Santa Shoebox-projek
Die inhandigingsdatum vir ons jaarlikse Santa Shoebox-projek is om die draai en ons het nog heelwat boksies wat dringend liefde benodig. Ons poog om hierdie jaar 'n 100 boksies propvol liefde en omgee aan behoeftige leerders te oorhandig. Word asseblief deel van die wonderlike projek deur op die advertensie hieronder te kliek en besluit watter items jy wil bydra. Kom ons vat hande en maak 'n verskil, Jannies! Inhandigingsdatum - 28 Oktober...
Jannies vier Tuindag!
Om 'n tuin te hê, is 'n wonderlike plesier. Dit bevorder vriendskappe en verlaag stres. Ons Jannies wil graag hierdie jaar deel in die pret! Op Vrydag, 18 Oktober 2019, kan die leerders sivvies aantrek teen R10 per leerder. Die gelde is betaalbaar op die Karri-toep en al die fondse word geskenk aan die Jan Kriel skool. Hierdie skool het 560 leerders met spesiale behoeftes en het die fondse dringend nodig. Die leerders word ook aangemoedig om blommekranse tuis te maak en Vrydag te kom spog met hul kreatiewe skeppings. Daar is heerlike pryse vir die mooiste krone asook vir die klas met die meeste...
Liewe Aarde
Baie geluk aan ons Jannie van die week, Hanna Giliomee in graad 3BS. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio. Sewe voordele van die veelsydige spekboom: 1. Spekbome is vetplante wat 4-10 ton koolstof per hektaar absorbeer. Dit werk amper soos 'n spons wat koolstof uit die atmosfeer opneem en in plantmateriaal omskakel. 2. Spekbome is inheems. 3. Spekbome is waterwys 4. Spekbome groei lekker in alle seisoene en klimate. 5. Spekbome groei maklik: breek ‘n takkie af, laat dit droog word en plant dit in die grond. 6. Spekbome is veelsydig: dit kan 'n grondbedekking, 'n heining, 'n bos of ‘n bonsai word. 7. Spekbome is eetbaar. Plant sommer vandag nog 'n paar spekbome! Lees gerus meer oor die...
American Ballet Performance Awards
Sat 19 OKT 2019 by JvR Laerskool saal @ 15:00 R40 vir volwassenes R20 kinders Kom ondersteun ons dansers asb. en geniet die pragtige oorspronklike danse van Mignon Furman. Betty Blake (Royal Academy of Ballet eksaminatrise) is ons beoordelaar. Sy is ons Durban verteenwoordiger van American Performance Awards. Die volgende 21 dansers gaan deelneem aan die gewilde Ballet kompetisie. Sterkte en geniet! LEVEL 1 Cara Stoltz Sarah Roff Cara Nel Lulu Marais Amelie vd Walt Gabriella Buckenham Danielle Fourie Phia Fouche LEVEL 2 Daniella Boshoff Isabella Marais Emily Roff Lukas Goosen LEVEL3 Lumarie Fourie Lida-Mari Bosman Karlien vd Walt Kerala Allewell LEVEL 5 Marianne Nel Jeanette Groenewald LEVEL 6 Arwen Weich Jana Brink LEVEL 7 Mia...
Nuusbrief van 11 Oktober 2019
Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Saterdag, 12 Oktober 2019 Elana Jacobs (Snoepie) verjaar Saterdag, 12 Oktober 2019 Groote Kerk Kermis Saterdag, 12 Oktober 2019 Tweekamp: Liga 2 (WEG) Maandag, 14 Oktober 2019 Beheerraadvergadering 17:30 Maandag, 14 Oktober 2019 Gr.7K Geskiedenis-uitstappie Dinsdag, 15 Oktober 2019 Krieket: O/9 A & B wedstryde vs. Llundudno(WEG) (Green Point Cricket Club, 111, Vlei Rd, Green Point) Woensdag, 16 Oktober 2019 Ek, Ons, Wêreld Gr.6 Woensdag, 16 Oktober 2019 Krieket: O/11 liga vs. Kronendal (TUIS) (Conradieveld) Woensdag, 16 Oktober 2019 Tenniswedstryde (TUIS & WEG) Donderdag, 17 Oktober 2019 Ek, Ons, Wêreld Gr.7 Vrydag, 18 Oktober 2019 Atletiek: Bredasdorp Top 10 Vrydag, 18 Oktober 2019 Toets: Gr.5 & 7 Afrikaans Vrydag, 18 Oktober 2019 Toets: Gr.4 & 6 Engels Saterdag, 19 Oktober 2019 Wow Spelkompetisie - Nasionale kompetisie Saterdag, 19 Oktober 2019 KRIEKET: O/13 Fanie Theron "Six-a-side" Toernooi, WEG (Fanie Theron Primary School, Krige St & Bosman St, Kraaifontein) Maandag, 21 Oktober 2019 Gr.7H Geskiedenis-uitstappie Dinsdag, 22 Oktober 2019 Gr.1 uitstappie - Planetarium Dinsdag, 22 Oktober 2019 isiXhosa kompetisie: wenners-uitstappie Woensdag, 23 Oktober 2019 Fotodag - Sportfoto's Woensdag, 23 Oktober 2019 Tenniswedstryde (TUIS & WEG) Woensdag, 23 Oktober 2019 Krieket: O/11 liga vs. Reddam House ASB (WEG) (Green Point Cricket club) Donderdag, 24 Oktober 2019 Krieket: O/13 liga vs. Kronendal (WEG) Vrydag, 25 Oktober 2019 Skrywersbesoek: Jeremy Daniel Gr.3-6 Vrydag, 25 Oktober 2019 Toets: Gr.4 - 7 Wiskunde Vrydag, 25 Oktober 2019 Ouer- en kindkamp Vrydag, 25 Oktober 2019 Netbal: O/12 kliniek Vrydag, 25 Oktober 2019 Sivvies >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Hoofseun en -dogter Baie...
Swemgroepe vir kwartaal 4 (nommer 2)
Ons het reeds in kwartaal 3 met die inskrywings vir die swemoefeninge begin en ouers het geleentheid gehad tot Vrydag, 4 Oktober, om 10:00 om hul kind(ers) in te skryf op die Google Sheet. Die dokument is daarna gesluit en veranderinge is slegs op versoek gemaak. Die skoolbeleid is dat leerders een lengte, sonder enige ondersteuning, moet kan swem om die sessies by te woon. Daar is egter 'n paar leerders wat meer ondersteuning nodig het as die meerderheid van die groep. In samewerking met die swemafrigters, het ons die afgelope week gebruik om leerders te identifiseer wat meer ondersteuning nodig het. Ons gaan vir hulle 'n aparte sessie reël. Hul ouers sal direk gekontak word. Leerders in hierdie groep sal weer terug geskuif word na die ander groepe sodra ons voel hulle sal kan byhou. Kliek op die skakels om die swemgroepe te sien: Graad 1 (Nommer 2) Graad 2 & 3 (Nommer 2) Graad 4 - 7 (Nommer 2) Die name op die waglys is leerders wie se ouers nie hul kind(ers) se deelname betyds bevestig nie. Die volgende simbole verskyn langs sommige leerders se name: Een * = Leerder neem op een ander dag ook deel Twee * = Neem op twee ander dae deel. Op die dae wat reeds baie vol is, gaan leerders wat meer as een swemsessie bywoon, dalk moet wegval....
Buitemuurse foto’s – 23 Oktober
Woensdag, 23 Oktober, neem ons die jaarlikse buitemuurse foto's. Om dit vir almal betrokke makliker te maak, gaan ons hieronder 'n lys plaas van wat leerders moet aantrek vir die onderskeie foto's: KRIEKET (O/7 -O/8): Wit LO hemp, navy blou kortbroek, grys sokkies en tekkies KRIEKET (O/9 -O/11): Oranje hemp, navy blou kortbroek, lang blou kouse met oranje streep en tekkies KRIEKET (O/13): Wit langbroek, grys sokkies, tekkies en hemp ontvang by afrigter TENNIS: Wit LO hemp, navy kortbroek (seuns) / rompie (meisies), wit sokkies en tekkies SWEM: Wit LO hemp en navy kortbroek ATLETIEK: Wit LO hemp en navy kortbroek LANDLOOP: Wit LO hemp en navy kortbroek TWEEKAMP: Blou atletiekhempie en navy kortbroek RUGBY: Navy kortbroek en rugbytrui (ontvang by afrigter) NETBAL (O/7 - O/12): Navy rompie, oranje wedstrydhempie, wit sokkies en tekkies NETBAL (O/13): Netbalrokkie, wit sokkies en tekkies HOKKIE (Dogters): Navy rompie, oranje wedstrydhempie, en tekkies HOKKIE (Seuns): Wit LO hemp, navy kortbroek en lang blou kouse met oranje streep PROVINSIALE KLEURE: Trek die sweetpak of uniform aan van die sport waarvoor provinsiale kleure ontvang is. SKAAK: Winter skooldrag MUSIEKLEERDERS: Winter skooldrag EISTEDDFOD MEDALJE WENNERS: Winter skooldrag GR.7: Winter skooldrag met graad 7 trui WISKUNDE MELKBOSSPAN: Winter skooldrag Die OOV, beheerliggaam, moderne danse (juf. Barbie) en dramafoto's sal ook geneem...
Ouer- en kindkamp
Ons is baie opgewonde oor hierdie jaar se ouer- en kindkamp. Maak reg vir 'n aand vol pret en sommer net lekker saam kuier en braai. Kaartjies sal van volgende week af op die Karri toep beskikbaar wees. Kaartjie verkope sluit 23 Oktober 2019. Maak seker jy bespreek jou plek vroegtydig. Datum: 25 Oktober 2019 Plek: Conradieveld Koste: R80 per persoon Tyd: 18:30 vir 19:00 Ons sien uit om julle daar te...
WKOD provinsiale kunsuitstalling
Die opening van die WKOD se provinsiale kunsuitstalling het Saterdag, 5 Oktober by die Zeitz Mocaa plaasgevind. Milla Joubert met haar kunswerk “Die storie van Van Hunks”, het ons skool verteenwoordig. Die wenners van die onderskeie distrikte se werk is te sien in die opvoedkundige gedeelte van die museum. Watter ongelooflike voorreg om werk uit te stal in hierdie indrukwekkende venue en boonop tydens William Kentridge se 40 jaar retrospektiewe uitstalling!Baie geluk Milla,ons is baie trots op...
Peet Karsten gekies vir O/14 Sone span
Baie geluk aan Peet Karsten wat vir die O/14 Distrik span gekies is. Hy beklee die nommer 1 posisie op die rang. Hulle neem die naweek van 18-20 Oktober aan die Inter-Sone toernooi teen spelers vanuit die ander Sones deel. Na hierdie toernooi sal van die spelers na die CT (WP) tennisproewe genooi word. Baie geluk en sterkte vir die volgende rondes,...
Tenniswedstryde van 9 Oktober
Ons tennis by die skool gaan van krag tot krag en ons het 4 spanne gehad wat Woensdag, 9 Oktober, die seisoen afgeskop het met wedstryde. Drie van die wedstryde was vir die liga en 1 was vriendskaplik. Die liga-uitslae is soos volg: Dogters A [Leila Lonte, Mia Symington, Heloise Strauss en Katrien Stimie] vs. Eversdal C wen 5-1 Gemengde A [Danny Newton, Neena Lonte, Daniel van Reenen en Chiara Roodt] vs. CBC St John's verloor 4-2 Gemengde B [Sebastian Maree, Luca Zulch, Stella Lamprech en Christian Boshoff] vs. Sunningdale gelyk 3-3 Die vriendskaplike wedstryd se uitslae: Gemengde C [Sebastian Boshoff, Darren Cloete, Mieke Hertzog en Sofia Newton] vs. Parow Noord wen...
Gr.4-7 Skryfbehoeftes 2020
Kliek op die skakels om te sien watter skryfbehoeftes jy moet aankoop vir jou kinders vir 2020: Graad 4 Skryfbehoeftelys Graad 5 Skryfbehoeftelys Graad 6 Skryfbehoeftelys Graad 7 Skryfbehoeftelys
Bosman-broers verwerf Wes-Kaap kleure vir Individuele Skaak
Baie geluk aan Petrus en Louis Bosman wat hul Wes-Kaap kleure vir skaak ontvang het nadat hulle aan die Suid-Afrikaanse Skole Skaak Individuele Kampioenskappe in Kimberley van 17 tot 21 Julie deelgeneem het. Ons is baie trots op julle!
Skryfkompetisie
Die graad viers het onlangs aan 'n skryfkompetisie deelgeneem wat deur die WKOD geloods is. Die volgende leerlinge was die wenners by ons skool: Simon van Dyk Petrus Bosman Susan Burger Mia Janse van Rensburg In die volgende fase gaan hierdie leerders hulle stories lees en hulle eie stemme gaan gebruik word in 'n animasie-reeks. Ons wil hierdie leerlinge baie hartlik gelukwens.Ons is baie trots op...
Liewe Aarde
Baie geluk aan ons Jannies van die week, Taniel Webber in Graad 5JVR en Thornley Webber in Graad 7H. Dankie dat julle so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio. Die algehele wen-klas van die Rommelresies op 18 September was nie net blitsig nie, maar ook baie akkuraat in hoe hulle herwin het. Hulle het goed as 'n span saamgewerk en het heeltemal op hul eie gewerk, sonder enige hulp van die onderwysers. Die wenklas is Graad 4VDV. Hulle wen elkeen 'n eko-vriendelike bamboes-strooitjie wat herbruikbaar is. Baie...
Belangrike Datums
augustus 2026