Beste Ouers/Voogde

In ‘n poging om ‘normaliteit’ te skep in ‘n tyd waar dit so skaars soos hoendertande is, moet ons ook so verantwoordelik moontlik optree om ons gemeenskap gesond te hou aangesien die Feesvakansie op hande is. Met dit in gedagte het ons besluit dat dit in almal se beste belang sal wees indien ons die skool reeds eerskomende Vrydag, 10 Desember, vir leerders vir die Desembervakansie sluit. Ons sal soos gekommunikeer met alle beplande aktiwiteite van hierdie week voortgaan:

Woensdag, 8 Desember
– Atletiek (velditems) o/9 – o/13 en OPE

Donderdag, 9 Desember
– Gr. 6-prysuitdeling om 09:00
– Gr. 7-prysuitdeling en afskeid om 18:00 (vervang Woensdag, 15 Desember, se saalbyeenkoms)

Vrydag, 10 Desember
– Atletiek (baanitems) o/7 – o/13 en OPE

*Atletiekkennisgewing:
1. Ouers is welkom om die onderskeie atletiekbyeenkomste by te woon. Dit is baie belangrik dat maskers gedra moet word.
2. Indien daar deelnemers is wat tydens albei of een van hierdie atletiekbyeenkomste isoleer, sal die deelnemers wat in atletiek presteer vroeg in 2022 ‘n kans tydens skooltyd kry om deel te neem sodat ons die atletiekspan so vinnig moontlik kan finaliseer. Vir enige navrae, stuur ‘n e-pos aan sport@jvrprim.co.za.

Rapporte

– Kommunikasie rakende die afhaal van rapporte sal volg.

Maandag, 13 Desember
– Graad 7-afskeid gaan voort soos beplan
*Let wel: Slegs graad 7’s is nog Maandag by skoolaktiwiteite betrokke.

Vakansiesorg
Vakansiesorg gaan voort soos beplan. Kliek HIER vir die aansoekvorm.

Baie dankie vir jul samewerking in die verband.
Sterkte en veilig wees.
Groete