Baie geluk aan Taru de Wet in Graad 2 wat Jannie van die week is. Dankie dat julle so getrou herwin! Geniet die Col’Cacchios ete!
Onthou dit is eerskomende Vrydag 31 Augustus, Lentedag by die skool! Bring blomme en blarekransies uit jou tuin of omgewing om die aanbreek van Lente in jou sivvies te kom vier! Ons vra ‘n R5 bydrae vir ‘n muntlegging tydens 1ste pouse in die vierkant wat aangewend sal word vir die opknapping van die Graad 7’s se speelgrondarea.
Volgende Dinsdag 4 September, vier ons ook Boomplantdag by JvR. Liewe Aarde het met die geld wat ons maak uit julle herwinning struike aangekoop om in die potte op die vierkant te plant. Dankie aan almal wat by die skool herwin!