Skrywer: Suzaan Burger

WKOD-Wiskundekompetisie, finaal

Verlede Saterdag het 11 van ons leerders deelgeneem aan die finale rondte van die WKOD-Wiskundekompetisie. Nadat die eerste rondte voltooi is, is 222 leerders uitgenooi van 134 verskillende skole om aan die finale rondte deel te neem. Dit is altyd lekker vir ons om aan die kompetisie deel te neem, want ons neem deel teen skole soos Rondebosch, SACS, Rustenburg Girls en vele meer. Die formaat van die kompetisie word in twee verskillende katogerieë verdeel. Kring en Distrik. Alle leerders skryf op dieselfde tyd en nadat hulle alle vraestelle gemerk het, kondig hulle die wenners aan van elke kring, vanaf graad 4-7. Daar is 8 kringe in ons distrik. Ons val in kring 7 en daar is 20 skole in ons kring. Die kringwenners was: Graad 4 Jan Karsten 2de Sebastiaan Maree 3de Graad 6 Peet Karsten 1ste Dawid Adler 3de Graad 7 Johann Jordaan 1ste Gerard Snijders 2de Benjamin Pienaar 3de Nadat alle kringwenners aangekondig is, was dit tyd om te kyk wie die algehele wenners per graad was: Peet Karsten 3de graad 6 Gerard Snijders 2de graad 7 Johann Jordaan 1ste graad 7. Dit is ‘n ongelooflike prestasie. Hierdie drie seuns kan baie trots voel op die pragtige uitslae. In die top 3 in ons hele distrik. Baie geluk aan elke leerder wat deelgeneem het. Om net uitgenooi te word na die finale rondte, is reeds ‘n...

Lees Verder

Ouer-en kindtoernooi

JvR en Matchpoint Tennis bied Saterdag 15 September ‘n Ouer en kind Dubbelstoernooi aan vir enige leerders en ouers wat belangstel. Dis baie informeel en al het jy jare laas gespeel, verwelkom ons dit! Ons sal die pare in groepe verdeel volgens standaard en sodoende ‘n rondomtalie basis volg. Dis groot pret en ‘n baie lekker aktiwiteit om saam met die kinders te doen. Plek: Laerskool Jan van Riebeeck tennisbane Tyd: 9:00 tot 12:00 Sluitingsdatum vir inskrywings: 12 September Inskrywings word gedoen deur die Google vorm te voltooi: https://goo.gl/forms/72PgApgObk0Nsqbg1 Indien daar ouers is wat ‘n paar opknap lesse wil neem, kan hulle vir Matchpoint Tennis...

Lees Verder

Swemnuus

Ons hoop om volgende week met die swemoefening te begin, dit sal egter van die weer afhang. Op hierdie stadium werk ons asof ons voortgaan. Alle swemmers moet onthou om hul kostuum, swempet, bril en handdoek saam te bring vir die les. Soos ons in die vorige nuusbrief genoem het, is ons besig om nuwe afrigters te soek. Ons het dit goed gedink om die potensiële afrigters vir praktiese onderhoude te nooi. Dit beteken dat daar by volgende week se lesse verskillende afrigters gaan wees . Hulle bied die lesse vir al die groepe op die dag aan en ons sal daarna besluit wie ons gaan aanstel. Dit is vir ons belangrik dat hulle goed met die kinders kan werk. Baie dankie aan almal wat reeds aangedui het in watter swemgroep hulle wil wees. Die swemgroepe is agter op die sportprogram (rooibladsy) wat leerders al ‘n tydjie terug ontvang het. Indien iemand nog wil aansluit of van groep wil verander, stuur ‘n e-pos aan...

Lees Verder

Rugby: BSC Sewes-toernooi

Ons het die winterseisoen op Saterdag 1 September op ‘n uitstekende noot afgesluit . Ons O/11 en O/13 rugbyspanne het aan die BSC Sewes-toernooi deelgeneem. Dit was ‘n heerlike dag en die rugby was van hoogstaande gehalte. Die ses skole wat deelgeneem het ,is Kampsbaai, Parklands, Monte Vista, Kronendal, Elkanah House en Jan van Riebeeck. Ons O/11’s het uitstekend gevaar. Hulle het 4 van hulle 5 wedstryde gewen en gelykop teen Kronendal gespeel. Die O/13’s het net so goed gedoen en ook 4 van hulle 5 wedstryde gewen. Hulle het slegs teen Monte Vista verloor. ‘n Spesiale woord van dank aan mnr. en juf. Hanekom wat die dag gereël het.Baie dankie ook aan die mammas wat met die verkope en verversings gehelp het en natuurlik ons getroue manspersoneel vir al hulle hulp! Ons het baie goeie terugvoer van ander skole ontvang. Dankie vir elke ouer wat deur die loop van die seisoen hulle spelers ondersteun het. Tot volgende...

Lees Verder

Vakansiesorg Oktober 2018

Vakansiesorg is beskikbaar vanaf 1 Oktober tot 5 Oktober. Vul asb. die vorm hieronder in as julle hierdie vakansie van vakansiesorg gebruik gaan maak. Aansoeke sluit 26 September. E-pos die aansoek en vrywaring aan Lorraine ( lorrvanvuuren@gmail.com ) of bring die hardekopie Nasorg toe. Die vorm kan hieronder afgelaai word. Daar sal ook hardekopieë by Nasorg beskikbaar wees. Aansoek en vrywaringsvorm: Vakansiesorg Okt...

Lees Verder

Liewe Aarde Nuus, week 7 Sept

Jannies van die week is Mieke en Adrian Huysamen. Dankie dat julle so gereeld herwin! Geniet die ete by Col’Cacchios. Daar sal vir die volgende week, twee wieldromme by die depot wees vir ecobricks. Hopelik is daar gesinne wat steeds bou aan ecobricks. Maak hulle die week nog stampvol en bring depot toe. Dan reël ons om einde volgende week (14 September) almal se bricks op een slag na die Woodstock kwekery te...

Lees Verder

Woord van die week nr 72

agterbaks Definisie: in die geheim of agter iemand se rug Sin: Die agterbakse kind het ‘n boek uit die biblioteek gevat sonder om dit uit te neem. Wenner: Marianne Nel, gr. 6dJ

Lees Verder

Hoërskool Jan van Riebeeck-nuus

Matriekraad: Jenna Scott, Danielle de Vries, Eugene Shitikulu, Revaldo Warnick, Dirk Maree, Lané Beyer, Emil van der Walt, Mika Lonte, Pippa Bester, Larian Volkwyn, Chelsea Smyth, Mila Yssel en Sabah Cabano. Afwesig: Magdaleen Jansen VRL: Phillip Herbst, Dirk Maree, Lané Beyer, Jana-Mari Beukes, Leander Viljoen, Louis Jordaan, Dylan Keyser, Betsy Wilke, Emil van der Walt, Lydia-Mari Erasmus, Mila Fourie, Dominique van der Merwe en Cavan McKeon.   Gerhard Joubert, (links) ‘n graad 11-leerder van Hoërskool Jan van Riebeeck, wen vanjaar se Pieter Kooij Musiekkompetisie! Daar het vanjaar 8 (uit 28) leerders deurgedring tot die finale ronde wat vanjaar op Lentedag gehou is. David Cyster (klarinet) verdien ‘n tweede plek. Prof. Hubert van der Spuy, dr. Benita van Blerk en mev. Anne-Marie Swanepoel was die beoordelaars. Gerhard is die eerste Jan van Riebeecker om dié prestasie te behaal. Migael Mouton, (regs) ‘n graad 11-leerder in Hoërskool Jan van Riebeeck behaal ‘n 2de plek in die SA Society for History Teaching se nasionale...

Lees Verder

Akademiese Spele:Program

Die Akademiese Spele (17 – 21 September 2018) beloof om heelwat verryking, integrasie en pret rondom die tema Sportwetenskappe vir leerders, onderwysers en ouers in te hou. Daar sal binnekort ‘n GOOGLE FORM uitgestuur word waarop ouers moet aandui aan watter aktiwiteite hul kinders in die middae wil deelneem tydens die Akademiese Spele. Dit is gratis en vrywillig. Indien u kind nie aan die aktiwiteite wil deelneem nie, sal daar toesig by die skool wees tot die einde van die skooldag. Daar sal gedurende die Akademiese Spele geen skool-buitemuurse aktiwiteite plaasvind nie, omdat ons die alternatiewe program volg. Onderaan is die program van addisionele aktiwiteite wat aangebied sal word. Let asseblief daarop dat ons ‘n spesiale oueraand (Woensdag, 19 September 2018 om 19:00 in die skoolsaal) aanbied, waartydens Heleen Meyer oor gesonde kos en eetgewoontes sal gesels en daarna sal Rob Buck (fisioterapeut en sportdirekteur van Pinehurst) ons toespreek: Maak jy ‘n kind of sportheld groot; Die verhouding tussen ouer, kind en sport? Onthou om R50 per leerder deur middel van Karri / kontant / EFT te betaal.U betrokkenheid en ondersteuning word opreg waardeer. Akademiese Spele Program...

Lees Verder

Kore tree weer op

Albei ons kore tree op 18 Oktober om 19:00 by Hoërskool Parow saam met Laurika Rauch op. Kaartjies is by juf Helecia Groenewald te koop: kontant of EFT aan die skool.Die kaartjies kos R120 per persoon.

Lees Verder

Nuusbrief van 31 Aug. 2018

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, 31 Aug. 2018 Datums Vrydag, 31 Augustus 2018 Sivvies Vrydag, 31 Augustus 2018 Lentedag Vrydag, 31 Augustus 2018 GEKANSELLEER Skaak Vrydag, 31 Augustus 2018 Philip Chimukuyu(heksekuriteit) verjaar Saterdag, 1 September 2018 Rugby 7s Toernooi Sondag, 2 September 2018 Liezel de Jager (Juffrou) verjaar Maandag, 3 September 2018 Begin met Somersport Maandag, 3 September 2018 Sanna Molepo (terrein) verjaar Dinsdag, 4 September 2018 Gr.7 ATKV Olimpiade Dinsdag, 4 September 2018 Patrick Chadzuka (terrein) verjaar Woensdag, 5 September 2018 Fotodag: ALLE sportsoorte Donderdag, 6 September 2018 Loslitdag: “Be an everyday superhero” Vrydag, 7 September 2018 Oupa-en Oumadag Vrydag, 7 September 2018 GEKANSELLEER Skaak @ Weizmann WEG Saterdag, 8 September 2018 WOW Spelfees: Wes-Kaap Saterdag, 8 September 2018 Dolinda Mfulo (Nasorg) verjaar Dinsdag, 11 September 2018 Leerderraad:Saal Woensdag, 12 September 2018 Trix vd Vyver (Juffrou) verjaar Donderdag, 13 September 2018 Wiskundekompetisie MELKBOS Vrydag, 14 September 2018 Gr.1: Boekbesoek INGRID MENNEN Vrydag, 14 September 2018 Akkedissiefees Saterdag, 15 September 2018 Tennis:Ouer/Kindtoernooi Maandag, 17-21 September 2018 Akademiese Spele Maandag, 17 September 2018 BR Vergadering Dinsdag, 18 September 2018 Geen saal Woensdag, 19 September 2018 Marli Klynsmith (Juffrou) verjaar Donderdag, 20 September 2018 Heidre Ehlers (Juffrou) verjaar Vrydag, 21 September 2018 Kaskarkompetisie Saterdag, 22 September 2018 Dapperstappers Maandag, 24 September 2018 Erfenisdag VAKANSIEDAG Dinsdag, 25 September 2018 Geen saal Woensdag, 26 September 2018 Gr.3-7: Skrywersbesoek TROULA GOOSEN...

Lees Verder

Oupa- en Oumadag, 7 Sept

Oupa- en Oumadag is om die draai en ons sien vreeslik daarna uit om almal hartlik te verwelkom. ‘n Oggend van lag, lekkerte en samesyn word verwag, met ‘n tikkie liefde en bederf bygevoeg, om die oggend perfek af te rond. Al die Oupa- en Oumadag-kaartjies is reeds uitverkoop en ons wil dankie sê vir elke persoon wat die opwinding met ons deel. Die kaartjies sal op 3 September aan die leerders oorhandig word. Maak asseblief dus seker dat u die kaartjies by u kind kry. Sien julle volgende Vrydag om...

Lees Verder

Edro Robotics

Die leerders wat aan hierdie privaat buitemuurs by die skool behoort, sal steeds more hulle klasse hê op die afgespreekte tye. Grondslagfase(Gr.1-3): 13:45 – 14:45 in klasnrs. 33 en 34 Seniors(Gr.4-7): 14:30 – 15:30 in Rekenaarsentrum Die wagtyd vandat die skool more verdaag tot wanneer die klas begin, is net vir more langer omdat die skool vroeër uitkom. Hulle gaan egter by NASORG wag totdat hul klas begin as hulle geen ander heenkome het...

Lees Verder

Liewe Aarde Nuus van 31 Aug.

Baie geluk aan Taru de Wet in Graad 2 wat Jannie van die week is. Dankie dat julle so getrou herwin! Geniet die Col’Cacchios ete! Onthou dit is eerskomende Vrydag 31 Augustus, Lentedag by die skool! Bring blomme en blarekransies uit jou tuin of omgewing om die aanbreek van Lente in jou sivvies te kom vier! Ons vra ‘n R5 bydrae vir ‘n muntlegging tydens 1ste pouse in die vierkant wat aangewend sal word vir die opknapping van die Graad 7’s se speelgrondarea. Volgende Dinsdag 4 September, vier ons ook Boomplantdag by JvR. Liewe Aarde het met die geld wat ons maak uit julle herwinning struike aangekoop om in die potte op die vierkant te plant. Dankie aan almal wat by die skool...

Lees Verder

Trotse Jannie

Naam en van: Darren Cloete Graad: 6B Waar bly jy?: Ek bly in Stellebosch Gunsteling vak: Geskiedenis is my gunsteling vak. Dis vir my baie interessant. Ek is ‘n trotse Jannie, want ek is ‘n goeie tennisspeler. My gunsteling speler is Novak Djokovich omdat hy so goed speel en steeds nederig...

Lees Verder