Musiekkonserte

Onthou die 2 musiekkonserte volgende Vrydag 13 Maart: Om 08:30 speel die Gr.2's (en moontlik van die Gr.1's). Om 10:30 speel die Gr.3's. Alle belangstellendes is welkom om dit by te woon.

Somersokkie, 6 Maart 2020

Die somersokkie is uiteindelik op ons! Ons sien uit na ‘n aand van heerlik dans en kuier saam met maats! Hier volg ‘n paar algemene reëlings om seker te maak dat die aand SEEPGLAD verloop. Strandreëls: 1. Ouers moet asb. die harde kopie uitnodigingskaartjie in hul motor hou as kinders afgelaai en opgelaai word. Dit help ons terreinpersoneel om kontrole te hou van wie in en uit die skool beweeg. 2. Ouers mag slegs gebruik maak van die hek in Nuwe Kerkstraat. Die ander hekke sal gesluit wees. 3. Hekke sal 19:00 toemaak en weer 21:10 oopgemaak word. 4. Na die aflaai van leerders, sal daar 'n geleentheid vir ouers wees om foto's te neem saam met leerders by die tennisbane. Geen ouer sal toegelaat word om voor of gedurende die sokkie in die saal te wees nie. 5. By aankoms ontvang leerders ‘n pynappelkoppie met ‘n gekleurde armbandjie. Hierdie armbandjie se kleur bepaal die tyd wat leerders hul pizza kan gaan haal en hul foto in die “photo booth” kan gaan neem. Leerders moet asb. nie die armbandjie verloor nie. Die verskillende tye sal in die saal aangekondig word. Die koppie moet ook mooi na gekyk word, sodat leerders heel aand water en ystee kan geniet. ‘n Spesiale dankie aan Stephanie le Roux, Emmy Scholtz en Riana Viljoen vir al hulle moeite en harde werk om hierdie jaar se somersokkie ‘n wonderlike ervaring vir die Jannies te...

Kaapse Afrikaanse Eisteddfod inskrywings sluit môre!

Die inskrywings vir die jaarlikse Afrikaanse Eisteddfod is al baie goed op dreef en die inskrywings sluit môre, 4 Maart, op die Karri-toep. Alle laat inskrywings moet direk aan die Kaapse Eisteddfod raad gerig word by kae@absamail.co.za. Daar is nog baie min besonderhede beskikbaar oor presies wanneer en waar die voordrag gaan plaasvind, maar sodra ons meer informasie ontvang, sal ons almal in kennis...

Help ons 4-voet vriende

As deel van ons 100 jaar feesvieringe by Laerskool Jan van Riebeeck, wil ons graag ons 4-voet vriende se harte gelukkig maak. Ons Jannies wil poog om 100 sakke hondekos vir Fallen Angels Diere Skuiling in te samel. Die sakke hondekos kan tot en met 11 Maart by juf. Schultz se klas ingegee word. Kom ons vat hande en maak 'n...

Jannies presteer by lewensredding kompetisie

‘n Paar van ons Jannies het die afgelope naweek, 29 Feb en 1 Maart ,vir die "Clifton lifesaving club" aan die WP lewensredding kampioenskappe in Houtbaai deelgeneem. Hulle het 2 baie lang en baie warm dae op Houtbaai se strand gehad, met watertemperature van rondom 12C! Hulle het almal aan verskeie items oor 2 dae deelgeneem . Hier is ‘n paar van hulle beste resultate: Bailey Thompson dogters O/9: 2de in Beach flags Adriaan Wessels seuns O/9: 2de in Long Beach run Scarlett van der Merwe dogters O/12: 2de in Long Beach run Alexander Benecke seuns O/12: 3de in Long Beach run en 2de in Taplin relay. Delmar Benecke seuns O/9: 3de in Long Beach run; 2de in Beach sprints; 2de in Beach sprints relay; 1ste in Run swim run Delmar Benecke ontvang ook die medalje vir "Best competitor of the competition" vir seuns O/9. Hulle almal gaan aan die SA lewensredding kompetisie in Port Elizabeth deelneem vanaf 18-20 Maart 2020. Hulle het absoluut hulle alles gegee vir 2 baie harde dae in die son. Baie geluk aan elke atleet, dis wonderlike...

Uitslae van beide swemgalas

Baie dankie aan almal wat ons Senior Gala, 14 Februarie en ons Junior Gala, 28 Februarie kom ondersteun het. Beide dae het baie goed verloop en ons is baie trots op almal. Ons het Dinsdag in die saal ons bekerwenners vir die Junior (O/10-O/11) en Seniorswemmers (O/12-O/13) aangekondig en sal dit ook op die webwerf deel.Baie geluk ook aan die Oranjespan wat vanjaar se wenner is ! Hier is die uitslae en nuwe rekords van die afgelope byeenkoms: REKORDS EN UITSLAE...

Tennisuitslae van 19 – 28 Februarie

Hier volg die uitslae van die twee onderskeie ligas vir die afgelope twee weke se wedstryde: Woensdag, 19 Februarie Seuns A [Jan Karsten, Fredrich Erasmus, Sebastian Maree en Dawid-Wiese Viljoen] vs. Kenridge C gelyk 3-3 Dogters A [Mia Symington, Katrien Stimie, Chiara Roodt en Luca Zulch] vs. Welgemoed B gelyk 3-3 Gemengde A [Klara Maree, Mieke Hertzog, Hein Muller en Jana Maree] vs. Blouberg Ridge wen 6-0 Gemengde B [Daniel Wasserman, Kian Eksteen, Stella Lamprecht en Sofia Newton] vs. Sunningdale wen 6-0 Seuns B [Andre Marais, Johan Symington, John Gillmer en Conrad Bezuidenhout] vs. Edgemead verloor 0-6 Woensdag, 26 Februarie Dogters A [Mia Symington, Luca Zulch, en Katrien Stimie] vs. Mikro A gelyk 3-3 Gemengde B [Daniel Wasserman, Stella Lamprecht, Alexander Rau en André Marais] vs. Parklands Sekondêr wen 6-0 Seuns B [Kian Saayman, Noah Blomerus, Johan Symington en John Gillmer] vs. Parow Noord wen 4-2 Vier van ons leerders het op Vrydag, 28 Februarie, aan Table View se jaarlikse Dubbels toernooi deelgeneem. Die byeenkoms het reeds om 14:15 begin en eers 19:00 klaargemaak. Ons spelers het goeie gees getoon deur die middag en van hulle het selfs na die toernooi by die klasbraai aangesluit. Seuns [Jan Karsten en Sebastian Maree] speel 7 wedstryde waarvan hulle 3 gewen het. Dogters [Mia Symington en Katrien Stimie] speel 5 wedstryde, hulle wen 2 van die...

Nege atlete verteenwoordig die Sentrale distrik by die WP Kampioenskappe

Baie geluk en sterkte aan nege van ons atlete wat deurgedring het tot die WP Atletiekbyeenkoms wat vandag in die Paarl by Dal Josafat Stadion plaasvind. Die atlete is Klara Steyn [O/10 Hoogspring], Sebastian Senekal [O/11 Gewigstoot], Johann Loubser [O/12 Diskus], Héloïse Strauss [O/12 Hoogspring], Danny Newton [150m Hekkies], Fredrich Erasmus [Spiesgooi], Nehemia Rosen [O/13 200m Hekkies], Lara-Lisa Senekal [O/13 Spiesgooi] en Scarlett van der Merwe [O/13 800m &...

Veiling 2020

30 veilinglotte 160 sitplekke Kunswerke deur Claudette Schreuders, Norman O’Flynn, Henk Serfontein, Barbara Wildenboer, Conrad Botes en meer. Ook etse, beeldhouwerk, juweliersware en ’n paar opwindende ervaringe, ideaal vir ’n groepsbod. Katalogus aanlyn beskikbaar vanaf 20 April. Bespreek...

Somersokkie, 6 Maart 2020

Die Somersokkie is om die draai en die Jannies is baie opgewonde vir hierdie jaar se eiland dans! Kaartjieverkope sluit Maandagaand om 22:00 op die Karri toep. Geen kaartjies sal na Maandag verkoop word nie weens pizza bestellings wat ingedien moet word. Kontant- kaartjies kan nog Maandag tydens skool in juffrou Wright se klas gekoop word. Ouers moet asb die formele uitnodiging by hulle hou as kinders afgelaai en weer opgetel word. Dit is sodat ons kontrole kan hou vir die kinders se veiligheid. Geen ouers sal toegelaat word op die terrein na 18:30 nie en kinders moet asb. weer stiptelik om 22:00 opgetel...

Trotse Jannie

Naam en van: Alexandria Cooper Graad: 6W Waar woon jy?: Delft Gunsteling vak: “Ek hou van Wiskunde, want ek is goed met syfers.” Ek is ‘n trotse Jannie, omdat … “ek deel kan wees van hierdie pragtige skool. Al die onderwysers is baie vriendelik. Ek het baie vining nuwe vriendinne gemaak en hulle is almal baie...

Liewe Aarde

Baie geluk aan ons Jannie van die week, Zara Winter in Graad 2J. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio.. Het julle geweet dat klein hoeveelhede medikasie in ons kraanwater kan wees. Watersuiweringsprosesse haal nie alle chemikalieë uit die water nie. Raak dus ontslae van ongebruikte medikasie op 'n verantwoordelike manier deur dit na jou naaste Clicks of Dischem apteek te neem (en nie by die drein af te gooi...

Belangrike Datums

augustus 2026

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor