Klerebank: Tye
Addisionele tye: Maandag, 13 Desember 2021, 07:30 tot 08:30 Dinsdag, 18 Januarie 2022, 07:30 tot 08:30 Tree asseblief in verbinding indien ‘n alternatiewe reëling verlang word. Ek is egter nie tussen 22 Desember en 12 Januarie beskikbaar nie. Ons sal ouers wat bestellings geplaas het laat weet sodra hul items beskikbaar is. Klerebanktye keer terug na normaal wanneer die skool op 19 Januarie 2022 open: 07:20 - 08:00 Maandae en Woensdae 13:30-14:20 Dinsdae en Donderdae Bestellings wat in Januarie 2022 geplaas word, moet by die klerebank/aanlyn gedoen word: Geruite graad 7-oortrui. Donkerblou 100 jaar-feeshemde. Die beheerraad het besluit dat hierdie hemde ook in 2022 op Vrydae gedra mag word. Eerste wintersklerebestellings, vir aflewering teen ongeveer einde Maart. Swemklere: Ekstra voorraad is in swempette, goggles, swemsakke, swembroeke en handdoeke beskikbaar omdat ons aan minimum besteleenhede moet voldoen. Rashvests is onafgelewer deur Second Skins met geen nuwe datum nie. ‘n Alternatiewe fabriek kan dit in Januarie lewer. Indien dit vroeër beskikbaar is, sal ek ouers wat belanggestel het, kontak. Vir navrae, stuur 'n e-pos na...
Belangrike kennisgewing
Beste Ouers/Voogde In ‘n poging om ‘normaliteit’ te skep in ‘n tyd waar dit so skaars soos hoendertande is, moet ons ook so verantwoordelik moontlik optree om ons gemeenskap gesond te hou aangesien die Feesvakansie op hande is. Met dit in gedagte het ons besluit dat dit in almal se beste belang sal wees indien ons die skool reeds eerskomende Vrydag, 10 Desember, vir leerders vir die Desembervakansie sluit. Ons sal soos gekommunikeer met alle beplande aktiwiteite van hierdie week voortgaan: Woensdag, 8 Desember - Atletiek (velditems) o/9 - o/13 en OPE Donderdag, 9 Desember - Gr. 6-prysuitdeling om 09:00 - Gr. 7-prysuitdeling en afskeid om 18:00 (vervang Woensdag, 15 Desember, se saalbyeenkoms) Vrydag, 10 Desember - Atletiek (baanitems) o/7 - o/13 en OPE *Atletiekkennisgewing: 1. Ouers is welkom om die onderskeie atletiekbyeenkomste by te woon. Dit is baie belangrik dat maskers gedra moet word. 2. Indien daar deelnemers is wat tydens albei of een van hierdie atletiekbyeenkomste isoleer, sal die deelnemers wat in atletiek presteer vroeg in 2022 ‘n kans tydens skooltyd kry om deel te neem sodat ons die atletiekspan so vinnig moontlik kan finaliseer. Vir enige navrae, stuur 'n e-pos aan sport@jvrprim.co.za. Rapporte - Kommunikasie rakende die afhaal van rapporte sal volg. Maandag, 13 Desember - Graad 7-afskeid gaan voort soos beplan *Let wel: Slegs graad 7’s is nog Maandag by skoolaktiwiteite betrokke. Vakansiesorg Vakansiesorg gaan voort soos beplan. Kliek HIER vir die aansoekvorm. Baie dankie vir jul samewerking in die verband. Sterkte en veilig wees....
Vakansiesorg Desember 2021
Atletiekprogram
Blaai met die pyltjies deur die 6 blaaie van die program of laai die PDF af deur op die aflaai-ikoon te kliek.
Geagte Ouers / Voogde
Desembermaand het sy opwagting gemaak en oral waar jy in die inkopiesentrums rondloop, sien jy vrolike Kersversierings. Of jy nou gelowig is of nie, Kerstyd is ‘n spesiale tyd en die bekoring geskied wêreldwyd. Kerstyd gaan gewoonlik gepaard met baie inkopies, pragtige geskenke wat in die mooiste geskenkpapier toegedraai word, lekkernye word gebak en versierings wat oral opgesit word. Dit is die tyd van die jaar waar familie en vriende bymekaar kom. Die kinders se afwagting van die magiese figuur wat op Oukersaand die wonderlikste geskenke gaan bring, is alreeds tasbaar. Graag wil ek vir ons skoolgemeenskap ‘n heilsame en geseënde familie-en gesinstyd tydens die komende Kerstyd toewens. Die wêreld is vol verrassings, veral met die nuwe Covid-19 variant wat verlede week onverwags in Suid-Afrika geïdentifiseer is. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie het die onwelkome virus na die 15de letter van die Griekse alfabet vernoem, naamlik Omnicron. Die koms van ‘n nuwe Covid-19 variant met die aanbreek van die Desembervakansie kon seker nie op ‘n slegter tyd gebeur het nie. Behalwe die vrese rakende die nuwe variant, is daar die bekommernis wat dit vir die land se kwesbare ekonomie en toekoms inhou. Ons vuisvose ekonomie kan nie die bedreiging van toenemende sake en inperkings bekostig nie en dit terwyl buitelandsetoeristekansellasies nou die hoogte inskiet. Verblywend was darem die afkondiging tydens Sondagaand se ‘familievergadering’ deur ons president, mnr. Cyril Ramaphosa, dat vlak 1 van die grendelstatus vir eers van toepassing sal wees afhangende van die infeksiekoers in die komende paar weke. Heelwat oorsese toeriste moes inderhaas terugkeer na hul tuislande as gevolg van die onsekerheid wat die 4de vlaag van die pandemie...
Omgee-projek
Ons skool neem aan ‘n uitreikprojek deel om skoolbenodigdhede wat volgende jaar nie meer gebruik word nie nl. skoolklere en skryfbehoeftes aan ‘n skool in Ysterplaat te skenk. Die behoefte is so groot dat selfs skooltasse wat nie meer gebruik word nie, 'n nuwe huis sal kan kry. Moet asb. nie bekommerd wees oor ons skool se wapen op die skoolklere, ens. nie aangesien ons dit gaan verwyder voordat die aflewering sal geskied. Ons sal dit opreg waardeer indien enige van hierdie items geskenk kan word. Bring dit gerus voor of op Maandag, 13 Desember, na juf. Marietjie de Kock se klaskamer. Baie dankie vir die samewerking in hierdie...
Tafelberg Kinderkoor
Klerebank: Tweedehandse klereverkoping
Verkope van tweedehandse skoolklere vind by die klerebank op 6 Desember om 7:30 – 8:30 en 11:45 - 13:30 plaas. Die meerderheid items is 6-10 jaar. Te koop R10: Hoede, skoene en skoolhemde (kortmou en langmou) R20: Grys kortbroeke en oortrui grootte 28 en 30 Grys langbroeke en Langmoutrui groottes 28 en 30 Gratis: Grys...
Zuletha voltooi die Velddrif myl
Op Saterdag, 20 November, het Zuletha Ferreira (gr.5) aan die Velddrif myl deelgeneem. Deelnemers moes 'n myl (1,6km) in die Port Owen kanale swem. Die watertemperatuur was tussen 15 en 17 grade, en die gety was in die guns van die deelnemers. Zuletha het in 'n wetsuite geswem en dit was haar eerste oopwater swembyeenkoms. Die helder water van 'n swembad met lyne vir rigtingaanwysers is verruil vir donker koffiekleur, souterige water met seegrasse wat jou voete kielie. Zuletha was baie gelukkig om Kayla Stoffberg, 'n voormalige Jannie wat tans matrikuleer by Hoërskool Jan van Riebeek, as swemmaat te kon hê. Zuletha het die myl (1,6km) in 'n tydperk van 37:13 voltooi. Volgens ons navorsing was Zuletha een van die jongste deelnemers gewees. Daar het 27 vroue en 19 mans aan die Velddrif myl deelgeneem. Baie geluk Zuletha, jy sal verseker vir baie van die onderwysers en kinders in die skool...
Elf Jannies vir WP-tennisproewe genooi!
Ons tennisprogram is besig om wonderlik by die skool te groei en ons begin stof in verskeie groter skole se oë skop. Elf van ons leerders (gr. 3 - 7) is genooi om die naweek aan Kaapstad (ou WP) proewe deel te neem. Baie geluk aan die volgende leerders: O/10: Ané Swanepoel (gr. 4), Jeanne van Heerden (gr. 3), Stella Pansegrouw (gr. 3), Adriaan Wessels (gr. 4), Gustav van der Linde (gr. 4) en Nils le Roux (gr. 3) O/11: Klara Maree (gr. 5) en Dawid-Wiese Viljoen (gr. 5) O/12: Gustav Pansegrouw (gr. 6) O/14: Mia Symington (gr. 7) en Fredrich Erasmus (gr. 7) Hulle ding mee om vir die 2022 Kaapse Metro Skole Tennis Spanne gekies te word. Baie sterkte aan elkeen van die spelers. Julle laat ons Jannie-harte baie trots...
James is nie bang vir modder nie
James Marais (gr.3) het die afgelope naweek aan die tweede en finale rondte van die Enduro Western Cape reeks vir 2021 deelgeneem. James het tweede plek in sy ouderdomskategorie (Nipper Boys) behaal. Die wedren het drie tydtrajekte gehad wat tot die totale tyd bygedra het. Die dag op die fietse was so 15km se totale ry, met 500m se vertikale klim. As gevolg van die onverwagse reën, was dit maar ‘n modderige en glyerige affêre. Baie geluk, James. Dis wonderlik om te sien hoe ons Jannies ook buite die skool presteer!...
Unisa musiekteorie-uitslae
Baie geluk aan die volgende leerders met hul puik musiekteorie-uitslae: Luca Zulch (Gr.7): Unisa Gr.4, 95% Adele Holtzhausen (Gr.6): Unisa Gr.3, 100% Stephan Holtzhausen (Gr. 4): Unisa Gr. 2, 92% Stella Zulch (Gr.4) Unisa VGr.1, 100% Juf. E. Slabber
Jannie gimnaste presteer by Wes-Kaap kompetisie
Gedurende die naweek van 15 & 16 Oktober het die Wes-Kaap Vlak 1-3 gimnastiekkampioenskappe in Saldanhabaai plaasgevind. Daar het ongeveer 450 gimnaste deelgeneem. Mia van Zyl (Gr.3) is deel van die Mega Gimnastiekakademie en Stella Pansegrouw (Gr.3), deel van Gordons gimnastiekakademie, het beide aan die vlak 3-kompetisie vir hul ouderdomsgroep deelgeneem. Dit was 'n uiters moeilike en mededingende kompetisie met gimnaste van regoor die Wes-Kaap wat deelgeneem het. Mia en Stella moes 'n roetine op elk van die vier verskillende apparate doen (vault, bar, floor en beam). Mia se algehele punte het verseker dat sy goud op vlak 3 gewen het. Sy was ook die toppresteerder van Mega gimnasium waar sy die enigste gimnas is wat goud op vlak 3 gewen het. Stella se algehele punt het verseker dat sy 'n silwer medalje gewen het. Baie geluk aan beide die dogters. Dit is ongelooflike...
Geagte Ouers / Voogde
Ek bly verstom oor hoe vinnig tyd eenvoudig verby snel. Ek onthou goed toe ek nog ‘n kind was, wou ek net ‘groot’ word, want ek het telkemale gesê dat ek eendag die wêreld wil sien, projekte wil aanpak om die wêreld ‘n beter plek te maak en baie ander dinge wat ek graag wou doen. Ek glo julle sal ook daarna kan verwys. Die probleem wat ons egter ervaar nou dat ons wel ‘groot’ is, is dat ons nie die tyd het om die dinge te doen waarna ons nog altyd gehunker het nie. Ons werk hou ons 24/7 besig en ons hardloop van bakboord na stuurboord om ‘n lewe te maak en so gaan die lewe ongemerk vinnig verby. Dit voel amper asof ons dié jaar soos passasiers op ‘n hoëspoedtrein was - Iewers in ‘n eerste wêreld land, waar die trein eenvoudig nie by enige stasie wou stop nie. Ek weet aan die einde van die jaar geniet meeste van ons ‘n welverdiende ruskans waar ons die vinnige pas tot halt roep. Die sogenaamde "rat race" sluk ons so maklik in en ons jaag onverpoosd voort na sukses terwyl ons eintlik elke oomblik met ons kinders, familie en vriende moet waardeer sodat daar geen kosbare oomblikke verlore gaan nie. Dit gee ‘n mens weer 'n bietjie perspektief van wat belangrik is en wat ons dink belangrik is. Die muur by die nasorg (gr. 1 en 2 se parkie) in Kloofstraat neem mooi gestalte aan en behoort binnekort voltooi te wees. Hierdie verbetering ten opsigte van ons skool se infrastruktuur is nie net esteties van waarde nie,...
Skooltye na eksamen
Let wel dat die skool die volgende tye sal uitkom na eksamen totdat die skool sluit: Vrydag, 3 Desember 2021 - 13:00 (Gr.1-3) en 13:15 (Gr.4-7) Maandag, 6 Desember 2021 - 13:00 (Gr.1-3) en 13:15 (Gr.4-7) Dinsdag, 7 Desember 2021 - 13:00 (Gr.1-3) en 13:15 (Gr.4-7) Woensdag, 8 Desember 2021 - 13:00 (Gr.1-2) by die skool, ongeveer 14:00 (Gr.3-7) by die Hoërskool se veld *Die skool sal 'n WhatsApp op die dag stuur sodra ons 'n meer definitiewe tyd vir die Gr.3-7's het. *Leerders wat by Nasorg is, sal met die skoolbus teruggebring word skool toe. Donderdag, 9 Desember 2021 - 13:00 (Gr.1-3) en 13:15 (Gr.4-7) Vrydag, 10 Desember 2021 - 14:00 (Gr.1-7) by die Hoërskool se veld *Die skool sal 'n WhatsApp op die dag stuur sodra ons 'n meer definitiewe tyd vir die Gr.1-7's het. *Leerders wat by Nasorg is, sal met die skoolbus teruggebring word skool toe. *Die bus vertrek altyd 5 minute na die Gr.4-7-leerders...
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026