Netwerk24 in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad bied elke jaar ‘n wiskundekompetisie vir graad 6 en 7 aan.  Die kompetisie word aanlyn geskryf en leerders kry 60 min om 20 vrae te voltooi. Daar is groot pryse op die spel. Die wenner ontvang R15000 en R15000 gaan aan die skool. Die top 20 leerders in die Wes-Kaap word uitgenooi om deel te neem aan die finale rondte. Baie geluk aan Luja Marx (graad 7) wat in die top 20 van die Wes-Kaap geeïndig het. Dit is ‘n uitstekende prestasie en ons hou vir haar duimvas vir die finale rondte.

Die volgende rondte vind op 29 September plaas.