Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 6 September 2019 Loslitdag (Tema: “Time to Shine”)

Vrydag, 6 September 2019 Tennis: O/11 Paarl Boys Toernooi, WEG

Saterdag, 7 September 2019 Wow Spelkompetisie – Provinsiale kompetisie

Saterdag, 7 September 2019 Tennis: O/11 Paarl Boys Toernooi, WEG

Sondag, 8 September 2019 Dolinda Mfulo (Nasorg) verjaar

Maandag, 9 September 2019 Konsert 18:00

Maandag, 9 September 2019 Skool sluit om 13:00 (Gr.1-3) en 13:15 (Gr.4-7) tot Vrydag

Dinsdag, 10 September 2019 Konsert 19:00 (tot Vrydag)

Donderdag, 12 September 2019 Trix van der Vyver (Juffrou) verjaar

Saterdag, 14 September 2019 Tweekamp: Liga 1 (WEG) (Stellenberg H/S)

Donderdag, 19 September 2019 Marli Klynsmith (Juffrou) verjaar

Donderdag, 19 September 2019 Gratis Sivvies

Donderdag, 19 September 2019 Markdag vanaf 11:45 – 12:30

Donderdag, 19 September 2019 Skool sluit om 12:45 (Gr.1-3), 13:00 (Gr.4-7)

Vrydag, 20 September 2019 Heidre Ehlers (Juffrou) verjaar

Vrydag, 20 September 2019 Bokkie-dag Sivvies

Vrydag, 20 September 2019 Skool sluit

Dinsdag, 24 September 2019 Erfenisdag

Vrydag, 27 September 2019 Lucia de Jager (Juffrou) verjaar

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

1. Voorste hek (Kloofstraat)

– Philip, asook ‘n eksterne veiligheidswag, sal die voorste hek beman wat slegs vir voetgangers beskikbaar sal wees.

– Elkeen wat die voetgangershek gebruik, moet bewys van ‘n kaartjie lewer óf in besit van ‘n bandjie wees wat aan elke leerder uitgedeel sal word om vir hulle ouers te gee.

– Onderwysers wat aan die voorkant van die nasorg (onder die skadunette) parkeer, moet asseblief agter parkeer.

– Daar sal kos op hierdie parkeerarea verkoop word. Sodra die konsert begin, word geen kos op hierdie gebied verkoop nie. Die ruimte sal dan stil en skoon wees sodat gemaklike vloei vir die deelnemers verseker word.

2. Agterste hek (Nuwe Kerkstraat)

– Daar sal by die agterste parkering vier wagte aan diens wees.

– Matthew en ‘n eksterne veiligheidswag sal die agterste hek beman.

– Twee wagte sal die aflaai-en-ry-sone beman. Indien enige iemand in hierdie area parkeer, sal daar foto’s geneem word en hulle sal aangepraat word.

– Elkeen wat die hek binnekom, moet bewys van ‘n kaartjie lewer of in besit van ‘n bandjie wees wat aan elke leerder uitgedeel sal word om vir hulle ouers te gee.

3. Afhaal van leerders by hul klaskamer

– Na afloop van die konsert moet elke ouer of voog self hul kind in die bepaalde klaskamer kom afhaal en uitteken.

– Onderwysers sal elke aand ‘n register byderhand hou om geteken te word.

– Ongelukkig sal geen kind sonder ‘n volwassene teenwoordig die klas mag verlaat nie.

– Leerders moet betyds gehaal word.

ONS IS ALMAL VIR ONS LEERDERS SE VEILIGHEID VERANTWOORDELIK!

---

NUUTSTE NUUS

Skooltye:

Tydens die week van die skoolkonsert sal die skool smiddae vroeër verdaag.

Gr.1 – 3 om 13:00

Gr.4 – 7 om 13:15

Bus vertrek om 13:20.

Konserttye:

Leerders moet asb. betyds opdaag voor die konsert en by hul registerklasse aanmeld. Hulle sal dan gegrimeer word en tyd hê om aan te trek. Hier volg die tye:



Maandag

Gr.1 – 3: 16:45 vir 17:00

Gr.4 – 7: 17:00 vir 17:15

Die konsert begin stiptelik om 18:00

Dinsdag – Vrydag

Gr.1 – 3: 17:45 vir 18:00

Gr.4 – 7: 18:00 vir 18:15

Die konsert begin stiptelik om 19:00

Die konsert behoort nie langer as 2 ure te duur nie. Ouers wat nie die konsert bywoon nie, moet asb. seker maak dat hulle reeds vir leerders wag wanneer die konsert klaarmaak. Leerders moet by hulle registerklasse gehaal en uitgeteken word. Almal moet bly tot die einde van die konsert vir die Grand Finale.

Buitemuurse aktiwiteite:

Leerders moet asb. so ver moontlik smiddae probeer rus aangesien dit ‘n lang en uitputtende week vir hulle raak. Daar sal geen buitemuurse skoolsport aangebied word nie en daar sal nie huiswerk gegee word nie. Ons fokus hierdie week spesifiek op die konsert.

Etes:

Die bestellings vir etes wat deur die Karri-toepassing uitgegaan het, is vir kinders en volwassenes. Die etes sal teen 17:00 elke middag gereed wees om afgehaal te word. Die kinders se etes sal by ‘n snoepie voor die nasorgsentrum en die volwassenes s’n vanuit die teaterkafee bedien word.

Jana Brink (Gr.6) en Katryn Silvis (Gr.1) neem eerskomende Saterdag aan die provinsiale rondte van die Wow-spelkompetisie by die Universiteit van Stellenbosch deel. Ons hou al ons duime vas, Jana en Katryn!

Donderdag, 12 September, neem 12 van ons Gr.7-leerders deel aan die Melkbos-Wiskundekompetisie. Tussen al die assesserings en konsertoefening het hierdie leerders ook oggendklasse geloop ter voorbereiding. Hierdie leerders gaan ongelukkig Donderdag die konsert mis. ‘n Spesiale woord van dank aan mnr. Hanekom wat alreeds vroeg in Julie met die leerders begin werk en voorberei het.

Die leerders wat ons skool gaan verteenwoordig is:

Zazzie Henderson, Owen van der Linde, Bernard Lombaard, Liezel Snijders, Alexander Newton, Thornley Webber, Layla Erasmus, Jacomien van der Westhuizen, Dawid Adler, Mari Swanepoel, Anna van Biljon en Peet Karsten.

Ons wens vir hierdie leerders alle sterkte toe!

Vir die eerste keer vandat die SAMF/AMESA-Wiskundekompetisie aangebied word, is daar ‘n finale rondte. Met meer as ‘n 1 000 skole en meer as 100 000 leerders wat aan die kompetisie deelgeneem het, is 431 Gr.4-7 leerders landwyd uitgenooi na die finale rondte. Ons het 5 leerders wat uitgenooi is. ‘n Merkwaardige prestasie.

Gr.4: Petrus Bosman

Gr.5: Fredrich Erasmus en Jan Karsten

Gr.7: Thornley Webber en Peet Karsten

Hierdie 5 leerders skryf die finale rondte, 12 September by Hoërskool Durbanville. Ons wens vir elkeen van hulle alle sterkte toe en wel gedaan met hierdie pragtige prestasie!

---

VERDERE NUUS

ALGEMEEN

Baie geluk aan ons Jannie van die week, Eddie Quixley in Graad 3S. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio.

Die eerste week in September is boomplantweek in Suid-Afrika. Om bome te plant, is een van die beste dinge wat ons kan doen om die planeet gesond te maak. Plant vandag ‘n boom, of twee, of 350 miljoen, soos wat die mense van Ethopië onlangs gedoen het! Dit is die meeste bome wat nog ooit in ‘n dag geplant is. Die vorige rekord is gehou deur Indië wat 66 miljoen bome in een dag geplant het. As almal bome plant, kan dit help om klimaatsverandering te bestry.

Die entrepreneursdag deur Ellerton Primary, wat by Laerskool Jan van Riebeeck gehou word, was weereens ‘n groot sukses. Dit was die derde keer wat hierdie entrepreneursdag by ons skool gehou word. Baie dankie vir almal se ondersteuning!

Tydens hul entrepreneursdag het Markus Smit, Sofia Goosen en Charise Grobbelaar insiatief geneem om fondse in te samel vir twee organisasies, naamlik CANSA (R1866 ingesamel) en FALLEN ANGELS (R1100 ingesamel).

Baie dankie vir amal se ondersteuning en bydrae!

AKADEMIE

isiXhosa: week 18

Vanjaar mik ons dat alle Jannies (en ouers wat wil) 100 isiXhosa woorde leer! Kliek HIER om die vorige weke se woorde te sien. Hier is hierdie week se woorde:

Hierdie week het die Woord van die week 2 definisies én 2 wenners. Luister mooi!

koester

Definisie 1: in jou binneste lewendig hou en laat groei

Sin: Ek koester al die herinneringe van my ouma in my hart.

Definisie 2: verwarm

Sin: Ek koester my in die winterson wat by my kamervenster inskyn.

Wenners:

Ella le Roux (Gr.6dJ) & Jana Brink (Gr.6dJ)

---

KULTUUR

Baie geluk aan Neena Lonte wat ‘n silwer medalje by die Eisteddfod verower het vir klavier 12 jaar en onder. Ons is baie trots op haar!

Tema: STORIES

Baie geluk aan Milla Joubert (Gr.4) wie se kunswerk “Die storie van Van Hunks” gekies is as een van slegs sestien wenners uit die Metro-Sentraal distrik. Kliek HIER om nog leerders van ons skool se kunswerke te sien.

Dit is die derde jaar dat hierdie wonderlike inisiatief plaasvind. Daar word jaarliks op ‘n tema besluit en alle leerders tussen Gr.R en Gr.9 word aangemoedig om kunswerke te maak. Slegs een werk per graad, per skool, mag ingeskryf word in ons distrik. Sestien wen-kunswerke word dan gekies om die distrik te verteenwoordig tydens ‘n provinsiale uitstalling.

Die distrik-uitstalling is geopen op 4 September by die Anneks van Iziko Suid-Afrikaanse Nasionale Galery in die Tuine. Dit was ‘n vreugdevolle geleentheid met sprekers, aanbieders en organiseerders wat duidelik ons kinders se beste belange koester.

Die ander leerders wat ons skool verteenwoordig is:

Gr.1: Olivia Alston “Waarom volstruis se nek so lank is”

Gr.2: Daniella Boshoff “Hasie en die teerpop”

Gr.3: Neil Heyns “Duimpie en die krimispoeding”

Gr.5: Katie Heyns “Die Vlieënde Hollander”

Gr.6: Kianna-Gro Liversage “Die storie van Wolraad Woltemade”

Die uitstalling is oop vir die publiek van Maandag tot Vrydag, 09:00 tot 16:00 en eindig 30 September. Toegang is gratis. Gaan kyk gerus! Die provinsiale uitstalling vind vanaf vroeg Oktober by die Zeitz Mocaa in die Waterfront plaas. Verdere inligting sal volg.

SPORT

Op Maandag, 19 Augustus, het van ons netbalspanne hul laaste wedstryde vir die seisoen teen Parklands gespeel.

Die uitslae is soos volg:

O/9 A wen 13-0; O/9 B wen 18-0

O/10 A wen

O/11 A wen 21-1; O/11 B wen 12-1

O/12 A verloor 2-11; O/12 B 2-5

O/13 A wen 20-9; O/13 B wen 7-0

Op Donderdag, 22 Augustus, het ons O/13 gemengde span (Jan Karsten, Bernard Lombaard en Carla Snijders) teen Forres (weg) gespeel en gewen. Die O/11 gemengde span (Emma Snijders, Melandi du Plooy, Carter Schoeman en Ben Schoeman) het Vrydag, 23 Augustus (tuis) teen Forres gespeel en ongelukkig verloor.

Jan van Riebeeck het vir die eerste keer in vele jare gekwalifiseer en deelgeneem aan die jaarlikse Top Skole skaaktoernooi. Dit het hierdie jaar in Ceres plaasgevind en Ceres Sekondêre skool het as gasheer opgetree. Die kompetisie plaas die Wes-Kaap se top skole teen mekaar. Op laerskoolvlak is daar ‘n O/9, O/11 en O/13 kategorie en in elke ouderdomsgroep is daar ‘n gemengde (seuns en meisies) en ‘n dogters (net meisies) kategorie.

Ons span het aan die O/13 gemengde afdeling deelgeneem. Dis die taaiste kompetisie. Die span het bestaan uit Jan Karsten, Bernard Lombaard, Liezel Snijders, Carla Snijders, Daniel Wasserman en Emma Snijders. Baie dankie aan Lucia de Jager en Kees Snijders wat die span vergesel het en opgetree het as spanbestuurders. Die kompetisie was straf, maar ons span het heel goed gevaar. Ons het 5 rondtes gespeel, 1 gewen, 2 gelykop gespeel en 2 verloor. Ons het algeheel 9de geëindig uit 14 skole. Ons is baie trots op ons span!

Op Vrydag, 23 Augustus, het vier van ons leerders, Peet en Jan Karsten en Liezel en Carla Snijders, by Klein Boishaai skool in die Paarl aan hul jaarlikse skaaktoernooi deelgeneem en net-net in die laaste ronde teen Welgemoed verloor en tweede geëindig. Baie geluk julle!

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

“I think probably kindness is my number one attribute in a human being. I’ll put it before any of the things like courage or bravery or generosity or anything else.”

– Roald Dahl


Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209