Skaakuitslae van die week
Christina du Toit en Pieter-Steph Bothma het gedurende die vakansie aan die Skaak SA Ope deelgeneem. Christina het 'n 30ste plek in haar ouderdomsgroep behaal, terwyl Pieter-Steph 'n 32ste plek verower het. Baie geluk met julle prestasies!
Fondsinsameling vir ons Terreinwerkers
Dit is met gemengde gevoelens dat ons aankondig dat vier van ons geliefde terreinwerkers, aan die einde van die jaar, by ons skool klaarmaak. Christopher, Elliam, Matthews en Patrick gaan, wanneer die skool vir Desember-vakansie sluit, terugkeer huis toe. Hulle is almal al meer as 16 jaar lank by die skool en is in murg-en-been Jan van Riebeeckers. Hulle is vir ons ontsettend kosbaar en het daagliks gehelp om ons skool veilig en skoon te hou. Hulle was en is altyd bereid om die spreekwoordelike ekstra myl te loop om te verseker dat alles wat ons aanpak, hetsy dit akademiese verryking, kultuurgeleenthede, sportdae of sosiale funksies is, vlot verloop. Hierdie vier terreinwerkers het hulself daagliks by die hartklop en ritme van ons skool ingeleef en het met toewyding die skoolgemeenskap gedien. Hulle is geliefd onder leerders, personeel, ouers en selfs mense wie om en naby die skool woon en werk. Ons is hulle oneindig dankbaar vir alles wat hulle vir die skool gedoen en beteken het. Ons gaan hulle baie mis. Gedurende hulle tyd by die skool het hulle hard gewerk om hul families op verskeie maniere te ondersteun. Elkeen het al vir hulself 'n huis tuis gebou en maak vir 'n geruime tyd planne om te kan hervestig en herenig met hul families. Die tyd het nou aangebreek waar dit sin maak om die volgende stap te neem. Ons is saam met hulle opgewonde vir die nuwe hoofstuk in hul lewens en wens hulle almal voorspoed en sukses toe, maar is ook hartseer om hulle te verloor. Die skool en Opvoedingstrust het reeds op verskeie...
Die Boekbende skop weer af
Geagte Ouers / Voogde – 24 Julie 2026
Dit is my groot voorreg om ons leerders, ouers/voogde en personeel die week hartlik terug by die skool na ’n welverdiende wintervakansie te verwelkom. Ek glo dat almal die drie weke van lekker rus behoorlik gebruik het om die spreekwoordelike battery sommer ten volle te herlaai en dat julle slaggereed is vir nog ’n besige kwartaal propvol opwindende aktiwiteite. Daar is verder heelwat sport- en kultuurgeleenthede (Konsert & Eisteddfod) om na uit te sien, veral die jaarlikse interskole wat vanjaar vir die eerste keer teen Laerskool Welgemoed vanaf 15 tot 16 Augustus tuis plaasvind, asook die tweejaarlikse konsert vanaf 14–17 September. Die Suid-Kaap-sporttoer wat vanaf 22–26 Junie 2026 plaasgevind het, was weereens ’n reuse sukses en die Gr. 6- & 7-leerders wat die toer meegemaak het, praat nog steeds met lof oor die wonderlike ervaring, veral om teen ander skole buite ons onmiddellike area te speel, asook die interessante besienswaardighede wat hulle besoek het. Ons het vanjaar weer eens nie toegelaat dat die leerders hulle selfone saam op toer neem nie. Hulle het dus saans na die sportwedstryde bordspeletjies gespeel en lekker met mekaar gesels. Dit is juis die samesyn, sosialisering en kameraadskap wat die leerders vir ’n baie lang tyd gaan onthou en koester. Weer eens baie dankie aan die personeel (mnre. Leon, André, Keenen en juff. Ischké, Shahneé, Sharon, Suné en afrigter Patrick) wat die leerders op toer vergesel het en so mooi na hulle welstand omgesien het. Baie dankie en geluk, mnr. Leon, vir al die puik beplanning en reëlings om die spesiale sporttoer moontlik te maak. Op Dinsdag, 21 Julie, het ons Jannies...
Sangafdeling van die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod
Ons wens die volgende leerders hartelik geluk met hul uitstekende prestasies by die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod wat in Mei plaasgevind het: Hoogste Lof Alida Loubser Pieter Rademeyer x3 Christina du Toit Coreen Scholtz x3 Antjie Samuel x3 Lof Alida Loubser Kitty Partner Dirkie van Eeden Noa Rademan Ons wens ook vir Coreen Scholtz (Sang, Graad 6) en Pieter Rademeyer (Sang, Graad 7 en Afrikaanse Lirieke) baie geluk met die toekenning van onderskeidelik een en twee silwer medaljes vir hul puik...
Spraak-Eisteddfod: Uitslae
Baie geluk aan die volgende leerders met hul Spraak-Eisteddfodd uitslae. Gerhard Conradie Gr.7: Hoogste Lof 90%+ onvoorbereide lees Lof ++ 87%-89% gedig Willem du Toit Gr.2 Lof 80%-85% gedig Ook aan die volgende leerders wat medaljes ontvang:
2025 Prysuitdeling Trofees Terugbring
Ons herinner graag alle ouers wie se kinders tydens die 2025 Prysuitdeling 'n trofee ontvang het, om die trofee teen 31 Augustus 2026 na juf. Marecia terug te stuur. Neem asseblief kennis dat dit die ouers se verantwoordelikheid is om die leerder se naam op die trofee se plaatjie te laat graveer voordat dit teruggestuur word. Baie dankie vir die samewerking om te verseker dat die trofees betyds is vir vanjaar se...
Aiyana presteer in Akrobatiese Solo-dans
Aiyana Alfredo (Gr.7M) het op 27 Junie die Wes-Kaap verteenwoordig by die Akrobatiese Solo-dans Sport Assosiasie se Nasionale Kampioenskappe in Johannesburg. Sy het ’n telling van 8.85 uit 10 vir haar vertoning behaal, ons wens haar geluk en is baie trots op haar...
Kwartaal 3: Welwillendheid
Hierdie kwartaal is ons fokus om diere te help! Wat: Bring kat- en hondekos skool toe. Wanneer: 28 Julie - 7 September 2026 Waar: By jou registerklas
Coreen Scholtz presteer in klaviereksamen
Coreen Scholtz (Graad 6) slaag die Trinity College London Graad 3 klaviereksamen met onderskeiding, 89%. Dit is 'n uitstekende prestasie, en ons is baie trots op haar. Welgedaan, Coreen!
Netbaluitslae van 22 Julie 2026
Hier volg die week se netbaluitslae:
Netbaluitslae van 19 Junie 2026
Verlore goedere kry ‘n nuwe “baadjie”!
Ons is baie dankbaar vir juf. Helené en haar verlore goedere-span wat so hard aan die verlore goedere werk. Hannes Muller was so gaaf om die ruimte netjies af te rond sodat die items nie so deurmekaar lyk nie. Help ons asseblief om hierdie verlore goedere-spasie netjies en georganiseerd te hou. Dankie vir hierdie samewerking! Kyk gerus na die skakel ... dalk herken jy jouself....
JUNIOR KOOR: Kwartaal 3 Belangrike Datums
4 Augustus: Reddam Sings (Reddam Constantia) @ 18h00. Daar sal busvervoer en genoeg toesig wees. Leerders vertrek 16h00 met die bus na Reddam, en ons beveel sterk aan dat alle koorlede van busvervoer gebruik maak. Dit is altyd lekker vir die gees en luim van die groep! 2 September: Koorkonsert saam met Jiřičiky Jeugkoor (Tsjeggië), Hoërskool Jan van Riebbeeck en Laerskool Jan van Riebeeck Junior en Senior kore (LS JvR Skoolsaal) @ tbc 8 September: Kaapse Afrikaanse Eisteddfod. Die spesifieke tyd en venue is nog nie deur die Eisteddfod bevestig nie. Teken hierdie belangrike datums asseblief aan. Dit is opwindende geleenthede om na uit te sien, en ons wil graag met ’n volledige koor optree! Hou die Junior Koor WA-groep dop vir meer inligting rakende die onderskeie konserte. Kontak gerus vir Juf Bea indien daar enige vrae...
Studiekursus: Kwartaal 3
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026