Ons skool neem aan ‘n uitreikprojek deel om skoolbenodigdhede wat volgende jaar nie meer gebruik word nie nl. skoolklere en skryfbehoeftes aan ‘n skool in Ysterplaat te skenk. Die behoefte is so groot dat selfs skooltasse wat nie meer gebruik word nie, ‘n nuwe huis sal kan kry. Moet asb. nie bekommerd wees oor ons skool se wapen op die skoolklere, ens. nie aangesien ons dit gaan verwyder voordat die aflewering sal geskied. Ons sal dit opreg waardeer indien enige van hierdie items geskenk kan word. Bring dit gerus voor of op Maandag, 13 Desember, na juf. Marietjie de Kock se klaskamer. Baie dankie vir die samewerking in hierdie verband.