Die Somersokkie is om die draai en die Jannies is baie opgewonde vir hierdie jaar se eiland dans!

Kaartjieverkope sluit Maandagaand om 22:00 op die Karri toep. Geen kaartjies sal na Maandag verkoop word nie weens pizza bestellings wat ingedien moet word. Kontant- kaartjies kan nog Maandag tydens skool in juffrou Wright se klas gekoop word.

Ouers moet asb die formele uitnodiging by hulle hou as kinders afgelaai en weer opgetel word. Dit is sodat ons kontrole kan hou vir die kinders se veiligheid. Geen ouers sal toegelaat word op die terrein na 18:30 nie en kinders moet asb. weer stiptelik om 22:00 opgetel word.