Skaakuitslae: 19 Augustus
Ons o.11 span het op Vrydag, 19 Augustus, teen Houtbaai Internasionale skool gespeel. Ons het 4-2 verloor. Ons is trots op elke speler wat ons skool verteenwoordig het.
Distrik Spelling BEE uitslae
Katia van Wyk en Karlien van der Walt het Saterdagoggend aan 'n Distrik Spelling BEE deelgeneem en hulle het uitstekend gevaar. Karlien het onder die eerste vyf leerders geëindig en Katia was derde. Hulle moes 1080 woorde, tesame met die definisies leer. Twaalf skole het deelgeneem. Welgedaan aan hierdie twee...
Skaakwedstryde liga en vriendskaplik: 25 & 30 Augustus
Ons een wedstryd vir die week is aangeskuif na volgende week. As gevolg van die junior wedstryde en die boekverkope in die biblioteek sal daar nie Donderdag, 25 Augustus, oefening vir die senior spelers wees nie. Sien die onderstaande inligting vir die 2 dae en voltooi asb. die google forms. Donderdag, 25 Augustus, vriendskaplike wedstryd SPANNE: Graad 1 = x5 spelers Graad 2 = x8 spelers PLEK: Juf. Rache Turner se klaskamer WEDSTRYDE BEGIN: ±14:00 WEDSTRYDE EINDIG: ±15:00 GOOGLE FORM Dinsdag,30 Augustus, liga-wedstryd SPANNE: o.11 Gemengde span PLEK: L/s Jan van Riebeeck biblioteek WEDSTRYDE BEGIN: ±14:15 WEDSTRYDE EINDIG: ±15:15 GOOGLE...
Hoërskool Jan van Riebeeck Aanlyn Veiling
Netbal- en Rugbytoernooi by Brackenfell: 27 Augustus
Ons o.12 A en o.13 A netbalspanne asook die o.13 A rugbyspan neem Saterdag, 27 Augustus, aan Laerskool Brackenfell se J.W.G fees deel. Sien die onderstaande inligting en voltooi asb. die google form. SPANNE: Rugby: o.13 A Netbal: o.12 A en o.13 A PLEK: Laerskool Brackenfell, Brackenfell WEDSTRYDE: Vir die dag begin om 08:00 BUS VERTREK: 06:30 BUS TERUG: ± 14:00 Daar sal 'n snoepie en ander stalletjies beskikbaar wees. PROGRAM GOOGLE...
Hokkietoernooi by Rallim: 26 Augustus
Van Rallim se spanne kon nie op Donderdag, 28 Julie, teen ons speel nie en hulle nooi ons toe na 'n middag / aandtoernooi onder hul spreiligte. Die toernooi sluit egter nou ander spanne ook in. Sien die onderstaande inligting en voltooi asb. die google form. SPANNE: Dogters: o.9 A o.11 A o.13 A Seuns: o.9 A o.11 A o.13 A3 PLEK: Rallim VERTREKTYD: 15:30 (o.9) 16:30 (o.11) 18:00 (o.13) TERUG BY SKOOL: ± 18:45 (o.9) ± 20:00 (o.11) ± 21:30 (o.13) PROGRAM GOOGLE...
Eisteddfod: Kreatiewe Skryfwerk
Een-en-dertig van ons gr. 4-7-leerders het aan die einde van verlede kwartaal aan die Kaapse Eisteddfod se skryfafdeling deelgeneem. Die leerders kon kies of hulle 'n gedig of prosastuk wou skryf. Die Jannies het hulle uitstekend van hul taak gekwyt en puik uitslae opgelewer. Volgende jaar maak ons weer so! Baie geluk aan die volgende leerders wat EERVOLLE VERMELDING/VERMELDING ontvang het: Gr.4: Stella Pansegrouw Gr.6: Sophia Fourie, Emma Jonker, Emma van Biljon, Crystal Conradie, Zuletha Ferreira, Pierre-Jaque Smit, Marais Groenewald, Mieke Nel, Lisa van As en Annabel Potgieter Gr.7: Susan Burger Baie geluk aan die volgende leerders wat LOF (80-89%) behaal het: Gr.4: Sabine Barnard, Annalene VIljoen, Susie Samuels en Sarah Roff Gr.5: Karu Rademeyer, Isabella Marais, Leah de Kock en Ano Marx Gr.6: Zadie Loubser en Neil Heyns Gr.7: Lara Warren, Kate Mouton, Anna Dawes, Albert Griesel, Cara Swanepoel en Luja Marx Drie van ons leerders het HOOGSTE LOF (90%+) behaal! Daar wag groot dinge op julle drie! Baie geluk! Gr.4: Katryn Silvis (91%) Gr.5: Jeanne Koen (90%) Gr.7: Adele Holtzhausen...
Netbaluitslae Vredekloof: 15 Augustus
Ons C-spanne het Maandag, 15 Augustus, teen spanne van Laerskool Vredekloof te Brackenfell gaan speel. Die meeste van ons spanne het teen hul A of B spanne gespeel. Die uitslae was soos volg: o.7 C verloor 0-3 o.8 C verloor 1-2 o.9 C verloor 0-9 o.10 C verloor 4-12 o.11C verloor 4-5 o.12 C verloor 4-2 o.13 C verloor...
Hokkietoernooi o.9 Durbanville Voorbereiding: 24 Augustus
Ons o.9 seuns en dogters neem Woensdag, 24 Augustus aan Durbanville Voorbereiding se jaarlikse hokkietoernooi deel. Hierdie jaar vier Durbanville Voorbereiding die opening van hul eie astrovelde, so wedstryde vind by die skool plaas. Sien die onderstaande inligting en voltooi die google form. SPANNE: Seuns: o.9 A en B Dogters: o.9 A en B PLEK: Durbanville Voorbereiding. Durbanville VERTREKTYD: 13:15 TERUG BY SKOOL: ±19:00 PROGRAM: Wedstryde is 10min in een-rigting Alle wedstryde begin en eindig met 'n sirene. Gebruik asb. die badkamers in die Tienie Louw sentrum. Verversings sal die hele dag te koop wees. GOOGLE...
Dirkie Uys Interskole uitslae: 19 en 20 Augustus 2022
Nie reën of modder kon Vrydag ons spelers se gees keer nie. Ons hokkiespanne het Vrydag vir die eerste keer teen Dirkie Uys te staan gekom vir ons jaarlikse Interskole en het hul uitstekend van hul taak gekwyt. Hulle het deur die reën en koue steeds hul beste gegee. Ons het spesiaal vir Vrydagmiddag 'n seuns en dogters o.7 en o.8 span saamgestel. Ons spelers was bietjie min en dieselfde kinders het die o.7 en o.8 span verteenwoordig. Baie van die spelers het Saterdag teruggekeer om vir Dirkie Uys op die netbalbaan en rugbyveld te kom aandurf. Baie dankie aan al ons ouers en ondersteuners wat langs die veld en baan was om ons aan te moedig. Hier volg ons uitslae: HOKKIE: o.7 en o.8 spanne verloor hul wedstryde met onbekende tellings, maar geniet dit gate uit! o.9 dogters verloor 1 - 2 o.9 seuns wen 1-0 o.10 dogters wen 3-0 o.10 seuns wen 1-0 0.11 dogters wen 5 - 0 0.13A dogters gelykop 0-0 o.13 seuns wen 2-0 NETBAL: o.7 A wen 4-2 o.7 B wen 3-2 o.8 A verloor 3-5 o.9 A wen 6-5 o.9 B wen 4-2 o.10 A wen 11-3 o.10 B wen 4-1 o.11 A gelykop 11-11 o.11 B wen 11-3 o.12A wen 15-11 o.12 B verloor 10- 2 o.13 A wen 21-7 o.13 B verloor 2-5 RUGBY: o.7 A verloor 1 - 5 o.7 B verloor 6-7 o.8 A wen 4-0 o.9A gelykop 3 -3 o.11A wen 22 - 12 o.13 A verloor...
Netbalwedstryde Kenridge: 24 Augustus
Ons speel Woensdag, 24 Augustus, teen Laerskool Kenridge die wedstryde wat ons moes afstel van 10 Augustus met 'n paar ekstra spanne by. Die o.9 groep speel nie omdat daar ook 'n hokkietoernooi plaasvind. Sien die onderstaande inligting en voltooi asb die google form. SPANNE: o.7 Akkedisse, Bokkies en Cheetas o.8 Akkedisse, Bokkies en Cheetas o.10 A, B en C o.11 A, B en C o.12 A, B en C o.13 A, B en C PLEK: Laerskool Kenridge VERTREKTYD 13:00 [O/7 & O/8] 14:00 [O/9 - O/13] (Vanaf die skool) TERUG BY SKOOL: ±18:00 GOOGLE FORM...
Interskole Geesvang
Hou die Kiek later vandag vir video's en foto's van die interskole geesvang dop wat vanoggend in die skoolsaal plaasgevind het. Samehorigheid op sy beste!
Geagte Ouers / Voogde
Ons maak die naweek weer soos van ouds gereed vir nog ‘n heerlike sportnaweek, maar hierdie keer is dit tuis. Die onlangse sportnaweek in Roberston was net ‘n lekker voorsmakie van gesonde kompeterende wedstryde, heerlike samesyn en sportmanskap. Hierdie naweek is dit die tradisionele interskole tuis teen Laerskool Dirkie Uys. Ons doen dit in samewerking met Hoërskool Jan van Riebeeck wat al hul fasiliteite aangebied het om die jaarlikse ‘derby’ aan te bied. Daar gaan stalletjies wees om heerlike lekkernye te koop. Ondersteun hulle gerus. Programme is reeds vroeg die week aan alle betrokke partye versprei. By voorbaat dankie dat julle dit saam met jul kinders sal bywoon en ondersteun. Ons moenie vergeet dat die Covid-pandemie ons vir ‘n baie lang tydperk verhoed het om heerlike sportdae en -naweke aan te bied nie. Vanoggend het ons vir die eerste keer weer ‘n tipe ‘’Groot Brag’’ in die saal gehou om so ‘n bietjie gees te vang en saam as ‘n skool sportdeelname te vier. Ons skool se eerste spanne (o/13A’s) is deur hul onderskeie kapteine in die saal bekendgestel en ek het die wonderlike voorreg gehad om hul eerste span klere te oorhandig. Die opwinding is groot en aansteeklik. Hierdie spesiale geleenthede is juis dit wat kinders van hul laerskooldae omhels en onthou. Ek wens al ons sportspanne die beste toe en by voorbaat dankie dat julle beleefd teenoor ons opponente gaan optree, hulle baie welkom laat voel en sportmanskap na die volgende vlak sal neem. Graag deel ek ook met julle dat dat ons skool op Woensdag, 17 Augustus, ‘n ‘’Building Blocks’’ verifikasiebesoek deur die onderwysdepartement ontvang het....
Boekverkope: 25 en 26 Augustus
Neem asseblief kennis van die boekverkope wat op 25 en 26 Augustus plaasvind. Dit is 'n heerlike geleentheid vir leerders om hul boekversameling uit te brei en ons moedig almal aan om van die kans gebruik te maak. Leerders sal gedurende skooltyd kans kry om boeke te koop, so stuur asseblief 'n geldjie saam indien jou kind sou belangstel. Ouers is ook welkom om na skool self boeke te koop. Ons hoop om julle almal daar te...
Netwerk24 – Wiskundekompetisie
Netwerk24 in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad bied elke jaar 'n wiskundekompetisie vir graad 6 en 7 aan. Die kompetisie word aanlyn geskryf en leerders kry 60 min om 20 vrae te voltooi. Daar is groot pryse op die spel. Die wenner ontvang R15000 en R15000 gaan aan die skool. Die top 20 leerders in die Wes-Kaap word uitgenooi om deel te neem aan die finale rondte. Baie geluk aan Luja Marx (graad 7) wat in die top 20 van die Wes-Kaap geeïndig het. Dit is 'n uitstekende prestasie en ons hou vir haar duimvas vir die finale rondte. Die volgende rondte vind op 29 September...
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026