Ons wil baie graag weer vanjaar Kaapstad se Lions Club help om paaseiers in te samel vir minderbevoorregte kinders. Dit sal wonderlik wees as elke leerder minstens een paaseier vir ons kan bring en dit in die emmer wat in Adri se kantoor staan, kan plaas. Hulle verkies die eiers wat die malvalekker aan die binnekant van die sjokolade het. Dit kom ook in ‘n string van vier of in verpakkings van 24 en meer. Ons wil vra dat die paaseiers voor of op Vrydag, 26 Maart, skool toe gebring word.