Elmie en Nina du Preez het Saterdag, 13 Maart, deelgeneem aan SendIT se .22LR ELR teikenskiet kompetisie. Elmie het 5de en Nina het 6de in hul groepe geëindig. Hulle moes oor ‘n afstand van 75 m skiet. Elmie het 14 van die 30 skote raakgeskiet en Nina 6. Dit was vir beide dogters ongelooflik lekker en hulle kan nie wag vir die volgende kompetisie nie.

Baie geluk Elmie en Nina! Dis ‘n heerlike verrassing om te sien dat ons oor sulke talent in die skool beskik.