Ons herinner graag alle ouers wie se kinders tydens die 2025 Prysuitdeling ‘n trofee ontvang het, om die trofee teen 31 Augustus 2026 na juf. Marecia terug te stuur.

Neem asseblief kennis dat dit die ouers se verantwoordelikheid is om die leerder se naam op die trofee se plaatjie te laat graveer voordat dit teruggestuur word.

Baie dankie vir die samewerking om te verseker dat die trofees betyds is vir vanjaar se prysuitdeling.