Baie geluk aan ons Jannie van die week, Lara Pieterse in Graad 6B. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio..

Het jy geweet dat plastiekstrooitjies een van die mees algemene items is wat strande en die see besoedel? Strooitjies is baie sleg vir die omgewing, maar hoe drink mens nou jou melkskommel sonder ‘n strooitjie? Baie restaurante het deesdae al bio-afbreekbare alternatiewe tot plastiekstrooitjies, maar mens kan ook jou eie papierstrooitjies maak. Slurp, slurp! Kliek op hierdie SKAKEL vir ‘n lekker projek om strooitjies by die huis te maak.