Ons het reeds in kwartaal 3 met die inskrywings vir die swemoefeninge begin en ouers het geleentheid gehad tot Vrydag, 4 Oktober, om 10:00 om hul kind(ers) in te skryf op die Google Sheet. Die dokument is daarna gesluit en veranderinge is slegs op versoek gemaak.

Die skoolbeleid is dat leerders een lengte, sonder enige ondersteuning, moet kan swem om die sessies by te woon. Daar is egter ‘n paar leerders wat meer ondersteuning nodig het as die meerderheid van die groep. In samewerking met die swemafrigters, het ons die afgelope week gebruik om leerders te identifiseer wat meer ondersteuning nodig het. Ons gaan vir hulle ‘n aparte sessie reël. Hul ouers sal direk gekontak word. Leerders in hierdie groep sal weer terug geskuif word na die ander groepe sodra ons voel hulle sal kan byhou.

Kliek op die skakels om die swemgroepe te sien:
Graad 1 (Nommer 2)
Graad 2 & 3 (Nommer 2)
Graad 4 – 7 (Nommer 2)

Die name op die waglys is leerders wie se ouers nie hul kind(ers) se deelname betyds bevestig nie.
Die volgende simbole verskyn langs sommige leerders se name:
Een * = Leerder neem op een ander dag ook deel
Twee * = Neem op twee ander dae deel.
Op die dae wat reeds baie vol is, gaan leerders wat meer as een swemsessie bywoon, dalk moet wegval.