James Marais (gr.3) het die afgelope naweek aan die tweede en finale rondte van die Enduro Western Cape reeks vir 2021 deelgeneem. James het tweede plek in sy ouderdomskategorie (Nipper Boys) behaal.
Die wedren het drie tydtrajekte gehad wat tot die totale tyd bygedra het. Die dag op die fietse was so 15km se totale ry,  met 500m se vertikale klim. As gevolg van die onverwagse reën, was dit maar ‘n modderige en glyerige affêre. Baie geluk, James. Dis wonderlik om te sien hoe ons Jannies ook buite die skool presteer!