Addisionele tye:

  • Maandag, 13 Desember 2021, 07:30 tot 08:30
  • Dinsdag, 18 Januarie 2022, 07:30 tot 08:30

Tree asseblief in verbinding indien ‘n alternatiewe reëling verlang word. Ek is egter nie tussen 22 Desember en 12 Januarie beskikbaar nie. Ons sal ouers wat bestellings geplaas het laat weet sodra hul items beskikbaar is.

Klerebanktye keer terug na normaal wanneer die skool op 19 Januarie 2022 open:

  • 07:20 – 08:00 Maandae en Woensdae
  • 13:30-14:20 Dinsdae en Donderdae

Bestellings wat in Januarie 2022 geplaas word, moet by die klerebank/aanlyn gedoen word:

  • Geruite graad 7-oortrui.
  • Donkerblou 100 jaar-feeshemde. Die beheerraad het besluit dat hierdie hemde ook in 2022 op Vrydae gedra mag word.
  • Eerste wintersklerebestellings, vir aflewering teen ongeveer einde Maart.

Swemklere:

Ekstra voorraad is in swempette, goggles, swemsakke, swembroeke en handdoeke beskikbaar omdat ons aan minimum besteleenhede moet voldoen. Rashvests is onafgelewer deur Second Skins met geen nuwe datum nie. ‘n Alternatiewe fabriek kan dit in Januarie lewer. Indien dit vroeër beskikbaar is, sal ek ouers wat belanggestel het, kontak.

Vir navrae, stuur ‘n e-pos na jvrklerebank@gmail.com