Prysuitdeling 2021: Spesiale toekennings
Leerders wat gedurende die jaar besondere prestasies in sport en kultuur behaal het en dalk in aanmerking kan kom vir spesiale pryse, het die week vorms ontvang wat hulle moet voltooi. Hierdie vorms moet voor of op 12 November 2021 by juf. R. Hanekom ingehandig word. Die vorm is aangeheg indien jou kind nie 'n vorm geneem het nie. Slegs leerders wie se vorms betyds ingehandig word, sal 'n kans staan om 'n spesiale toekenning te ontvang. Kliek HIER vir die WORD weergawe indien jy dit elektronies wou invul, of laai hierdie PDF af: [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2021/11/Veelsydigheid-gr.4-7-Nov-2021.pdf" title="Veelsydigheid gr.4-7 Nov...
Musieklesse 2022
Indien daar nuwe leerders is wat belangstel in klavier- of blokfluitlesse vir 2022, doen asb. skriftelik aansoek by juf. Groenewald by helecia@jvrprim.co.za. Daar sal 'n paar plekkies volgende jaar oop wees.
Barbara Schreuder Dansskool
BARBARA SCHREUDER DANSSKOOL BIED AAN: "AMERICAN BALLET: PERFORMANCE AWARDS" Kom ondersteun ons JvR-dansers asb. en geniet die pragtige oorspronklike Ballette van Mignon Furman. Sidwell Roman (AAB Ballet eksaminateur) is ons beoordelaar. Saterdag, 13 November 2021, om 13:30 in JvR skoolsaal Toegang: R60 vir volwassenes, R40 kinders Die volgende dansers gaan deelneem aan die gewilde Ballet kompetisie. Sterkte dansers en geniet! PRE 1 Zada Schlebusch, Natalie Lawson, Kelly Jacobs, Miekela Myburgh LEVEL 1 Heidie van Heerden, Olivia Lemmer, Noah Karusseit LEVEL 2 Jana v Gijsen, Lea Loubser, Bardot Dettmer, Sadie Gillmer, Danielle Fourie, Bella Naylor, Quinn du Toit, Anabella Boshoff, Gabriella Buckenham, Ella Grey LEVEL 4 Kerala Allewell, Karlien vd Walt, Klara Steyn, Michaan Naylor, Lea v Dyk, Isabella Marais, Daniella Boshoff LEVEL 5 Emma Liebenberg, Lumarie Fourie, Juliette Visser, Amelie Visser, Lara Basson Een van ons oud-dansers, Mia Neethling, het die naweek by die KunsteKaap (ArtsCAPE) as "Wendy" in die produksie Peter Pan opgetree. Ons is baie trots op...
Simon van Dyk slaan prys los!
Ons het vroeër die jaar berig oor Simon van Dyk wat 'n derde prys in Storiewerf se skryfkompetisie losgeslaan het. Lees gerus sy storie wat tans op Storiewerf se webwerf verskyn. Ons is ongelooflik trots op jou, Simon! Storiewerf: Rooi oë in die nag
Jannies presteer by HSH Aflosbyeenkoms, 28 Oktober
Op Donderdag, 28 Oktober, is 32 van ons atlete deur mnr. Leon Hanekom en mnr. André Lourens vergesel wat aan Hopefield se aflosbyeenkoms deelgeneem het. Ons spanne het oor die algemeen uitstekend gevaar en elke keer onder die top 5 geëindig. Vir die meeste ouderdomme was daar twee finale wat gehardloop is en die finale posisies is deur tyd bepaal. Volg die SKAKEL vir al die uitslae van die dag. Ons o/13-seuns het stof in die ander skole se oë geskop en met die eerste plek weggestap! Baie geluk julle vier (Alexander Benecke, Fredrich Erasmus, Danny Newton en Taniel Webber)! Ons sien uit na ons Kleure-sportbyeenkoms aan die einde van die jaar en is opgewonde om ons eie atlete dan weer in aksie te...
Dapper Stappers Gr. 4-7, 13 November
Ons gaan vroeg in volgende week 'n Google Form aan al die Gr.4-7-ouers uitstuur sodat jy kan aandui of jy en jou kind(ers) op 13 November saam met 'n paar onderwysers 'n roete in Cecilia Forest wil gaan stap. Dagboek solank die datum en kyk uit vir die vorm volgende...
Geagte Ouers / Voogde
So bereik ons die einde van die mooiste, mooiste maand met November wat sy afwagting wil maak. In die Moederstadkonteks is die koms van November eintlik soos die aanbreek van die langverwagte Lente. Die weer is besig om te verander met heerlike sonskyndae wat gekomplimenteer word met betowerende blomme- en fynbosgeure. Hierdie naweek is dan ook ‘n ‘onbeplande’ langnaweek met die Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing wat op Maandag, 1 November, geskied. Dus is Maandag, 1 November 2021, in die Staatskoerant as ‘n publieke vakansiedag gepubliseer. Gaan maak gerus jou kruisie om ‘n verskil te maak. Verlede Saterdag is die tennis te Ceres noodgedwonge uitgestel na die Sondag as gevolg van die ongure weer wat die tennispret op Saterdag kom bederf het. Ons o/13 seuns- en dogterspan is na Ceres vergesel deur ouers, naamlik Ria Hertzog en Karien Zulch, en het hul puik van hulle taak as spanbestuurders gekwyt. Ons dogterspan het brons tydens die toernooi verower deur Laerskool Gene Louw vir 3de en 4de plek te klop. Welgedaan dogters en baie dankie Ria en Karien vir julle waardevolle leiding. Verlede Vrydag het ons ook ons skool se nuwe unieke sosiale platform, naamlik JvR-Kiek, bekend gestel. Baie dankie aan Marié Cruywagen, die meesterbrein en skepper van die spesiale platform. Opvoeders gaan foto’s en/of video’s van wat alles op ‘n daaglikse basis by die skool plaasvind, daarop plaas. Toegang is net vir JvR-ouers/voogde en daarom nooi ek julle uit om dit daagliks te besoek sodat julle ook kan deel in die daaglikse opwinding. Volg gerus die volgende skakel en word deel van die betowerende JvR-skoolwêreld. Op Dinsdag, 26 Oktober 2021, het ek...
O/13-Krieketwedstryd op 26 Oktober
Die 0/13-krieketspan het op Dinsdag, 26 Oktober, teen Laerskool Kampsbaai op hul veld in Kampsbaai gespeel. Kampsbaai het die lood gewen en besluit om eerste te kolf. Hulle teken ‘n reuse 150 lopies in hulle 20 beurte aan. JvR het hul beurt sterk begin, maar kon net 99 lopies aanteken. Kampsbaai wen die wedstryd met 51 lopies. Welgedaan aan al die spelers wat deelgeneem...
Spelfees-wenners
Woensdag, 27 Oktober, het die deelnemers van die interne spelkompetisie ons stomgeslaan met hul uitmuntende spelvaardighede. Die kompetisie tussen deelnemers het almal op hul tone gehad, maar daar kon natuurlik net een wenner wees. Baie geluk aan die volgende leerders wat elk die eerste plek in die spelfees behaal het.Ons bars van trots! Gr. 1: Maia du Toit Gr. 2: Jenna Erasmus Gr. 3: Amelie van der Walt Gr. 4: Isabella Marais Gr. 5: Katia van Wyk Gr. 6: Adele Holtzhausen Gr. 7: Mieke...
O/11-Krieketwedstryduitslae van 27 Oktober
Die O/11-Krieketspan het op Woensdag, 27 Oktober, Laerskool Van Riebeeckstrand (VRS) se A-span in Melkbosstrand aangevat. Ons het vanuit 'n lekker warm Kaapstad vertrek en is begroet met die koel seebries wat oor die veld gewaai het. Dit het nie ons spelers enigsins beïnvloed nie en hulle het hulself puik van hul taak gekwyt. Ons het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen. VRS teken 73 lopies vir 9 aan. Daarna is dit ons beurt om te kolf. Conrad Bezuidenhout kry 23 lopies nie uit nie en ons wen met 5 paaltjies. Ons twee nuwe afrigters, Zané en Harry (van Ryan Maron Krieketakadamie), het ons kom ondersteun en vir André Marais as die speler van die wedstryd aangewys. Baie geluk aan juf. Ischké Felix en haar span. 'n Baie goeie middag vir...
Adan Eksteen voltooi die Kaapstad Fietstoer
Adan Eksteen (graad 6) het saam met sy pa die Kaapstad fietstoer op ‘n tandemfiets op 10 Oktober voltooi. Dit is die tweede keer en ‘n enorme prestasie vir ‘n paar 12 jarige oue bene om reeds twee toere agter die rug te hê. Die toer is 109km en hulle het dit in 4 ure 33 minute voltooi. Die Kaapstad fietstoer is hierdie jaar a.g.v. Covid van Maart na Oktober geskuif wat beteken het dat baie van hulle oefenritte in bibberende koue moes plaasvind. Adan se toewyding en deursettingsvermoë, ten spyte van die koue, was baie maal vir sy pa die aansporing om aan te hou. Baie geluk, Adan! Dis wonderlik om al twee sulke toere agter die rug te...
Holderstebolderdag
O/13 Ceres Tennistoernooi
Ons o/13 Seuns en Dogters het die naweek van 24 Oktober aan die Westmann Tennistoernooi in Ceres deelgeneem. Na die reën van Saterdag het die weer mooi opgeklaar en Sondag was 'n pragtige dag vir tennis. Die spelers was van vroeg die oggend tot laat die middag besig. Uitslae 0/13: Seuns A afdeling: 1. Northern Super strikers, 2. Gene Louw, 3. Brackenfell, 4. Rijk Tulbagh, 5. Jan van Riebeeck B afdeling: 1. Gene Louw B, 2. CT invit, 3. Hendrik Louw, 4. Brackenfell B, 5. Rijk Tulbagh Dogters A afdeling: 1. Northern Girls, 2. St Cyprians A, 3. Jan van Riebeeck, 4. Gene Louw A, 5. Eversdal Uitnod B afdeling: 1. St Cyprians B, 2. CT Invitation Baie dankie aan Ria Hertzog en Karien Zulch wat vir die dag as spanbestuurders opgetree het. Hulle is ook aangewys as die bes gekleede spanbestuurders vir die dag. Baie geluk aan ons dogters wat elk 'n bronsmedalje gewen het en 'n derde plek behaal...
Dissipline: Raad aan ouers oor beloningstelsel
Marike Badenhorst, die skool se opvoedkundige sielkunde, deel graag met ouers die volgende dokument: Eenvoudige reëls om te volg met beloningsisteem vir jou kinders [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2021/10/Raad-aan-ouers-oor-beloningsisteem-met-kinders-2021.pdf" title="Raad aan ouers oor beloningsisteem met kinders...
Grondslagfase Skryfbehoeftes
Dit is tyd om die skryfbehoeftes vir 2022 te beplan! Die grondslagfase het vir graad 1 tot graad 3 ‘n pakket bymekaar gesit. Dit is beskikbaar op die Karri-Toep. Die sluitingsdatum vir bestellings is: 25 November 2021. Die pakket sal in jou kind se nuwe klas wag wanneer die skool op 19 Januarie 2022 begin. Dit sal verseker dat almal slaggereed is om die jaar te begin. Pryse: Graad 1 (2022): R664, 00 Graad 2 (2022): R560,00 Graad 3 (2022): R663,...
Belangrike Datums
augustus 2026