Die inskrywings vir die jaarlikse Afrikaanse Eisteddfod is al baie goed op dreef en die inskrywings sluit môre, 4 Maart, op die Karri-toep. Alle laat inskrywings moet direk aan die Kaapse Eisteddfod raad gerig word by kae@absamail.co.za. Daar is nog baie min besonderhede beskikbaar oor presies wanneer en waar die voordrag gaan plaasvind, maar sodra ons meer informasie ontvang, sal ons almal in kennis stel.