Skrywer: Suzaan Burger

Help ons 4-voet vriende

As deel van ons 100 jaar feesvieringe by Laerskool Jan van Riebeeck, wil ons graag ons 4-voet vriende se harte gelukkig maak. Ons Jannies wil poog om 100 sakke hondekos vir Fallen Angels Diere Skuiling in te samel. Die sakke hondekos kan tot en met 11 Maart by juf. Schultz se klas ingegee word. Kom ons vat hande en maak ‘n...

Lees Verder

Veiling 2020

30 veilinglotte 160 sitplekke Kunswerke deur Claudette Schreuders, Norman O’Flynn, Henk Serfontein, Barbara Wildenboer, Conrad Botes en meer. Ook etse, beeldhouwerk, juweliersware en ’n paar opwindende ervaringe, ideaal vir ’n groepsbod. Katalogus aanlyn beskikbaar vanaf 20 April. Bespreek...

Lees Verder

Somersokkie, 6 Maart 2020

Die Somersokkie is om die draai en die Jannies is baie opgewonde vir hierdie jaar se eiland dans! Kaartjieverkope sluit Maandagaand om 22:00 op die Karri toep. Geen kaartjies sal na Maandag verkoop word nie weens pizza bestellings wat ingedien moet word. Kontant- kaartjies kan nog Maandag tydens skool in juffrou Wright se klas gekoop word. Ouers moet asb die formele uitnodiging by hulle hou as kinders afgelaai en weer opgetel word. Dit is sodat ons kontrole kan hou vir die kinders se veiligheid. Geen ouers sal toegelaat word op die terrein na 18:30 nie en kinders moet asb. weer stiptelik om 22:00 opgetel...

Lees Verder

Trotse Jannie

Naam en van: Alexandria Cooper Graad: 6W Waar woon jy?: Delft Gunsteling vak: “Ek hou van Wiskunde, want ek is goed met syfers.” Ek is ‘n trotse Jannie, omdat … “ek deel kan wees van hierdie pragtige skool. Al die onderwysers is baie vriendelik. Ek het baie vining nuwe vriendinne gemaak en hulle is almal baie...

Lees Verder

Liewe Aarde

Baie geluk aan ons Jannie van die week, Zara Winter in Graad 2J. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio.. Het julle geweet dat klein hoeveelhede medikasie in ons kraanwater kan wees. Watersuiweringsprosesse haal nie alle chemikalieë uit die water nie. Raak dus ontslae van ongebruikte medikasie op ‘n verantwoordelike manier deur dit na jou naaste Clicks of Dischem apteek te neem (en nie by die drein af te gooi...

Lees Verder

Klasbraai – Vrydagaand

Ons herinner alle ouers aan ons klasbraai wat hierdie Vrydagaand vanaf 18:30 op die Conradieveld sal plaasvind. Die skool sal sorg dat daar genoeg braaidromme en hout vir elke klas sal wees, maar al die ander dinge moet julle asseblief self saambring. Jy moet dus self ‘n rooster, ‘n lamp, glase, eetgerei, stoele, komberse, drink- en eetgoed, ensovoorts saambring. Ek is seker daar sal genoeg braaiers, helpers en skinkers wees vir al die enkelouers, maar veral vir die enkelma’s… so jy hoef regtig nie die geleentheid mis te loop omdat jy nie kan braai...

Lees Verder

Beheerliggaam: Tussenverkiesing

Kees Snijders het bedank as beheerliggaamslid (hy het nou by Hoërskool Jan van Riebeeck se BR betrokke geraak) en daarom het ons dus ‘n vakature as verkose ouerlid beskikbaar. Die beheerliggaam het intussen vir Esri Marais as lid gekoöpteer aangesien sy al vir ‘n geruime tyd die BR met regsadvies bystaan. Die verkiesing sal op Woensdag, 8 April, om 19:00 in ons skoolsaal plaasvind. Kliek HIER vir die verkiesingsvergadering kennisgewing en HIER vir die...

Lees Verder

Swemgala, 28 Feb.

Eerskomende Vrydag sal die swemgala vir Gr. 1 tot 3 in ons swembad plaasvind. Dit sal om 09:00 begin en behoort teen 12:00 afgehandel te wees. Indien die gala voor 13:00 klaar is en die leerder se ouer/s, aupair of voog by die gala is, kan hulle die leerder by sy/haar juffrou se klas gaan haal en vroeër huis toe neem. Die leerder moet egter na die gala eers na sy/haar klas toe gaan, anders weet die onderwyser nie wie saam met sy/haar ouer/s huis toe is nie. Leerders wat nie gaan swem nie moet met somerskooldrag skool toe kom. Die privaat buitemuurse aktiwiteite gaan soos normaal...

Lees Verder

Jannies Talent

Maak ‘n nota van die heerlike gesinsaand. Ons leerders kry die aand ‘n geleentheid om te kom spog met hulle talente. Die kaartjies is R50 vir volwassenes en R30 vir kinders en sal by die deure te koop wees. Kom vier die einde van die kwartaal met ‘n lekker pret-aand. Indien daar nog leerders is wat wil deelneem, kontak juf. Helecia. Jy het tyd tot 6 Maart om in te...

Lees Verder

OOV kommunikasie

Die skool het altyd ouers die opsie gegee om te kies of hulle OOV kommunikasie wil ontvang of nie. Heelwat ouers het steeds nie aangedui of hulle die kommunikasie wil ontvang of nie, wat beteken dat party gesinne glad nie OOV kommunikasie ontvang nie. Dit is egter belangrik dat hierdie kommunikasie by elke gesin uitkom. Ons het dus besluit om OOV kommunikasie hierdie jaar aan alle ouers te stuur. Minstens een ouer per gesin moet asb. die e-posse wat uitgaan,...

Lees Verder

2020 Veiling Fondsinsameling

Die jaar is reeds lekker aan die gang, en so ook bedrywighede rondom die JvR Laerskool Opvoedingstrust! Dis met groot opgewondenheid dat ons ouers, familie en vriende uitnooi na die 2020 Veiling Fondsinsameling wat op Saterdag, 16 Mei, aangebied sal word. Kaartjies is vanaf vandag by QUICKET beskikbaar. Die ikoniese en majestueuse Sentrum vir die Boek, in Koningin Victoria-straat, langs die Kompaniestuin, is waar dit alles sal gebeur: ’n eersteklas ete, uitsoekwyne, veilinglotte om oor huis toe te skryf, en ’n hele paar vars vermaakverrassings. Die Veiling is vir meer as twee dekades reeds ’n onmisbare deel van die skool en gemeenskap se trotse, en dankbare, tradisie van wedersydse betrokkenheid. Dit het ’n gegewe geword op die skoolkalender, en ’n glansgeleentheid waarna wyd uitgesien word. Dit is na aanleiding van Veiling-opbrengs dat die Trust gestig is, en sedert 2017, is dit ’n volwaardige en finansieel ’n essensiële, Trust-inisiatief. Die veiling-lotte, waarvan daar vanjaar 30 sal wees, is ’n uiteeenlopende en eksklusiewe versameling bydraes, van alumni en ouers, vriende en familie sowel as die omliggende besigheidsgemeenskap en welwillende ondersteuners oor die wêreld. En daar is altyd iets vir almal. Vanjaar se katalogus sal veral gekenmerk word deur ’n groot versameling kuns, eksklusiewe ‘experiences’ en unieke kombinasie-lotte. Die katalogus sal vanaf 1 Mei aanlyn beskikbaar wees, en as glansbrosjure op die aand. Maak vanjaar dié jaar. Kom beleef een van die...

Lees Verder

Woord van die week 87

Hierdie week is daar 3 wenners vir Woord van die week. Al 3 wenners het die spyker op die kop geslaan met hul inskrywings en ons kon sien dat hulle presies weet wat die woord beteken. Woord van die week 87: fiemies Definisie: Sophie Wasserman (Gr.4) sê dit is wanneer ‘n mens vol nonsens is. Calla van Vreden (Gr.4) sê: “My suster is vol fiemies en eet net soetgoed.” Gustav Pansegrouw (Gr.5) sê: “My ma noem my kosblik die ‘fiemiesblik’.ˮ Oorsprong: Die woord het sy oorsprong in Latyns, vanuit ‘n woord wat ‘gemors’...

Lees Verder

Huppelland (Conradieveld) parkering

GEEN ouers mag kinders op- of aflaai op die Conradieveld of die Huppelland-personeel parkering tydens sportoefeninge of wedstryde nie. Dit veroorsaak erge verkeersknope aangesien dit gebeur wanneer die skoolbussies die leerders daar aflaai en ook Huppelland ouers hul kleuters kom oplaai. Huppelland personeel word ook gereeld vasgeparkeer. Geen ouer mag voor die groot hek van die Conradieveld of op die bus se parkering stop nie. Baie dankie vir julle samewerking en bedagsaamheid in die...

Lees Verder

Liewe Aarde

Baie geluk aan ons Jannie van die week, Lara Pieterse in Graad 6B. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio.. Het jy geweet dat plastiekstrooitjies een van die mees algemene items is wat strande en die see besoedel? Strooitjies is baie sleg vir die omgewing, maar hoe drink mens nou jou melkskommel sonder ‘n strooitjie? Baie restaurante het deesdae al bio-afbreekbare alternatiewe tot plastiekstrooitjies, maar mens kan ook jou eie papierstrooitjies maak. Slurp, slurp! Kliek op hierdie SKAKEL vir ‘n lekker projek om strooitjies by die huis te...

Lees Verder