Adan Eksteen (graad 6) het saam met sy pa die Kaapstad fietstoer op ‘n tandemfiets op 10 Oktober voltooi. Dit is die tweede keer en ‘n enorme prestasie vir ‘n paar 12 jarige oue bene om reeds twee toere agter die rug te hê.

Die toer is 109km en hulle het dit in 4 ure 33 minute voltooi. Die Kaapstad fietstoer is hierdie jaar a.g.v. Covid van Maart na Oktober geskuif wat beteken het dat baie van hulle oefenritte in bibberende koue moes plaasvind. Adan se toewyding en deursettingsvermoë, ten spyte van die koue, was baie maal vir sy pa die aansporing om aan te hou.

Baie geluk, Adan!  Dis wonderlik om al twee sulke toere agter die rug te hê.