Op Donderdag, 28 Oktober, is 32 van ons atlete deur mnr. Leon Hanekom en mnr. André Lourens vergesel wat aan Hopefield se aflosbyeenkoms deelgeneem het. Ons spanne het oor die algemeen uitstekend gevaar en elke keer onder die top 5 geëindig. Vir die meeste ouderdomme was daar twee finale wat gehardloop is en die finale posisies is deur tyd bepaal. Volg die SKAKEL vir al die uitslae van die dag.
Ons o/13-seuns het stof in die ander skole se oë geskop en met die eerste plek weggestap! Baie geluk julle vier (Alexander Benecke, Fredrich Erasmus, Danny Newton en Taniel Webber)! Ons sien uit na ons Kleure-sportbyeenkoms aan die einde van die jaar en is opgewonde om ons eie atlete dan weer in aksie te sien.