Skrywer: Suzaan Burger

Boekinsamelingsprojek vir “Home of Hope”

Cape Argus is tans besig met ‘n spesiale boekinsamelingsprojek vir minderbevoorregte kinders van die “Home of Hope”. Ons doen ‘n beroep op ouers om enige Afrikaanse en/of Engelse leesboeke (ouderdomsgepas 4 – 11 jaar) wat by die huis rondlê asseblief vir hierdie noodsaaklike projek te skenk. Die boeke kan sommer direk na ons skool se biblioteek geneem word. Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid om uit te reik en instrumenteel te wees om die sosiale en opvoedkundige probleme in behoeftige areas aan te...

Lees Verder

Klerebank

Die klerebank is tot 7 Julie 2021 elke Maandag- en Woensdagoggend van 07:20 tot 08:00 oop. Kliek HIER vir aanlynbestellings.

Lees Verder

Geagte Ouers/Voogde

Ek hoop regtig en vertrou dat dit met julle en julle gesinne goed gaan en dat almal veilig is, veral met die uitbreek van die 3de vlaag van die Covid-19 pandemie in ons ikoniese moederstad. Gister se statistieke toon dat daar 64 infeksies per 100 000 Suid-Afrikaners die laaste 7 dae plaasgevind het. Ons land se infeksiesyfers soos op 10 Junie staan op 1, 712 939 en 57 310 Suid-Afrikaners is sedert die begin van die pandemie oorlede. Die vraag is: “Is daar rede tot kommer?”. Alhoewel daar ‘n toename in die aantal infeksies is, glo ek dat indien ons waaksaam bly en die nodige Covid-19 protokol eerbiedig ons binnekort hierdie aanslag ook sal oorwin. Verskeie van ons gesinne is die afgelope week erg geraak waar van die gesinslede positief vir die virus getoets is en hulle is in isolasie van 10 dae geplaas. Wees verseker dat indien leerders as gevolg van siekte nie skool kan bywoon nie, ons nog steeds ons leerders akademies sal ondersteun. Julle hoef glad nie bekommerd te wees in terme van assesserings nie; ons sal beslis ‘n plan maak! Graag wil ek julle as ouers bedank dat julle die skool se Covid-19 protokol eerbiedig deur nie jul kinders skool toe te stuur wanneer ‘n gesinslid siek is of as ‘n lid vir ‘n Covid-toets gaan. Baie dankie dat julle verstaan dat dit moeilik is...

Lees Verder

Covid-19: 3de vlaag

Liewe Ouers/Voogde Dit is duidelik dat die 3de golf van die pandemie ons midde betree het en daar is ‘n toename van infeksies onder ons ouers en gemeenskap. Die doel van die brief is nie om paranoia te veroorsaak nie, maar eerder vir jul te versoek om nie jul kinders wat enige verkoue/griep simptome onderlede het, skool toe te stuur nie. Ons besef dit is vir heelparty ouers logisties moeilik en dan word kinders in ieder geval afgelaai. Dit is tans verkoueseisoen, maar probeer asseblief verstaan ons kan nie tussen Covid en verkoue onderskei nie. Ons doelwit was nog altyd en bly om soveel moontlik leerders heeltyd tydens die uitdagende tye by die skool te akkommodeer. Wees asseblief nie bekommerd oor jou siek kind se akademie nie, aangesien opvoeders deurgaans die klaswerk sal kommunikeer. Gereelde en eerlike kommunikasie bly vir ons ‘n prioriteit – so kan ons ook onder andere bepaal wanneer siek leerders kan terugkeer skool toe. Baie dankie dat julle waaksaam gaan wees sodat ons saam die pandemie kan bestuur en in die proses die veiligheid van die skoolgemeenskap kan verseker. Groete Naas...

Lees Verder

Lawwe Haardag! – Dinsdag, 15 Junie

Kom geniet ‘n prettige Jeugdag saam met jou Jannie-maats! Trek kleurvolle sivvies aan en doen iets GEK met jou hare! Koste: R5, betaalbaar op die Karri-toep vanaf Maandag, 7 Junie. Daar sal ook pouse lekkernye te koop wees en musiek om te geniet! Geld word ingesamel ten bate van die graad...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Skielik het Junie-maand aangebreek en met die 3de vlaag van Covid-19 wat soos ‘n onwelkome gas opdaag, kondig die president ook aan dat die land na vlak 2 van die grendelperiode beweeg. Ek is seker daarvan dat julle ook bewus is van die vlaag van tienerselfmoord wat die laaste paar weke in die Wes-Kaap sy kop uitgesteek het. Die pandemie met al sy drakoniese regulasies het nie net ‘n vernietigende effek op die ekonomie nie, maar ook ‘n geweldige sielkundige effek op die mensdom self. Ons kyk ons dalk vas in die sigbare en meetbare gevolge van die pandemie soos byvoorbeeld die sterftesyfer, maar die ‘verborge’ effek word dikwels nie raak gesien nie. Sommige mense wat die virus opdoen, sukkel met die stigma en is ook ‘n bydraende faktor wat tot swak geestesgesondheid lei. Sielkundiges waarsku al vir ‘n geruime tyd dat die grendelmaatreëls wat deur regerings wêreldwyd geïmplementeer is, met tyd sy tol sal eis. Dus het die ‘tikkende tydbom’ ontplof en die lewens van verskeie jong tieners in ons omgewing onnodig geëis. Ek besef dat ons net ‘n laerskool is, maar steeds wil ek ‘n ernstige beroep op julle as ouers/voogde doen om saam met ons waaksaam te wees en ons kwesbare leerders/kinders se emosionele gesondheid daagliks te monitor en by te staan waar nodig. Op ‘n meer positiewe noot wil ek graag terugvoering gee rakende ons...

Lees Verder

Sokkies vir Dokkies – Vrydag sivvies

Ons hou eerskomende Vrydag ‘n baie spesiale sivviedag waartydens ons ons mediese personeel, spesifiek die dokters (dokkies), eer vir die werk wat hulle doen. Deur hierdie dag te vier trek ons snaakse, opwindende, prettige sokkies aan. Geen kostes is hieraan verbonde nie, want mediese personeel lewer ‘n kosbare diens en gee baie ekstra van hulself aan hul...

Lees Verder

Hoërskool JvR: Bergfietsfees uitgestel

Met verwysing na die advertensie wat in verlede week se nuusbrief geplaas is: As gevolg van die nuutste skrywe ontvang van Schools Cycling South Africa, gaan ons nie voort met ons Bergfietsfees op 5 Junie nie, maar verskuif dit na 28 Augustus 2021. Ons hoop dat Laerskool Jan van Riebeeck die dag dan saam met ons sal kom...

Lees Verder

Waarde vir die maand: Respek

Respek is om bv. ander te behandel soos wat jy behandel wil word, aan ander se gevoelens te dink en verskillende mense se opinies in ag te neem. Kom ons moedig ons leerders aan om mooi te dink en praat van hulself, hul ouers en hul vriende, hul besittings op te pas en met respek teenoor ander mense op te tree. Kliek op die video om te sien hoe twee van ons leerders verduidelik hoe hulle respek toon. Kliek hieronder vir ‘n video van die leerderraad wat verduidelik hoe jy respek kan...

Lees Verder

100 jaar +1

Alle sosiale funksies ter viering van ons skool se verjaarsdag, skuif na 2022. Ons sal dan ‘n 100 jaar +1 feesviering hê. Datums sal binnekort gekommunikeer word.

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Terwyl Mei-maand einde se kant toe staan, is Moeder natuur hard aan die werk om die heerlike herfsweer stadig maar seker aan die genade van die winter oor te laat. Ons is so geseënd met die goeie reën die afgelope tyd en moontlik het ons gou vergeet dat ons pragtige moederstad aan die einde van Februarie 2018 ‘n baie ernstige waterkrisis beleef het en amper die gevreesde ‘’Dag Zero’’ bereik het. Wie sou kon voorspel dat na afloop van die waterkrisis in Kaapstad en die beplande beurtkrag van ESKOM ons nog ‘n krisis in die gesig sou staar met die Covid-19 pandemie wat ons daaglikse bestaan en werkswyse drasties verander. Alles wat vanselfsprekend is, het in ‘n oogwink verander. Met die 3de vlaag van Covid-19 wat haas onafwendbaar is, wil ek vir julle die versekering gee dat ons alles in ons vermoë sal doen om die veiligheid van die leerders en die skoolgemeenskap te verseker. Nuwe regulasies het ons as skool reeds die afgelope week genoodsaak om die formaat van sportoefeninge te verander asook dat kooroefeninge vanaf 24 Mei slegs in graadverband sal geskied. Ons sal dan weekliks die sport- en kooroefeninge bestuur afhangend van die erns van die 3de Covid-vlaag. Dit is vir ons belangrik dat ons leerders so lank as moontlik aktief bly en met aangepaste sport- en kultuuraktiwiteite voortgaan totdat die erns van die pandemie vir...

Lees Verder

Uitkomtye vir Gr.4-7

Vanaf Maandag, 31 Mei, sal die volgende uitkomtye geld: Gr.4 & 5 14:10 Maandag – Donderdag 14:00 Vrydae (Normale tyd) Gr.6 & 7 14:00 Maandag – Donderdag 13:50 Vrydae (10 minute...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Ons kom aan die einde van nog ‘n suksesvolle week en ons skool is baie geseënd dat alles klopdisselboom verloop. Die enigste demper die week is die afkondiging deur die Nasionale Onderwysdepartement, asook WKOD, dat alle kontaksporte met onmiddellike effek afgestel moet word as ‘n voorsorgmaatreël om die impak van die 3de Covid-vlaag hok te slaan. Julle wonder seker waar dit ons as skool t.o.v. die sportaktiwiteite laat wat die afgelope tyd so mooi in plek geval het? Graag deel ek dat ons met wintersportoefeninge tot verdere kennisgewing voortgaan, maar die formaat gaan verander en die fokus tydens oefeninge verskuif na vaardigheidsontwikkeling terwyl fisiese kontak totaal vermy word. Ek glo julle stem saam dat ons nie nou al die leerders se bietjie sportervaring net eenvoudig moet bederf nie, want dit is belangrik dat ons leerders aktief en fiks bly terwyl hulle ook die vars lug buite kan geniet. Om nie eers te praat van die sosiale interaksie en vaardighede wat met wintersport gepaardgaan nie. Ongelukkig sal daar tot verdere kennisgewing geen wedstryde of sportklinieke kan geskied nie. Ons gaan egter nie die beplande sportklinieke en wedstryde net eenvoudig afstel nie, maar bloot uitstel. Ek wil graag ‘n skoolkultuur skep waar ons slegs onder uiterste omstandighede sport en/of funksies sal kanselleer. Om net eenvoudig te kanselleer kan so maklik ‘n slegte gewoonte raak. Soos julle, wonder ek ook of die...

Lees Verder

Redenaars

Ons redenaars het hulle nie laat onder kry deur die pandemie nie! Tydens verlede kwartaal se interne kompetisie het twee eksterne beoordelaars hul toesprake beoordeel. Skaafwerk is toe deur die brawe juf. Andri Baird en juf. Lucia de Jager gedoen en daar is hard geoefen. ‘n Allemintige twintig Jannies was braaf genoeg om hulle toesprake op te neem en dit is in gestuur vir die eerste ronde van die ATKV-kompetisie. Ons hou duim vas vir julle en bars reeds van trots! Die volgende leerders se video’s is in gestuur: Gr.2: Pieter Rademeyer en Olivia Blackmore Gr.3: Stella Pansegrouw en Jeanne van Heerden Gr.4: Ané Swanepoel, Cara Stoltz, Karu Rademeyer, Emma Snijders, Hila Hertzog, Michaan Naylor en Sophia Derksen Gr.5: Annabel Potgieter en Emma van Biljon Gr.6: Cara Swanepoel en Mia Cruywagen Gr.7: Carla Snijders, Héloïse Strauss, Mieke Hertzog, Luca Zulch en Nia Dookens Hopelik kry ons spoedig die uitslae! Ons het twee leerders, Pieter en Karu Rademeyer, wat aan Radikale Redenaars deelgeneem het. Karu het aan die volgende kategorieë deelgeneem: Afrikaanse Redenaars, Afrikaanse lees: Poësie, Afrikaanse lees: Prosa en Engelse lees: Poetry Pieter het deelgeneem aan Afrikaanse Redenaars, Afrikaanse lees: Poësie en Engelse lees: Poetry Hul het albei in al die kategorieë waarin hul deelgeneem het, tot by die Wes-Kaapse streeksfinaal gevorder, maar dit word nie vanjaar aangebied nie a.g.v. Covid-19-beperkings. Ons is vreeslik trots dat hulle ook deurgedring...

Lees Verder

Klerebank

Koop klere onder jou kind se naam om klasaflewering moontlik te maak: Kliek HIER om klere aanlyn te bestel. Maak asb. seker van die volgende wanneer jy klere bestel: Bestel onder jou kind se naam en vul sy/haar klasbesonderhede in. Tik slegs ‘n letter op elke adreslyn in. (Dit word by die skool afgelewer) Betaling: Gebruik die bestelnommer as verwysing. Indien hulp hiermee benodig word, kom gerus na die klerebank. Klerebanktye vir aanpas en direkte aankope: Maandae en Woensdae: 07:20 – 08:00 Dinsdae en Donderdae 13:30 – 14:20 Alle aanlynbestellings is op ‘back-order’. Aanlynbestellings word in die klerebank gepak en versprei. Indien ‘n item uit voorraad is, sal die uitstaande bestellings gepak word voordat rakke aangevul word. Dit is belangrik om vooruit te bestel. Sekere items vat twee maande om gemaak en afgelewer te...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Ek kan nie glo hoe vinnig die eerste week van die nuwe kwartaal verby gesnel het nie. Ek hoop en vertrou julle het ‘n wonderlike Moedersdag op Sondag, 9 Mei, saam met jul familie en / of gesin geniet. Mag ons nooit die belangrike rol wat moeders vertolk, vergeet nie. Ek glo moeders is die gom wat alle huishoudings bymekaar hou; moeders is die kompas wat die gesinne se kernwaardes op koers hou. Baie dankie dat julle aan die waardes bou, want dit skep geborgenheid en standvastigheid vir ons kinders. Op Donderdag, 6 Mei, het ons Trust ‘n baie suksesvolle kleiduifskietdag by die ‘’Gun Valley Clay Target Club’’ aangebied. Kleiduifskietery behels klein (oranje) teikens wat deur die lug geskiet word om voëljag te stimuleer. 65 Persone waarvan die meeste aspirante skutte was, het aan die gewilde dag deelgeneem. Ons hoofborg vir die dag was Safari Outdoor. Baie dankie aan Stephanie le Roux, Ria Hertzog en LJ le Roux wat hard agter die skerms gewerk het om die unieke geleentheid moontlik te maak. Dankie ook aan Pieter Janse van Vuuren wat met soveel entoesiasme betrokke was. Die dag is afgesluit met ‘n klein, intieme veiling waartydens R141 000 onder die bekwame leiding van ons uitstekende afslaer, MC du Toit (ouer by Huppelland), ten bate van welwillenheid ingesamel is. Ek wil graag soos tydens my toespraak ons ouers hartlik bedank vir...

Lees Verder

Feesboek Inligting

Ons wil graag in die 100 jaar Feesboek noem watter gesinne al ‘n lang pad met Laerskool Jan van Riebeeck stap. Indien julle al ‘n geruime tyd deel vorm van die Jannie-familie, kliek HIER om die vorm in te vul.

Lees Verder