1. Aanlynbestellings vir klasaflewering:
Kliek HIER

2. Klerebanktye vir aanpas en direkte aankope:
Maandae en Woensdae: 07:20 – 08:00
Dinsdae en Donderdae 13:30 – 14:20

3. Die klerebank het permanent geskuif na die grys houer direk onder die tennisbane tussen die klimraam en busparkering. Weens sekuriteitsredes is die houer nie gemerk nie. Vir navrae en dringende hulp, gaan asb. in persoon na die klerebank. Omrede die dak nog nie gebou is nie, gaan die klerebank voorlopig nie oopmaak as dit reën nie. Die verkose aankoopmetode is aanlyn onder jou kind se naam om klasaflewering moontlik te maak.

4. Aanlynbestellings word in die klerebank gepak en versprei. Items kan wel uitverkoop word voordat die aanlynbestelling gepak word. Sodra daardie item se volgende aflewering plaasvind, word bestellings eerste gepak voordat die klerebank se rakke aangevul word.

5. Winterbestellings is steeds moontlik omdat ‘n beperkte hoeveelheid ekstra items aangehou word. Neem egter kennis dat, indien jou bestelling nie uit die addisionele voorraad kan kom wat reeds bestel is by verskaffers nie, sal dit eers in Mei beskikbaar wees mits dit teen einde Maart bestel is.

6. Swembrille, -pette, -sakke, kostuums en handdoeke is beskikbaar vir swemgala.

7. 100 Jaar hempies is deur skool gereël. Kontak asb. sport@jvrprim.co.za i.v.m. die 100 jaar / eeufees-hemde. Dit is deur die skool gereël en vervang nie wedstrydklere of JvR Golfhemde nie.