As deel van ons 100 jaar feesvieringe by Laerskool Jan van Riebeeck, wil ons graag ons 4-voet vriende se harte gelukkig maak. Ons Jannies wil poog om 100 sakke hondekos vir Fallen Angels Diere Skuiling in te samel. Die sakke hondekos kan tot en met 11 Maart by juf. Schultz se klas ingegee word. Kom ons vat hande en maak ‘n verskil!