Ons wil hierdie kwartaal graag Ellerton en Prestwich Laerskole se voedingskemas ondersteun. Hierdie leerders kom elke dag met honger mae skool toe. Kom ons kyk of ons as Jannies genoeg kos kan insamel om hierdie skole in ons gemeenskap te ondersteun.

Jy is welkom om die onderstaande items na jou kind(ers) se registerklas te stuur. Elke graad is verantwoordelik vir die insameling van die volgende items:

Graad 1: Pilchards in tamatiesous (blikkies)
Graad 2: Rys
Graad 3: Samp (droog in sakkies)
Graad 4: Bruin lensies (droog in sakkies)
Graad 5: Sugar beans (droog in sakkies)
Graad 6: Soja mince
Graad 7: Olie