Skooltye:
Tydens die week van die skoolkonsert sal die skool smiddae vroeër verdaag.
Gr.1 – 3 om 13:00
Gr.4 – 7 om 13:15
Bus vertrek om 13:20.

Konserttye:
Leerders moet asb. betyds opdaag voor die konsert en by hul registerklasse aanmeld. Hulle sal dan gegrimeer word en tyd hê om aan te trek. Hier volg die tye:

Maandag
Gr.1 – 3: 16:45 vir 17:00
Gr.4 – 7: 17:00 vir 17:15
Die konsert begin stiptelik om 18:00

Dinsdag – Vrydag
Gr.1 – 3: 17:45 vir 18:00
Gr.4 – 7: 18:00 vir 18:15
Die konsert begin stiptelik om 19:00

Die konsert behoort nie langer as 2 ure te duur nie. Ouers wat nie die konsert bywoon nie, moet asb. seker maak dat hulle reeds vir leerders wag wanneer die konsert klaarmaak. Leerders moet by hulle registerklasse gehaal en uitgeteken word. Almal moet bly tot die einde van die konsert vir die Grand Finale.

Buitemuurse aktiwiteite:
Leerders moet asb. so ver moontlik smiddae probeer rus aangesien dit ‘n lang en uitputtende week vir hulle raak. Daar sal geen buitemuurse skoolsport aangebied word nie en daar sal nie huiswerk gegee word nie. Ons fokus hierdie week spesifiek op die konsert.

Etes:
Die bestellings vir etes wat deur die Karri-toepassing uitgegaan het, is vir kinders en volwassenes. Die etes sal teen 17:00 elke middag gereed wees om afgehaal te word. Die kinders se etes sal by ‘n snoepie voor die nasorgsentrum en die volwassenes s’n vanuit die teaterkafee bedien word.