‘n Paar van ons Jannies het die afgelope naweek, 29 Feb en 1 Maart ,vir die “Clifton lifesaving club” aan die WP lewensredding kampioenskappe in Houtbaai deelgeneem. Hulle het 2 baie lang en baie warm dae op Houtbaai se strand gehad, met watertemperature van rondom 12C! Hulle het almal aan verskeie items oor 2 dae deelgeneem .
Hier is ‘n paar van hulle beste resultate:
Bailey Thompson dogters O/9: 2de in Beach flags
Adriaan Wessels seuns O/9: 2de in Long Beach run
Scarlett van der Merwe dogters O/12: 2de in Long Beach run
Alexander Benecke seuns O/12: 3de in Long Beach run en 2de in Taplin relay.
Delmar Benecke seuns O/9: 3de in Long Beach run; 2de in Beach sprints; 2de in Beach sprints relay; 1ste in Run swim run
Delmar Benecke ontvang ook die medalje vir “Best competitor of the competition” vir seuns O/9.
Hulle almal gaan aan die SA lewensredding kompetisie in Port Elizabeth deelneem vanaf 18-20 Maart 2020.
Hulle het absoluut hulle alles gegee vir 2 baie harde dae in die son. Baie geluk aan elke atleet, dis wonderlike prestasies!