Gedurende die naweek van 15 & 16 Oktober het die Wes-Kaap Vlak 1-3 gimnastiekkampioenskappe in Saldanhabaai plaasgevind. Daar het ongeveer 450 gimnaste deelgeneem.

Mia van Zyl (Gr.3) is deel van die Mega Gimnastiekakademie en Stella Pansegrouw (Gr.3), deel van Gordons gimnastiekakademie, het beide aan die vlak 3-kompetisie vir hul ouderdomsgroep deelgeneem.

Dit was ‘n uiters moeilike en mededingende kompetisie met gimnaste van regoor die Wes-Kaap wat deelgeneem het. Mia en Stella moes ‘n roetine op elk van die vier verskillende apparate doen (vault, bar, floor en beam). Mia se algehele punte het verseker dat sy goud op vlak 3 gewen het. Sy was ook die toppresteerder van Mega gimnasium waar sy die enigste gimnas is wat goud op vlak 3 gewen het. Stella se algehele punt het verseker dat sy ‘n silwer medalje gewen het.

Baie geluk aan beide die dogters.  Dit is ongelooflike prestasies!