Geagte Ouers / Voogde

Ek glo julle sal saamstem dat kwartaal 2 tot op datum ‘n baie bedrywige, maar tog lekker kwartaal was. Dit is veral gekenmerk met verskeie sportwedstryde en -toernooie, kultuuraktiwiteite soos Eisteddfod, redenaars, kooroptredes en musiekkonserte, staptogte deur die Dapper Stappers en heerlike samesyn geleenthede soos die Kaperjolle en klasbraaie. Dit bring ons dan natuurlik by die assesseringsweke vir Grondslagfase en kontroletoetse (eksamen vir gr. 4 - 7) aan die einde van kwartaal 2 wat die week vir die gr. 1-3’s en 7’s afgeskop het en ons leerders moet egter weer agter die boeke inskuif. Graag versoek ek julle om as ons opvoeders kollektief te help om die eksamenstres onder jul kind/ers te beperk en dit eerder as ‘n positiewe uitdaging onder jou kind/ers te promoveer. Ons samelewing en sosiale media het veroorsaak dat die druk om te presteer al groter en groter word. Kom ons wees eerlik, daar is bittermin mense wat uitsien na ‘n eksamen. Ek glo ook julle ken daai ‘hol’ gevoel op die maag voor jy ‘n eksamen gaan aflê. Ek besef ook dat jul as ouers saam met jul kind/ers ook moontlik eksamenstres kan ervaar. Dus deel ek ‘n paar handige wenke om te verhoed dat eksamenstres moontlik in jul huishouding kan handuit ruk: Moet asseblief nie jou kind/ers vir eksamens bang maak nie. Deur hulle byvoorbeeld te dreig dat indien hulle nie nou harder gaan leer nie, hulle sal druip. Dit werk nie, inteendeel dit maak kinders net meer angstig. Stel belang in jou kind/ers se voorbereiding en maak seker hulle berei betyds voor om angstigheid te vermy. Maak seker jou kind/ers leer by...

Rugby teen Porterville

Saterdag, 28 Mei, het ons Hoërskool Porterville se o.11 en o.13-rugbyspanne ontvang en onthaal by die Conradieveld. Al was die weer effens koel was die rugby en die braaivleisvuur beslis vuurwarm. o.11 wen 26-19 o.13 verloor 34-17 Baie dankie aan almal wat hierdie heerlike dag moontlik gemaak...

Gholfdag: 4 November 2022

Die Jan van Riebeeck Gholfdag wat op Vrydag, 4 November, by die Royal Cape Gholfkub plaasvind, is byna vol bespreek. Daar is enkele plekke beskikbaar. Vir besprekings kontak vir Alet by 083 703 4433.

Spesiale versoek: tweedehandse rusbank

Ons is opsoek na 'n kleinerige, baie netjiese tweedehandse tweesitplek rusbank wat ons in die opvoedkundige sielkundige se kantoor kan gebruik. Indien jy beplan om huis mooi te maak, kontak gerus vir Marinda Brink: marinda@jvrprim.co.za

Horizon-Wiskundekompetisie

Drie van ons graad 7-leerders is in die top 100 van die Horizon-Wiskundekompetisie. Die leerders is: Cara Swanepoel, Owen Wiese en Luja Marx. Hulle is uitgenooi na die top 100 prysuitdeling wat Donderdag, 9 Mei, plaasvind. Hier sal elke leerder uitvind waar hulle geëindig het. Die prestasie is merkwaardig omdat daar meer as 21 000 leerders aan die kompetisie deelgeneem het. Ons is baie trots op die...

Akademie en sport tydens eksamen: 6-15 Junie 2022

Skool begin: 07:45 Assessering gr. 1-3: 08:00 - einde van skooldag afhangend van sport vir die dag. Geen klasruilings sal plaasvind nie.  Musiekonderrig sal na afloop van die skryfsessies plaasvind. Eksamen skryfsessie vir gr. 4-7: 07:50 - 10:10 Sport is reeds ingedeel sodat daar 3 oefensessies vir elke sportsoort (hokkie/netbal/rugby) in hierdie tydperk om 11:45 - 12:45 sal plaasvind. Leerders kan op oefendae met sportdrag skool bywoon. Skool eindig: gr. 1-3 om 13:00 en gr. 4-7 om 13:15 Nasorg sal soos normaal voortgaan. Bus vertrek om...

Musiekkonserte

Die musiekkonserte vir gr. 4 - 7 vind op 21 Junie in die saal plaas.   08:30   gr. 4 en 5 10:45    gr. 6 en 7   Almal is welkom om dit by te woon. Die Seniorkoor sal aan die einde van elke konsert sing.

Hoërskool Jan van Riebeeck Kunstefees

Hoërskool Jan van Riebeeck Kunstefees

Leerders kan nou inskryf vir Hoërskool Jan van Riebeeck se Kunstefees wat 1 - 6 Augustus plaasvind. Kliek hieronder op die eerste foto vir die inligting en die tweede foto vir die inskrywingsvorm. Let wel: Ouers moet self hul kinders inskryf.

Skooltye vir die volgende paar weke

Woensdag, 1 Junie  Graad 7's verdaag vroeër: 13:15 Die res van die skool volg die tye van 'n normale skooldag. Donderdag, 2 Junie (eksamen begin vir graad 7) Graad 7's verdaag vroeër: 13:15 Die res van die skool volg die tye van 'n normale skooldag. Vrydag, 3 Junie - Woensdag, 15 Junie (eksamen vir graad 4 - 7 van 6 - 15 Junie) Graad 1 - 3 verdaag om 13:00 Graad 4 - 7 verdaag om 13:15 *Bus vertrek om 13:20 *Skoolsport sal vanaf 11:45-12:45 plaasvind.  'n Spesiale rooster is saamgestel. *Nasorg gaan...

Geagte Ouers / Voogde

In die vorige week se nuusbrief het ek na onder andere dankbaarheid verwys wat ons so dikwels miskyk, maar met my arrivering vroeg op ‘n bitterkoue Saterdagoggend, 21 Mei 2022, te Laerskool F.D. Conradie in die pragtige dorpie Prince Alfred Hamlet, het die gevoel van dankbaarheid my onmiddellik onarm. Die idilliese landskap en die driehoekige wintersportdag by F.D. Conradie was presies wat ons as stadsjapies nodig gehad het. Hulle vriendelike ontvangs en gasvryheid van die platteland is kosbaar. Die koue oggend met wit gerypte sportvelde het soos die spreekwoordelike lelike eendjie in ‘n pragtige swaan van ‘n sonskyndag verander. Graag wil ek Mnr. Labuschagne, die skoolhoof van F.D. Conradie, sy personeel en ouers hartlik bedank vir die puik georganiseerde dag met smullekker eet- en drinkgoed wat vanaf vroegoggend beskikbaar was om die koue te verdryf. Ek het natuurlik heeltemal geswig onder die vars tuisgebakte plaasbrood met die heerlikste tuisgemaakte konfyte uit die kontrei. Baie dankie aan al ons ouers/voogde wat in groot getalle die spesiale dag ondersteun het. Die samenhorigheidsgevoel onder ons ouersgemeenskap is merkwaardig. Selfs ouers wie se kinders nie eers op die dag deelgeneem het nie, het spesiaal deurgery om die Jannies te ondersteun. Baie geluk aan ons spanne wat die dag so puik gevaar het. Die plattelandse skole het weer eens getoon dat hulle hoogs kompeterend is en nooit onderskat moet word nie. Ek glo ons Jannies het ook in die proses nuwe maats gemaak en ons ouers nuwe vriende. Ek wil nie net in my nuusbrief oor sport praat nie, maar na afloop van die week se rugby, - hokkie- en netbalwedstryde, kan ek nie...

Mandeladag 2022

Ons wil hierdie kwartaal graag Ellerton en Prestwich Laerskole se voedingskemas ondersteun. Hierdie leerders kom elke dag met honger mae skool toe. Kom ons kyk of ons as Jannies genoeg kos kan insamel om hierdie skole in ons gemeenskap te ondersteun. Jy is welkom om die onderstaande items na jou kind(ers) se registerklas te stuur. Elke graad is verantwoordelik vir die insameling van die volgende items: Graad 1: Pilchards in tamatiesous (blikkies) Graad 2: Rys Graad 3: Samp (droog in sakkies) Graad 4: Bruin lensies (droog in sakkies) Graad 5: Sugar beans (droog in sakkies) Graad 6: Soja mince Graad 7:...

Belangrike Datums

julie 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor