Versteekte teikenskiet talent tussen die Jannies
Elmie en Nina du Preez het Saterdag, 13 Maart, deelgeneem aan SendIT se .22LR ELR teikenskiet kompetisie. Elmie het 5de en Nina het 6de in hul groepe geëindig. Hulle moes oor 'n afstand van 75 m skiet. Elmie het 14 van die 30 skote raakgeskiet en Nina 6. Dit was vir beide dogters ongelooflik lekker en hulle kan nie wag vir die volgende kompetisie nie. Baie geluk Elmie en Nina! Dis 'n heerlike verrassing om te sien dat ons oor sulke talent in die skool...
Geagte Ouers / Voogde
Die Suid-Afrikaanse Skolewet, 84 van 1996, maak pertinent voorsieing vir demokratiese strukture asook vir ‘n demokratiese proses waardeur verteenwoordigers van alle belanghebbendes (ouers, opvoeders en nie-opvoeders) in skoolbeheerrade (BR) verkies word. Dus is skole tans landswyd hard aan die werk om die 2021 Beheerraadverkiesings vir die tydperk 2021 – 2024 af te handel. Die BR-verkiesing stel ouers in staat om ‘n sê te hê in wie in die beheerraad moet dien om belangrike strategiese besluite oor hul kinders se opvoeding te neem. Ons is in die bevoorregte posisie dat ons skool oor die jare vaardige, kundige en toegewyde beheerrade opgelewer het. Dus wil ek baie geluk sê en die volgende genomineerde ouerkandidate (alfabetiese volgorde), wat gisteraand om 19:00 deur ons verkiesingsbeampte, mnr. Chris Storey (Skoolhoof van LS Kampsbaai) tydens die benoemingsvergadering amptelik bekragtig is, asook hulle hartlik bedank vir hul bereidwilligheid om te staan as ‘n moontlike beheerraadslid: 1. Marie Cruywagen 2. Jan-Jurie Fourie 3. Jaco Greeff-Cronjé 4. Wilhelm Hertzog 5. Esri Marais (huidige BR-Lid vir regsake) 6. Henk Oosthuizen 7. Merwe Scholtz (huidige BR-Voorsitter) 8. Barry van Zyl 9. Izelle Venter (huidige BR-Ondervoorsitter) 10. Andries Viljoen 11. Danelle Welgemoed Ons BR-verkiesing vir die ouerkomponent geskied op Dinsdag, 30 Maart 2021, en vanaf volgende week sal julle as ouers die bogenoemde kandidate se verkorte CV’s vergesel met ‘n motivering waarom hul in die beheerraad wil dien, asook ‘n foto van elk ontvang. Die verkiesing van die opvoeders en nie-opvoeders het op Donderdag, 18 Maart 2021, geskied. Volgens die SA Skolewet kan opvoeders 2 kandidate verkies en die nie-opvoeders een. Dit is my voorreg om die volgende personeel wat in...
SAMI (SA Instituut vir Geheueontwikkeling)
Graad 4 – 7-leerders het die week dokumentasie vanaf bogenoemde instituut ontvang. Registrasie vir leerders is nie verpligtend nie. Ouers wat wel belangstel om hul kinders se lees-, memorisering-, luister- , aantekening- en eksamenvaardighede te verbeter, kan SAMI direk by 021-979 2225...
Verlore goedere
Graag versoek ons ouers om jul kinders te vra om mooi na hul persoonlike items tydens skoolure en sportoefeninge te kyk. ‘n Ongelooflike hoeveelheid items (skool- en sportklere, tekkies, skoolskoene, watterbottels, skoolsakke, kosblikke, ens.) word daagliks by die skool en sportvelde agtergelaat. Baie dankie vir julle hulp in die...
Eeufeesvieringe
Alle eeufeesvieringe word tot die 2de semester a.g.v. die pandemie geskuif. Ons sal julle op hoogte hou van die nuwe datums en reëlings.
Ouerbesoeke Kwartaal 2
Daar sal geleentheid vir ouerbesoeke op 4 & 5 Mei van kwartaal 2 vir die grondslag- en intersenfase wees. Ons sal teen die einde van die kwartaal 'n Google Form uitstuur sodat ouers afsprake kan begin maak asook al die reëlings omtrent hierdie geleenthede bevestig.
Geagte Ouers / Voogde
Graag wil ek almal bedank wat die sosiale buitelugfunksie op Vrydagaand, 5 Maart bygewoon het. Dit was ‘n groot voorreg om julle te kon ontmoet en ‘n heerlike aand se samesyn te geniet. Ek is oortuig dat die kinders heel moontlik die piekniekfunksie die meeste geniet het. Wanneer laas kon soveel kinders net lekker saam speel, rondhardloop, mekaar rondjaag en net lekker laf wees soos slegs kinders dit kan doen. Dan besef ‘n mens net weereens die negatiewe impak van die grendelstatus op ons land se kinders. Ek het ook die voorreg gehad om op Dinsdag, 9 Maart ons prefekte se balkies in my kantoor te oorhandig. Groot was my verbasing om te ervaar hoe die 12 prefekte met soveel selfvertroue hulle aan my voorstel, my verwelkom en hul visie vir die skool met my deel. Ek het ook saam met hulle en juffrou Izel Storm op Woensdagoggend, 10 Maart om 07:30 ‘n leierskapontbyt by Hoërskool Jan van Riebeeck bygewoon. Die gasspreker was Cabous Meiring en die prefekte van die verskillende laerskole het behoorlik aan haar lippe gehang. Prefekte het tydens die funksie ook die geleentheid gekry om hul opinies oor verskeie onderwerpe met almal te deel. Hulle het spontaan en met soveel selfvertroue en insig gekommunikeer. Hartlike dank aan mnr. Pieter Rademeyer, die nuwe hoof by die Hoërskool, vir die uitnodiging en vriendelike ontvangs. Terwyl leierskapvaardighede in die meeste gevalle natuurlik kom, glo ek dat elke kind oor leiereienskappe beskik en dat dit ons verantwoordelikheid is om geleenthede te skep vir alle leerders waartydens dit ontwikkel kan word. Ons kan voorwaar trots wees op elke leerder by ons...
Gholfdag
Ons wil graag vanjaar, as deel van die 100 jaar feesvieringe, ‘n gholfdag beplan. Ons wil eers bepaal of daar onder ons ouers belangstelling is om deel te neem. Indien jy graag aan die gholfdag wil deelneem, voltooi die Google Form.
Jannies Talent
Jannies Talent is uitgestel na kwartaal 2 en a.g.v. die belangstelling en die grendelstatus gaan dit ‘n virtuele optrede wees. Meer volledige inligting sal volg.
Paaseiers
Ons wil baie graag weer vanjaar Kaapstad se Lions Club help om paaseiers in te samel vir minderbevoorregte kinders. Dit sal wonderlik wees as elke leerder minstens een paaseier vir ons kan bring en dit in die emmer wat in Adri se kantoor staan, kan plaas. Hulle verkies die eiers wat die malvalekker aan die binnekant van die sjokolade het. Dit kom ook in 'n string van vier of in verpakkings van 24 en meer. Ons wil vra dat die paaseiers voor of op Vrydag, 26 Maart, skool toe gebring...
O/10 Jannies presteer by Nippers klubkompetisie
Die volgende leerders het almal Sondag, 7 Maart, aan die Nippers O/9 en O/10 Klubkompetisie deelgeneem: Delmar Benecke, Conrad Bezuidenhout, Bailey Thompson, Adriaan Wessels en Daxton Liversage. Die klubs wat deelgeneem het, is Llandudno, Clifton, Vishoek, Big Bay, Strand en Milnerton. Van ons leerders het baie goed gevaar en onder die top 8 vir die onderskeie items geëindig: Bailey Thomson: 4de- Beach sprint Delmar Benecke: 2de - Beach sprint; 8ste - Bodyboard; 4de - Surf swim; 1ste -deel van gemengde aflosspan Daxton Liversage: 5de- Beach sprint; 5de - Surf swim Adriaan Wessels: 5de - Bodyboard; 3de - Surf swim Clifton se Nippers klub het met slegs 1 punt tweede geëindig na Llundudno. Baie geluk aan almal wat deelgeneem...
“My School” registrasie
MySchool is Suid-Afrika se vooraanstaande skool ondersteuningsprogram. Hulle dra maandeliks meer as R 1.5 miljoen by tot skole en welsynsorganisasies. Gereelde kaartgebruik is die sleutel tot sukses van hierdie program: elke transaksie tel! Ondersteuners kan hulle kaarte gebruik by ‘n verskeidenheid nasionale en plaaslike handelaars wat deelneem aan die MySchool program. Ons versoek dat elkeen wat hierdie kaart besit dit asseblief by onder andere Woolies moet gebruik aangesien ons die geld wat ons terugkry net so in ons eie skoolgemeenskap se Welwillendheids-projek terug sit. Kliek HIER vir meer inligting oor hoe om te...
Carmen Barnard gekies om aan Swemkampioenskappe deel te neem
Carmen Barnard in Gr.5 is gekies om deel te neem aan die SSA vlak twee Swemkampioenskappe 2020 wat van 27 - 30 Maart 2021 in Bellville aangebied word. Dit is 'n groot prestasie en ons is baie trots op haar. Ons wens haar alle sterkte toe!
Nils le Roux presteer by Wilsontoernooi
Nils le Roux (O/9) het Sondag, 28 Februarie, aan die Wilson-tennistoernooi in Durbanville deelgeneem en 'n bronsmedalje in die O/10-seunsafdeling gewen. Dit was bloedigwarm en sy eerste toernooi buite skool, maar hy het met baie moed aanhou speel! Baie geluk Nils, dis 'n wonderlike prestasie om op trots te...
Klerebank FAQ’s
1. Aanlynbestellings vir klasaflewering: Kliek HIER 2. Klerebanktye vir aanpas en direkte aankope: Maandae en Woensdae: 07:20 - 08:00 Dinsdae en Donderdae 13:30 - 14:20 3. Die klerebank het permanent geskuif na die grys houer direk onder die tennisbane tussen die klimraam en busparkering. Weens sekuriteitsredes is die houer nie gemerk nie. Vir navrae en dringende hulp, gaan asb. in persoon na die klerebank. Omrede die dak nog nie gebou is nie, gaan die klerebank voorlopig nie oopmaak as dit reën nie. Die verkose aankoopmetode is aanlyn onder jou kind se naam om klasaflewering moontlik te maak. 4. Aanlynbestellings word in die klerebank gepak en versprei. Items kan wel uitverkoop word voordat die aanlynbestelling gepak word. Sodra daardie item se volgende aflewering plaasvind, word bestellings eerste gepak voordat die klerebank se rakke aangevul word. 5. Winterbestellings is steeds moontlik omdat 'n beperkte hoeveelheid ekstra items aangehou word. Neem egter kennis dat, indien jou bestelling nie uit die addisionele voorraad kan kom wat reeds bestel is by verskaffers nie, sal dit eers in Mei beskikbaar wees mits dit teen einde Maart bestel is. 6. Swembrille, -pette, -sakke, kostuums en handdoeke is beskikbaar vir swemgala. 7. 100 Jaar hempies is deur skool gereël. Kontak asb. sport@jvrprim.co.za i.v.m. die 100 jaar / eeufees-hemde. Dit is deur die skool gereël en vervang nie wedstrydklere of JvR Golfhemde...
Belangrike Datums
augustus 2026