog leerders van ons skool se kunswerke te sien.

Dit is die derde jaar dat hierdie wonderlike inisiatief plaasvind. Daar word jaarliks op ‘n tema besluit en alle leerders tussen Gr.R en Gr.9 word aangemoedig om kunswerke te maak. Slegs een werk per graad, per skool, mag ingeskryf word in ons distrik. Sestien wen-kunswerke word dan gekies om die distrik te verteenwoordig tydens ‘n provinsiale uitstalling.

Die distrik-uitstalling is geopen op 4 September by die Anneks van Iziko Suid-Afrikaanse Nasionale Galery in die Tuine. Dit was ‘n vreugdevolle geleentheid met sprekers, aanbieders en organiseerders wat duidelik ons kinders se beste belange koester.
Die ander leerders wat ons skool verteenwoordig is:

Gr.1: Olivia Alston “Waarom volstruis se nek so lank is”
Gr.2: Daniella Boshoff “Hasie en die teerpop”
Gr.3: Neil Heyns “Duimpie en die krimispoeding”
Gr.5: Katie Heyns “Die Vlieënde Hollander”
Gr.6: Kianna-Gro Liversage “Die storie van Wolraad Woltemade”

Die uitstalling is oop vir die publiek van Maandag tot Vrydag, 09:00 tot 16:00 en eindig 30 September. Toegang is gratis. Gaan kyk gerus! Die provinsiale uitstalling vind vanaf vroeg Oktober by die Zeitz Mocaa in die Waterfront plaas. Verdere inligting sal volg.