Liewe Ouers/Voogde

Dit is duidelik dat die 3de golf van die pandemie ons midde betree het en daar is ‘n toename van infeksies onder ons ouers en gemeenskap. Die doel van die brief is nie om paranoia te veroorsaak nie, maar eerder vir jul te versoek om nie jul kinders wat enige verkoue/griep simptome onderlede het, skool toe te stuur nie. Ons besef dit is vir heelparty ouers logisties moeilik en dan word kinders in ieder geval afgelaai. Dit is tans verkoueseisoen, maar probeer asseblief verstaan ons kan nie tussen Covid en verkoue onderskei nie. Ons doelwit was nog altyd en bly om soveel moontlik leerders heeltyd tydens die uitdagende tye by die skool te akkommodeer.

Wees asseblief nie bekommerd oor jou siek kind se akademie nie, aangesien opvoeders deurgaans die klaswerk sal kommunikeer. Gereelde en eerlike kommunikasie bly vir ons ‘n prioriteit – so kan ons ook onder andere bepaal wanneer siek leerders kan terugkeer skool toe.

Baie dankie dat julle waaksaam gaan wees sodat ons saam die pandemie kan bestuur en in die proses die veiligheid van die skoolgemeenskap kan verseker.

Groete
Naas Beets